Last update: March 30, 2012 03:18:24 PM E-mail Print

 

VIRUSSIEKTES

 

deur E.M. VAN TONDER

Afdeling Veeartsenydiens

 

 

BLOUTONG

Bloutong is 'n aansteeklike siekte van skape wat deur insekte oorgedra word en waarvoor die Merino en ander ingevoerde skaaprasse hoogs vatbaar is.

 

Oorsaak en verspreiding

Bloutong word deur 'n virus veroorsaak, waarvan daar 16 verskillende stamme bekend is. Die moontlikheid bestaan dat daar nag meer onbekende stamme mag voorkom. Die virus word deur muggies (Culicoides spp) na gesonde, vatbare skape oorgedra.

Vanweë die tussenkoms van die muggies het bloutong 'n tipiese seisoenale voorkoms wat normaalweg wissel van midsomer tot herfs, d. w .s. vanaf die eerste goeie reëns tot en met die eerste ryp. Wanneer goeie somerreëns egter vroeër voorkom, of waar oop waterpoele of vleie in die vroegsomer of lente aangetref word as gevolg van die vorige seisoen se goeie reënval, kan die siekte wel vroeër uitbreek, mits warmweertoestande heers. Dit geld veral as die siekte ook die vorige seisoen voorgekom het.

Die muggies broei in groot getalle uit in laagliggende dele, langs vleie, rivier en damme, asook in besproeide weidings wanneer die klimaat warm en vogtig is. Die besmette muggies dra die siekte oor wanneer hulle gesonde skape byt en bloed suig.

 

Voor- en nadoodse tekens

Aangesien verskillende stamme van die virus voorkom wat onderling verskil in kwaadaardigheid sal die graad van die siekte en die tekens wat waargeneem kan word ook verskil na gelang van die stam wat betrokke is. Ander faktore wat 'n rol speel is die ras en ouderdom van die aangetaste diere, hulle algemene kondisie, of hulle al voorheen geënt was en hoe dikwels. Die siekte kan dus varieer van matig tot baie ernstig. Dit moot in gedagte gehou word dat as gevolg van die voorkoms van verskillende stamme, 'n skaap wat van bloutong herstel bet of reeds een of meer keer geënt was, weer bloutong kan kry indien hy met 'n ander stam besmet raak. Ofskoon die entstof die meeste van die bekende virusstamme bevat kan 'n skaap nie met een enkele inenting teen al die stamme sout nie. Met elke inenting word daar egter, afgesien van die spesifieke weerstand wat teen 'n bepaalde stam of stamme opgebou word, ook 'n lae basiese weerstand teen ander stamme gevorm wat telkens verhoog word, sodat skape wat herhaaldelik geënt is die siekte slegs in 'n ligte graad kry.

Die tekens wat eerste waargeneem kan word is koors, lusteloosheid, verlies aan eetlus en vinnige asemhaling. Die slymvliese van die neus, bek en oe word rooi en die lippe begin swel. Later word die bekslymvliese en tong egter blourooi van kleur en klein vlak seertjies kom voor op die bekslymvlies en tong, veral die dele wat oor die tande skuur. In die begin is daar 'n helder waterige uitloopsel uit die neus wat later geel- of gryswit word en korste en aanpaksel in die neusgate vorm wat asemhaling bemoeilik.

Ofskoon 'n stywe, pynlike gang reeds van die begin af waargeneem kan word kan die tipiese tekens van hoefkroonontsteking gewoonlik eers ongeveer 4 tot 5 dae later gesien word. Dit word gekenmerk deur 'n spikkelagtige rooi lyn of band op die hoefkroon, d. w .s. by die aansluiting van hoef en vel, wat stelselmatig laer af beweeg. Die lyn is gewoonlik by minder ernstige gevalle duideliker in die omgewing van die hiele, terwyl die pote in alle gevalle warm en pynlik is. Die rooi kleur word steeds donkerder en daar vorm 'n duidelike rif of breuk in die hoef sodat by ernstige gevalle die onderste deel van die hoef met uitgroeiing los raak en as 'n pantoffel beskryf kan word. In die ergste stadium is skape mank of styf en toon die neiging om op die knieë te loop of pal te lê. Sekondêre kiembesmetting kan komplikasies so os longontsteking veroorsaak wat dan dikwels die dood verhaas of selfs veroorsaak. 'n Breuk in die wol met afwerping van die vag volg gewoonlik sowat 3 tot 4 weke na aanvang van die siekte.

Nadoodse tekens is nie altyd baie tipies nie en behalwe vir die tekens soos onder simptome beskryf is die derms dikwels rooi, die milt geswolle en is daar bloeding op die binne- en buite-oppervlakte van die hartspier en gewoonlik ook aan die basis van die longslagaar .

 

Diagnose, behandeling en voorbehoeding

Indien enige twyfel bestaan moet die naaste veearts geraadpleeg word. Daar is geen spesifieke behandeling teen bloutong nie en dit is dus alleenlik gemik op verligting van die simptome. Behandeling bestaan dus uit behoorlike verpleging, nl. die voorsiening van koelte of ander beskerming, volop drinkwater en voedsel binne bereik en groenvoer indien moontlik. Antibiotiese behandeling vir die voorbehoeding van sekondêre besmetting moet ook toegepas word.

Die belangrikste metode van beheer is deur gereelde voorbehoedende inenting. Die beskikbare entstof bied beskerming teen die meeste stamme van die virus en moet jaarliks toegedien word, met behoorlike hantering en behandeling van die entstof volgens die bygaande aanwysings.

Die belangrikste tydperk om te ent is vanaf Augustus tot Desember. In geval van lenteparing, met lamtyd in die herfs, werk dit uitstekend, omdat inenting dan in die voorparingsperiode geskied. Ramme kan dieselfde tyd, maar tiers nadat bulle by die ooie was geënt word, d. w .s. waar ooie begin Oktober gepaar word, word bulle self gedurende Augustus of begin September geënt, terwyl die ramme dan einde November wanneer hulle uitgehaal word, geënt word. Hierdie maatreël word aanbeveel omdat daar dikwels beweer word dat die entstof die vrugbaarheid van die ramme benadeel.

Met herfsparing, d.w.s. lamtyd in die lente, is daar ook nie probleme met die ooie nie, omdat hulle geënt kan word nadat hulle in Augustus-September gelam het en wanneer die lammers oud genoeg is om hantering van die ooie toe te laat. Waar ooie vir die eerste keel geënt word kan hulle lammers ook tussen 2 tot 4 maande geënt word. Waar ooie egter reeds vantevore geënt was en die lammers dus weerstand deur die biesmelk bekom het, kan hulle nie voor 6-maande-ouderdom geënt word nie. Die probleem is dus dat hulle in Februarie-Maart wanneer die siekte reeds voorkom ten volle vatbaar is en dan eers geënt moet word. In die geval word inenting in elk geval in die tyd aanbeveel. Wanneer die siekte reeds voorkom moet streng voorsorgmaatreëls getref word, nl. inenting met een naald per skaap, verskuiwing na hoërliggende dele en selfs ligte bespuiting met insekwerende middels een of meer keel per week gedurende die eerste 3 tot 4 weke na inenting.

Laasgenoemde algemene maatreëls moet ook getref word waar bloutong nietemin, d.w.s. met of sonder inenting, voorkom.

 

SLENKDALKOORS

Slenkdalkoors is 'n aansteeklike siekte van skape, bokke en beeste, terwyl die mens ook vatbaar is:.

 

Oorsaak en verspreiding

Slenkdalkoors word deur 'n virus veroorsaak en word deur muskiete na vatbare skape oorgedra. In geval van mense word dit deur hantering van sulke karkasse, veral tydens nadoodse ondersoeke, oorgedra.

Aangesien die muskiet as tussendraer optree, hang die voorkoms van die siekte dus nou saam met die lewensloop van die muskiet. Hierdie insekte broei gewoonlik uit in staande waters, veral laagliggende dele soos vleie, riviere, damme of panne, gedurende warm weer. Goeie somer- en herfsreënval afgewissel met warm sonskyn is dus baie bevorderlik en veroorsaak dat muskiete in groot getalle uitbroei en dus die siekte kan oordra en versprei. Slenkdalkoors kom dus ook normaalweg gedurende die laat somer en herfs voor totdat die eerste ryp geval het. In goeie weersomstandighede, d. w.s. vroeë lente of somerreëns of selfs goeie vorige herfsreëns met genoegsame oop waterpoele, kan die siekte ook baie vroeër voorkom.

 

Voor- en nadoodse tekens

Skape en veral jong lammers is die meeste vatbaar. Tot 95 persent van aIle jong lammers kan binne 'n kort tyd vrek. Die eerste teken wat normaalweg waargeneem word, is dat daar daagliks 'n paar jong lammers dood gevind word en dat die sterftes daagliks toeneem. Sommige lammers vrek binne 12 tot 24 uur nadat hulle siek geword het, sonder dat enige siektetekens waargeneem word. Ander bly weer enkele dae lank siek voordat hulle vrek en toon tekens soos hoe koors, bewerasie, swakheid en soms ook 'n bloederige stoelgang.

Volwasse skape toon hoe koors en 'n gebrek aan eetlus, asook 'n verskeidenheid van simptome soos neusloop, maagwerk wat bloederig mag wees, bewerasie, spierswakheid, waggelende gang en geelsug. Ongeveer 30 persent van aangetaste skape vrek binne 2 dae tot 'n week nadat hulle siek geword het, terwyl die res herstel. Dragtige ooie wat die siekte opdoen aborteer feitlik voor die voet of gee geboorte aan jong, swak, lustelose lammers wat binne 'n dag of twee vrek.

Nadoodse tekens sluit in bloedarmoede en geelsug, groot geswolle bras lewers wat donker rooibruin of selfs geel kan wees en deurspek is met klein gryswit kolletjies asook bloeding, geswolle milt, aansameling van rooibruin vag in die buik, bars en hartholte, bloeding aan die hartoppervlakte, longe en buite-oppervlakte van die voormae en derms. Die slymvlies van die dermkanaal kan baie rooi wees en dikwels 'n bloederige inhoud bevat.

 

Diagnose, behandeling en voorbehoeding

Aangesien die voorkoms van Slenkdalkoors dikwels met Wesselsbronsiekte verwar kan word, is dit raadsaam om die naaste veearts in te roep, sodat bepaalde monsters vir die bevestiging van Slenkdalkoors geneem kan word. Behandeling is van geen waarde nie.

Beheer van die siekte word hoofsaaklik op voorbehoedende inenting gebaseer. 'n Goeie entstof is beskikbaar vir gebruik by skape. Die entstof word slegs een keer aan 'n bepaalde dier toegedien en verskaf dan gewoonlik 'n lewenslange immuniteit. Nadat aIle diere vir die eerste keer geënt is, is dit dus slegs nodig om jaarliks die aanwas te ent. Skape kan op enige ouderdom geënt word, behalwe lammers van reeds geënte ooie, wat nie voor 5 tot 6-maande-ouderdom geënt moet word nie. SuIke lammers kry weerstand vanaf hul moeders deur die biesmelk, wat op tot res maande hou, en wanneer hulle dan in die tydperk geënt word, neutraliseer die weerstand die werking van die entstof en is suIke lammers dan voIkome vatbaar. Normaalweg word aanbeveel dat dragtige ooie, veral gedurende die eerste 12 weke, nie geënt word nie, aangesien tot 10 persent aborsies verwag kan word.

Die beste tyd vir inenting is enige tyd vanaf Augustus en die inenting van lammers van ooie wat gedurende die herfs lam en reeds voorheen geënt was, of lentelammers waarvan ooie nag nie geënt was nie, lewer ook geen probleme nie. Lentelammers van ooie wat reeds geënt was, lewer dieselfde probleme as in geval van bloutong en dieselfde aanbevelings geld dus ook hier.

 

WESSELSBRONSIEKTE

Wesselsbron is 'n virussiekte van skape, beeste en bokke en stem in baie opsigte ooreen met Slenkdalkoors. Skape is die vatbaarste, terwyl mense ook die siekte kan opdoen deur hantering van besmette karkasse.

 

Oorsaak en verspreiding

Wesselsbron is 'n virussiekte wat ook deur muskiete oorgedra word. Sover dit die voorkoms en verspreiding betref, is dit onderhewig aan dieselfde omstandighede as SlenkdaIkoors en dit kom dus dieselfde tyd en dikwels ook saam met Slenkdalkoors voor.

 

Voor- en nadoodse tekens

Wesselsbron kan vir aIle praktiese doeleindes beskou word as 'n aborsiesiekte, aangesien volwasse, dragtige en nie-dragtige diere gewoonlik nie opsigtelike tekens van die siekte toon nie behalwe moontlik 'n ligte koorsreaksie. In sekere dele van die Karoo is uitbrekings egter ondervind by volwasse skape waar o.a. simptome soos geelsug, swelling van die kop, ore en bek en spierswakheid waargeneem is en baie diere ook gevrek het.

Die vernaamste teken wat gewoonlik opgemerk word is dat 'n groot persentasie dragtige ooie aborteer of voltydse dooie lammers afgooi sonder dat hulle oënskynlik self aangetas is, en dat nageboortes dikwels bly vassit. Lammers kan ook lewendig gebore word, maar is swak en vrek gewoonlik binne 24 uur. Skynbaar normale pasgebore lammers kan ook kort na geboorte die siekte opdoen en binne enkele dae kan tot 30 persent van suIke lammers vrek.

Net soos in geval van SlenkdaIkoors tas die virus ook hoofsaaklik die lewer aan. Die orgaan is geswolle en liggeel tot geelbruin van kIeur en baie bros, terwyl geringe en soms hewige bloeding aan die oppervlakte waargeneem kan word. Die karkas van die jong lam is gewoonlik bleek met aansameling van bloederige vloeistof in die buik. en borsholte. Die dermkanaal is dikwels rooi en die inhoud soms bloederig. Bloeding kom ook aan verskeie slymvliese en die hart voor.

By volwasse skape word bene wens genoemde tekens ook geelsug en 'n geel, bros, geswolle lewer opgemerk.

 

Diagnose, behandeling en voorkoming

Omdat die siekte moeilik van Slenkdalkoors en selfs ander siektes onderskei kan word, is dit raadsaam om by die waarneming van sulke tekens die naaste veearts te raadpleeg.

Daar is geen behandeling nie, en beheer berus hoofsaaklik op voorbehoedende inenting. Daar is 'n entstof beskikbaar en dit word aanbeveel dat dit jaarliks saam met die entstof teen Slenkdalkoors toegedien word. As gevolg van bepaalde uitbrekings onder volwasse skare van beide geslagte, soos in die Karoo ondervind was, word aanbeveel dat alle skare teen die siekte geënt word, en dat by jaarlikse opvolg-inentings slegs die aanwas geënt word, aangesien die entstof lewenslange immuniteit kan verskaf, soos ook by Slenkdalkoors die geval is.

Aanbevelinge ten opsigte van inenting, ook wat dragtige ooie betref, is dieselfde as vir Slenkdalkoors.

 

VUILBEK

Dit is 'n aansteeklike siekte van sowel skare as bakke, wat wyd verspreid voorkom.

 

Oorsaak en verspreiding

Die siekte word deur 'n virus veroorsaak wat veral die lippe en dele om die bek aantas. Doringagtige weidings bevorder die verspreiding van die siekte. Die virus is baie bestand en kan maande lank in die rowe van sulke letsels aan die lewe bly.

 

Siektetekens

Hierdie siekte is by uitstek 'n lammersiekte. Op plase of in dele waar dit gereeld voorkom word naamlik slegs die jong lammers jaarliks aangetas. Op plase waar dit nog nie voorheen voorgekom het nie of waar die voorkoms vir enkele jare onderbreek was, is alle skare vatbaar en word aIle ouderdomme aangetas. As die jong lam of volwasse skaar een keer die siekte gehad het en herstel het, is hy gewoonlik gesout vir die res van sy lewe.

Die siekte word gekenmerk deur die verskyning van enkele puisie- of pokagtige letsels op die lippe, rondom die bek en aan die neus. Hierdie letsels vermeerder en versprei, vloei later saam en vorm groot rooibruin rowe, sodat die aangetaste dele dik, korserig, vratagtig en gebars voorkom. Die letsels versprei later tot by die ore en kom rondom die oë en hoefkrone voor. Letsels kan ook op die manlike en vroulike geslagsorgane, met inbegrip van die uier en spene van die ooi en sak van die ram, voorkom. Wanneer die toestand ongekompliseerd is vind herstel gewoonlik binne 8 tot 14 dae plaas, die rowe word droog en val af met algehele genesing. Wanneer sekondêre besmetting intree, word die letsels smetterig en kan die toe stand veral rondom die bek uiters ernstig word en lank duur. Sulke diere, veral jong lammers, vrek dan as gevolg van verhongering en selfs ook longontsteking. Afgesien van die letsels soos beskryf is daar geen ander tipiese nadoodse letsels nie.

 

Diagnose, behandeling en voorkoming

Die diagnose is nie moeilik nie en word op die voordoodse tekens gegrond. Daar is geen spesifieke behandeling nie, maar ondersteunende behandeling om die simptome te verlig en sekondêre besmetting te verhoed, is veral by ernstige gevalle van uiterste belang. Behandeling bestaan uit die afsondering van erg aangetaste diere en die verskaffing van genoegsame, maklik inneembare kos en water. Die aangetaste dele, en veral die bek, moet met olieagtige middels behandel word om dit sag te hou sodat die dier makliker kan vreet of suip. Dit is belangrik dat sulke oliepreparate antibiotika of sulfamiddels bevat ten einde sekondêre besmetting te keer.

Voorbehoeding, veral waar ernstige uitbrekings voorkom, kan suksesvol beheer word deur inenting. In sulke gevalle kan lammers met letsels na die naaste veearts geneem word, wat dan van die rowe en skubbe baie vinnig 'n doeltreffende entstof kan berei. Die entstof word aan die binnekant van die dy toegedien deur 'n dik naald in die entstof te druk en dan met die punt heelwat skrapies op die vel aan te bring.

 

JAAGSIEKTE

Dit is 'n chroniese siekte van skape wat hoogs waarskynlik deur 'n virus veroorsaak word, aangesien dit wel eksperimenteel van siek na gesonde skape oorgedra is.

 

Oorsaak en verspreiding

Die oorsaak is hoogs waarskynlik 'n virus wat deur noue kontak tussen skape versprei. Dit maak gewoonlik sy verskyning nadat vreemde skape ingebring is of wanneer gesonde diere met besmette skape in aanraking was.

 

Voor- en nadoodse tekens

Die siekte kom gewoonlik by jong volwasse en ouer skape voor. Ofskoon jong lammers vatbaarder is as ouer skape, word die voorkoms by ouer skape toegeskryf aan die lang broeiperiode van die siekte waar simptome eers na 'n periode van 8 tot 20 maande na besmetting ontwikkel. Die eerste teken is versnelde asemhaling, veral nadat skape aangejaag is. Sulke diere sak uit as die trop aangejaag word, en die asemhaling is kort, rukkerig en geforseerd, met neusuitskeiding en hoesbuie. In die gevorderde stadium word die kop laag gehou, en word uiterste asemnood en hoesbuie ondervind, terwyl die slymvliese blourooi vertoon. Die diere is dan geweldig uitgeteer en verswak.

By nadoodse ondersoek is veral die longe opvallend. Wanneer die borskas geopen word stort die longe nie ineen nie maar vul die hele borsholte en aanhegtings aan die borskas en vloeistof in die borsholte word dikwels waargeneem. Die longe is baie swaarder as normaalweg, en die voorste, middelste en selfs ook die ander lobbe vertoon kolagtig en onreëlmatig. Die areas is solied met 'n marmer- of spekagtige gryswit kIeur. Kleiner gryserige knoppies kom ook aan die oënskynlik normale dele voor.

Diagnose, behandeling en voorkoming Verdagte gevalle behoort deur die naaste veearts ondersoek te word, sodat behoorlike monsters geneem kan word vir laboratoriumondersoek en bevestiging.

Daar is geen behandeling nie en ook geen entstof beskikbaar Die. Voorbehoeding bestaan dus slegs uit algemene maatreëls, soos isolasie en uitslagting van vroeë gevalle, afsondering van kontakdiere van die res, skeiding van jong en ouer skape en die voorkoming van onnodige samehokking van diere. lntroduksies van elders moet ook baie versigtig gedoen word en plase waar besmetting voorkom, behoort vermy te word.

 

SCRAPIE

Scrapie is 'n dodelike siekte van skape wat deur 'n virus veroorsaak word, en wat gedurende 1966 vir die eerste keer in Suid-Afrika waargeneem is. Dit is 'n geproklameerde siekte en enige verdagte gevalle moet onverwyld by die naaste staatsveearts aangemeld word.

 

Oorsaak en verspreiding

Alhoewel die oorsaak van scrapie nog nie definitief bekend is nie, is daar tog duidelike bevindinge dat dit deur 'n buitengewone tipe virus veroorsaak word. Die siekte het 'n lang broeiperiode en dit kan van een tot vier jaar neem voordat simptome ontwikkel.

 

Voor- en nadoodse tekens

Dit lyk asof sekere skaaprasse vatbaarder is as ander. Daar is egter sover bekend nog nie gevalle onder Merinoskape waargeneem nie en dit is dus moeilik om die vatbaarheid van die ras te bepaal.

Die eerste tekens is gewoonlik 'n kwaai gejeuk wat veroorsaak dat die dier aanhoudend die sye en rug byt of skuur. Sulke diere is ook geneig om wanneer hulle Iê kort-kort en later selfs aanhoudend die laer dele van die ledemate bokant die kloutjies te byt. Hulle spring ook kort-kort op en skuur weer die sye teen heinings of mure. Wanneer die rug gekrap of geknyp word, toon die dier knibbelbewegings, trek die bolippe op, wys die tande en byt aan die vag op die sy. Namate die siekte vorder word senusimptome soos bewing, swaaiende gang, onvastheid op die pote en progressiewe verlamming wat lank kan duur, waargeneem voordat die dood intree.

Daar is geen tipiese nadoodse tekens nie behalwe die wat reeds genoem is en aanleiding gee tot uitgepluiste en kaalgeskuurde sye en dikwels ook die rug van die dier. Op die sye kan die vel skilferagtig verdik en selfs rou geskuur wees.

 

Diagnose, behandeling en voorbehoeding

Diagnose word op simptome gegrond en deur mikroskopiese ondersoek van die brein bevestig. Monsters moet deur 'n veearts versamel word, en soos reeds gesê moet verdagte gevalle aan die staatsveearts gerapporteer word.

Daar is geen behandeling of entstofbeskikbaar nie.

Beheer van die siekte op besmette plase geskied onder toesig van die staatsveearts en berus op selektiewe uitslagting van bepaalde voor- en - nageslagte van bevestigde gevalle, streng permitbeheer van bewegings vanaf 'n besmette plaas, en gereelde inspeksies.

 

Published

Bladskrifreeks : Wolproduksie E 9/1982.