Last update: April 4, 2012 02:30:00 PM E-mail Print

 

VETMESTING VAN OU MERINOSKAPE

 

deur

G. A. JACOBS en

J. G. CLOETE

landboukollege Grootfontein

Middelburg K. P.

 

DIE doeltreffendste metode vir die vetmesting van ou Merinoskape wat in 1969 deur die Landbounavorsingsinstituut van die Karoostreek aanbeveel is, is gevolg met vier groepe van 19 ou maer Merinoskape. In plaas van net op ses weke te slag, is die vier groepe op vier, vyf, ses en sewe weke onderskeidelik geslag. Die verhogings in karkaswaardes is opgeweeg teenoor voerkoste vir die verskillende vetmestingsperiodes.

Tot 1968 is goeie resultate verkry  met agt weke vetmesting. Daarna het ses weke vetmesting moontlikhede van nog groter winste getoon. Verdere navorsing is nou begin om die presiese duur van die mees ekonomiese vetmestingsperiode vas te stel. 'n Voorlopige proef in hierdie verband het aan die begin van hierdie jaar ten einde geloop op die Landboukollege Grootfontein. Die resultate van hierdie proef word aanvaar as voorlopige gegewens wat deur herhalings nog bevestig moet word. Die resultate is egter baie interessant en kan solank dien as waardevolle wenke vir die boer.

 

VOORLOPIGE PROEF

By die uitvoering van hierdie voorlopige proef is toestande nageboots presies soos ‘n boer dit dikwels ondervind in droogtetye. Die boer sit uiteindelik opgeskeep met 'n klompie maer ou ooie of hamels waarvan hy ontslae wil raak. Hier word ‘n resep gegee, nie alleen vir hoe om van bulle ontslae te raak nie, maar ook hoe om tegelykertyd 'n paar rand uit hulle te maak.

Nadat 76 ou ooie op veldweiding so maer geword het dat hulle 'n gemiddelde gewig van 73.6 pd (33.4 kg) bereik het, is aIle skape kraal toe gebring om gevoer, te word. Vir die doel van hierdie eksperiment is die skape almal gedurende hul eerste nag in die kraal, weggehou van kos en water, om sodoende die volgende oggend op leë mae die diere se gemiddelde gewig te verkry. Vir die doel van gewigstoenameberekenings is die skape weer aan die einde van die eksperiment, net voor slag, op leë mae geweeg.

Dadelik nadat die skape van die veld af ingebring is vir vetmesting, is almal doseer teen inwendige parasiete. Dit word beskou as 'n baie belangrike stap. Diere wat enigsins met inwendige parasiete besmet is, sal eenvoudig net nie die gewenste gewigstoenames toon nie.

 

Groepering

Die trop maer skape is toe geloot in vier groepe van 19 elk. Die vier groepe is in vier eenderse kraaltjies met selfvoerders gevoer. Vir twee weke lank het die skape vrye toegang gehad tot skoon lusernmeel. Die doel van hierdie twee weke op skoon lusernmeel is om die skape gewoond te maak aan die ingekraalde toestande. Daarna is met vetmesting begin.

Vetmesting is begin deur die kragvoer, geel mieliemeel, by die rantsoen met verdrag in te skakel. Die uiteindelike vetmestingsrantsoen het bestaan uit 60 dele geelmieliemeel en 40 dele lusernmeel. Dit kan egter noodlottige gevolge hê as skape dadelik op hierdie rantsoen geplaas word. Die mieliemeel moet met verdrag ingeskakel word by die lusernmeel. Gedurende die eerste week van vetmesting word rantsoene in die selfvoerders vervang met 'n rantsoen van 15 persent geelmieliemeel en 85 persent lusernmeel op gewigsbasis. Net so word die mieliemeelkomponent van die rantsoen vir die tweede, derde en vierde weke van vetmesting elke keer met 'n verdere 15 persent verhoog totdat 60 persent bereik word en die lusernmeelkomponent ooreenkomstig verminder totdat 40 persent lusernmeel bereik word. Daar was altyd voer in die selfvoerders, sodat die skape so veel kon vreet as wat hulle wou.

'n Lek bestaande uit 60 dele beenmeel en 40 dele sout was ook gedurig beskikbaar 'n Lek met dikalsiuimfosfaat in plaas van beenmeel kan ook gebruik word, maar dan moet 50 dele sout en 40 dele dikalsiumfosfaat gebruik word.

Die behandelingsmetode en omgewingsfakrore was dieselfde vir al vier groepe, behalwe dat die vier groepe na verskillende vetmestingsperiodes geslag is. Tabel 1 toon die resultate wat met die vier groepe verkry is. Die aanvanklike slaggegewens waarna verwys word, is verkry uit vorige proewe wat op Grootfontein gedoen is, waar maer ou Merinoskape geslag en gradeer is.

 

 

Die voerkoste is bereken volgens die huidige pryse van lusern en mielies, naamlik R20.00 per ton vir lusern en R35.00 per ton vir geelmielies. Maalkoste is geneem as 2c per 100 pd (45.4 kg) voer, vir beide lusern en mielies. Die gemiddelde vleispryse aan aIle beheerde slagpale in Suid-Afrika, vir die jaar 1969, is gebruik om karkaswaardes te bereken. Die gemiddelde prys per pd was as volg:

 

Prima - 21.1c

Eerste graad - 20.4c

Tweede graad - 19.3c

Derde graad - 13.9c

 

GEVOLGTREKKINGS

Uit die gegewens in Tabel 1 kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word.

 

Published

Boerdery in Suid-Afrika 46 (9)