Last update: December 2, 2010 11:30:34 AM E-mail Print

 

Beraming van ooigetalle

 

W. van D. Botha

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, Privaatsak X529,

MIDDELBURG (OK) 5900

 


Met die doel om vereistes op te stel vir deelname aan die finansiële hulpskemas van die regering, is die wei-velde van die RSA in weidingskapasiteitsones verdeel. Aangesien die grootvee-eenheid (GVE) (Meissner et al.1983) die enigste gedefinieerde vee-eenheid is, word hierdie weidingskapasiteite in ha/GVE uitgedruk.

'n Aansienlike aantal boere ondervind probleme om hul veegetalle na GVE om te reken. Die faktor vir ‘n Merinolam jonger as vier maande is byvoorbeeld 0,05 GVE. Dieselfde lam se faktor vanaf vyf maande is 0,10 GVE. Die waarde vir ‘n Merino-ooi is 0,14 GVE. Ooreenstemmende faktore van Dorpers vir dieselfde veeklasse is respektiewelik 0,08; 0,11 en 0,15 GVE. Die probleme vererger wanneer veegetalle gekontroleer moot word. Diere moot individueel ondersoek word om te bepaal of hulle gewissel het of nie. Tweedens moet die geboortedatum ook bekend wees. Daarna kan die getal diere en die ooreenstemmende faktor gebruik word om die aantal GVE te bereken.

'n Tweede probleem is dat die term 'grootvee-eenheid' vir die kleinveeboer ‘n vreemde begrip is. Vir die kleinveeboer is 'n getal, in die vorm van kleinvee-eenhede uitgedruk, meer realisties en aanvaarbaar. Daar is dus ' n behoefte aan ' n eenvoudige metode om veegetalle op ‘n praktiese maar betroubare wyse te beraam wat ook aanvaarbaar sal wees vir beplanning en kontrolering. Die metode moot ook wetenskaplik gefundeerd wees.

Omdat boere meestal hul boerdery of veegetalle in terme van ooie uitdruk, is ' n beswaringfaktor van die ooi (ooifaktor) die voor die handliggende beginpunt by die beraming van ooigetalle.

 

Beginsels by die beram ing van ooigetalle

Die volgende beginsels en/of aannames geld by die beraming van ooigetalle:

Metode van berekening

Gestel daar word slegs met Merino-ooie geboer. Die boer pas een lamseisoen per jaar toe en gebruik 3 % ramme. Seleksie van jong ooie vind op 12 maande-ouderdom plaas. Die vervangings persentasie is 20 %. Paar-ouderdom is tweetand (18 maande- ouderdom). Alle aanteel, uitgesonderd vervanging, word op 12 maande-ouderdom verkoop. Die lam persentasie is 100 %. Hierdie stelsel kom ooreen met produksiestelsel1 van Vorster et 01. (1986). Die mortaliteite is 3 % by volwasse diere, 6 % by jong diere (speen- tot wissel-ouderdom) en 10 % by ongespeende diere.

1. Die aantal diere in die kudde = ramme (a) + ooie (b) + vervangingsooie (c) + speenlammers (d) + suiplammers(e)                                             ... vgl. 1

2. Aangesien GVE die eenheid van berekening is, volg dit dat:    GVE = (a x mf) +  (b x mf) + (c x mf) + (d x mf)  + (e x mf)                                     ... vgl. 2   

    waar mf die Meissner GVE-ekwivalent is. (Meissner et  al. 1983).

3. Alle veeklasse is egter nie vir dieselfde aantal maande (t) op die plaas teenwoordig nie. Dus:

    GVE x t = (a x mf x t) + (b x mf x t) + (c x mf x t) + (d x mf x t) + (e x mf x t)                                                                                                               ... vgl.3

 

Gestel die gemiddelde GVE in die kudde vir 'n tydperk van 12 maande = 1 GVE en die ooi vorm die basis van berekening, dan volg uit vergelyking 3:

12 GVE = (b x 0,03 x 0,19 x 12)  + (b x 0,14 x 12) + (b x 0,2 x 0,10 x 4)1) + (b x 0,2 x 0,14 X 3)2) + (b x 0,05 x 4)3) +  (b x 0,1 x 8)4)                          ... vgl. 4

 

4. Onder praktiese boerderytoestande behoort daar vir vrektes gedurende die tydperk van 12 maande voorsiening gemaak te word, byvoorbeeld vir ooie:

    Maand 1 = b ooie

    Maand 2 = b X 0,99755)

    Maand 3 = (b x 0,9975) x 0,9975 = b x (0,9975)2)

    Maand 12 = b x (0,9975)11)

 

Om die totale aantal ooie wat oor 12 maande aangehou is te bereken, word die getalle soos volg gesommeer:

   S = L(1 ‑ rn)/(1 ‑ r) (De Jager et al. 1985)

waar

   S = Som van al die terme [bv. ooie = b ooi) + b x 0,9975... b x (0,9975)11)

   r = gemeenskaplike taktor (0,9975) ,

   n = aantal terme (12)

   L = waarde eerste term (b)

 

Getal van ooie (S) = L(1- rn)j(l- r)

                           = [b (1 - (0,9975)12)/(l - 0,9975)]

                           = (b x 0,02959 / 0,0025)

                           = 11,838384

GVE van ooie = 11,838384 x mf

                    = 1,657

 

Die totale GVE van al die veeklasse (ramme, ooie, ens.) kan op soortgelyke wyse bereken word, en in vergelyking 4 ingestel word, naamlik:

 

11,836363 = (b x 0,06746) + (b x 1,65709) + (b x 0,16960) + (b x 0,90304)

                = (b x 2,79721)

b = 4,232

 

Vir elke GVE kan daar dus 4,23 ooie aangehou word.

 

Faktore wat die beraming beïnvloed

Volgens Vorster et al. (1986) beïnvloed verskeie faktore die kuddesamestelling. Die belangrikste faktore is:

1) Ongewisselde vervangingsooie tot wissel = 4 maande

2) Gewisselde vervangingsooie tot paar = 3 maande

3) Ongespeende lammers tot 4 maande = 4 maande

4) Lammers ouer as 4 maande = 8 maande

5) Mortaliteit van 3 % per jaar = 0,0025/maand

 

* ras

* produksiestelsel

* lampersentasie

* vervangingspersentasie en

* bemarkingsouderdom by vleisskape

 

Ras

Die GVE-ekwivalente van die verskillende veeklasse vir die onderskeie kleinveegroeperings word in Tabel1 aangetoon.

As gevolg van die verskil in GVE-ekwivalente vir die verskillende groepe kleinvee, naamlik, wolskape, vleisskape, dubbeldoelskape, Angorabokke en Boerbokke, sowel as ' n eie boerderypatroon vir elk van hierdie groepe, moet ras ' n rol in die beraming van' n ooifaktor by vergelykbare produksiestelsels speel.

 

Produksiestelsel

‘ n Produksiestelsel is die breë boerderypatroon, dit wil sê die aantal diere per veeklas, wat gevolg word. Daarom bepaal die produksiestelsel die verhouding van die verskillende veeklasse tot mekaar en ook die fatale veegetal. Die vier produksiestelsels vir Merino's word in Tabel2 aangetoon.

Volgens Tabel2 verskil die produksiestelsels onderling en daarom is dit vanselfsprekend dat elke stelsel ' n eie ooifaktor behoort te hê. Hierdie ooifaktore word in Tabel 3 vir die vier produksiestelsels vir Merino's (Vorster etal.1986) by ooreenstemmende lampersentasies aangetoon.

Tabel 3 toon dat die ooifaktore by produksiestelsels 1 en 2 by dieselfde lampersentasies baie min verskil. Die gemiddelde afwyking tussen die twee stelsels vir 'n lam persentasie van tussen 70 en 110 % is 0,49 %.

Die gemiddelde verskil vir die ooifaktore van produksiestelsels 1 en 3 vir lampersentasies van tussen 70 en 110 %, is 5,6 %. Hierteenoor is die gemiddelde verskil vir die ooifaktore van produksiestelsels 1 en 4 vir lampersentasies van tussen 70 en 110 %, ± 17%.

 

Lampersentasie

Lampersentasie beïnvloed die verhouding van ooi tot lammers. By 70 %‑lam persentasie is daar byvoorbeeld vir elke ooi 0, 7 lammers teenoor 1,1 lam/ooi by 110 %-lam persentasie. Hierdie verhouding kan dus ' n invloed op die beraming van ‘n ooifaktor hê. In Tabel 4 word die ooifaktore vir produksiestelsel1 by verskillende lampersentasies aangetoon.

Uit Tabel 4 blyk dit dat die ooifaktore met 'n lampersentasie tussen 70 en 110 % van 4,6853 tot 4,0991 wissel. Dit beteken dat vir elke 100 GVE wat aangehou mag word, die getal ooie van 468 tot 410, namate die lampersentasie toeneem, afneem. Hierdie afname is 12,4 %. Indien die mediaanlampersentasie (90 %) geneem word, is die afwyking bo of onder die ooifaktor van 4,3727 minder as 7,1 %. Om vir hierdie afwyking voorsiening te maak en akkurate beraming van ooigetalle te doen, kan ‘n lineêre regressie (1/0,160114 + 0,000763X) vir enige lam persentasie van hierdie produksiestelsel bereken word.

 

Vervangings persentasie

Die vervangings persentasie beïnvloed die samestelling van die kudde omdat die aantal jong diere wat vir vervanging beskikbaar gehou moet word, die verhouding van teelooie tot ander diere in die kudde beïnvloed. Die invloed van vervangings persentasie met produksie stelsel1 as voorbeeld word in Tabel 5 vergelyk.

Uit Tabel5 blyk dit dat die vervangings persentasie tussen 20 en25 % by dieselfde lampersentasie'n klein afwyking (gemiddeld 1,5 %) tot gevolg het.

Net so is die verskil by die mediaanlampersentasie (90 %) en vervanging van 20 % met 'n afwyking van tussen 70 en 110 % minder as 10 %. Hierteenoor is die verskil by ‘n vervangingstempo van 25 % slegs 7,5 %.

 

Bemarkingsouderdom

By vleisskape speel die bemarkingsouderdom 'n rol in die gemiddelde veebelading.

Uit Tabel 6 kan die rol van bemarkingsouderdom gesien word. Hierdie rol in die vorm van' n lineêre regressie is ooifaktor = 5,1678 ‑ 0,135X waar X die bemarkingsouderdom in maande aandui. Vir praktiese doeleindes kan hierdie verskil as -0,14 per maand bo 4 maande geneem word.

Met Tabelle 1 tot 6 as agtergrond kan ' n ooifaktor vir verskillende kleinveerasse en produksiestelsels te bereken. Hierdie ooifaktor moot egter vir elke kleinveegroeperings met verskillende GVE-ekwivalente bereken word.

Vir ‘ n akkurate ooifaktor kan hierdie faktor deur middel van 'n lineêre regressievergelyking vir elke produksiestelsel en kleinveegroepering bereken word. Die invloed van lam- en vervangings persentasie binne dieselfde produksiestelsel kan buite rekening gelaat word.

Bemarkingsouderdom by vleisskape behoort met behulp van' n faktor ( -0,14) vir elke maand bo 4 maande in ag geneem te word. Slegs een faktor, naamlik 4,37, vir die Merino produksiestelsels 1 tot 3 gee 'n aanvaarbare beraming.

 

Ooifaktore

Met die voorafgaande is dit dus moontlik om ooifaktore vir die verskillende kleinveerasse en produksiestelsels te bereken. As voorbeeld word ooifaktore vir die. Merino produksiestelsels, soos deur Vorster et al. (1986) beskryf, in Tabel 7 aangetoon.

Op dieselfde wyse kan die ooreenstemmende faktore vir die ander produksiestelsels bereken word.

 

Toepassing

Om die praktiese toepassing te illustreer kan die volgende voorbeeld geneem word:

‘n Persoon boer op 6 325 ha in ' n weikapasiteitsone van 16 ha/GVE. Hy volg produksiestelsel 3 vir Merino's. Produksiestelsel 3 behels die volgende:

Die lam interval is 12 maande, met net een lamseisoen/ooi/jaar en' n lampersentasie van 90 %. Jong ooie word op 18 tot 21 maande-ouderdom gepaar, terwyl vervanging teen 20 % bereken word. Seleksie-ouderdom is tweetand. Hier word 80 % van al die lammers tot op tweetandouderdom gehou. ALLE uitskot en hamels word na skeer bemark. Uitskotdiere van die voorlopige seleksie (20 %) word op 12 maande-ouderdom bemark. Met hoeveel Merino-ooie kan hy op die plaas boer?

 

Toelaatbare GVE = 6325/16

                         = 395,3 GVE

Getal ooie = 395,3 x 4,126)

                = 1629

 

Die benaderde getal ooie kan ook met behulp van 'n riglynfaktor van 4,37 7) bereken word. 

Benaderde getal ooie = 395,3 x 4,37

                               = 1 727

 

Hierdie metode dui op ‘n oorskatting van 98 (6 %) ooie.

 

Gerieflikheidshalwe word die ooigetalle vir ander rasse en produksiestelsels op dieselfde wyse bereken. In Tabel 8 word die faktore vir kleinvee aangetoon terwyl dit vir vleisbeeste in Tabel 9 aangetoon

 

Verwysings

ANON. 1985. Departement Landbou-ekonomie en -bemarking. Staatskoerant 10029.

DE JAGER, C., FELTON, S. & BLAKE, R 1985. Wet. Wiskunde Hoër Graad, Kaapstad: Maskew Miller Longman (Edms) Bpk.

MEISSNER, H.H., HOFMEYR, H.S. VAN RENSBURG, W.J.J. & PIENAAR, J.R 1983. Klassifikasie van vee vir sinvolle beraming van vervangingswaardes in terme van 'n biologies-gedefinieerde Grootvee-eenheid. Departement Landbou. (Tegniese Mededeling; no. 175). Pretoria: Staatsdrukker.

VORSTER, M., BOTHA, W. VAN D. BECKER, H.R. & SCHOEMAN, R 1986. Die berekening van die minimum aantal kampe vir plaasbeplanningdoeleindes in die Karoostreek. Ongepubliseerde verslag, GLOI.

6) Ooifaktor by die mediaan (90 % lampersentasie) in Tabel3

7) Benaderde ooifaktor in Tabel4