Last update: November 30, 2010 03:12:14 PM E-mail Print

 

Voorspelling van weidingskapasiteit in die ariede en semi-ariede somerreëngebiede

 

W. v. D. Botha

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut,

Privaatsak X529, Middelburg 5900



Die raming, skatting of voorspelling van die weidingskapasiteit van 'n stuk veld, 'n kamp of 'n plaas is vir die ekstensiewe veeboer vir die beplanning van sy boerdery en weiveldbeheerpatroon absoluut noodsaaklik. 'n Realistiese weidingskapasiteit is die basis van volhoubare optimale boerdery en die beskerming van die weidingsekosisteem. Die voorspelling van weidingskapasiteit is veral belangrik wanneer in ag geneem word dat elke topografiese eenheid of stuk veld op , 'n plaas ' n spesifieke weidingskapasiteit en benuttingsvereistes het.

Dit is daarom gewens en noodsaaklik dat weidingskapasiteit so realisties moontlik voorspel word. 'n Eenvoudige objektiewe metode gebaseer op navorsingsresultate is dus van groot waarde (Botha 1998). Daar moet onthou word dat enige raming van weidingskapasiteit slegs 'n voorspelling is. Hierdie voorspelling moet egter so na moontlik aan die werklike weidingskapasiteit wees.

 

Prosedure

Weidingskapasiteit kan deur middel van langtermyn veebeladingsproewe bereken word. Die grootste nadeel is dat enige sogenaamde proef lokaal gedoen word en die resultate dus slegs oor 'n klein gebied geëkstrapoleer kan word. Om veebeladings (weidingskapasiteit) wat oor 'n wye gebied geëkstrapoleer kan word te genereer, is besluit om kundige en ervare boere wat oor 'n wye reënvalgebied versprei is, in 'n studie in te sluit. Groepe van vier tot ses boere is uit die belangrikste agro-ekologiese gebiede van die somerreëngebiede met die hulp van landbouvoorligters gekies op grand van verskeie eienskappe, 5005 onder andere redelike veldtoestand. Altesaam 63 boere het aan die projek deelgeneem. Hulle veebeladings is vir 12 jaar op 'n jaarlikse basis per kamp gemonitor. Die veldtoestandindeks (Vti) is jaarliks met behulp van die weidingsindekswaardes I (Du Toit et al1995) na aanleiding van vaste, perseelplantopnames bereken. Jaarlikse reënval is ook aangeteken. Die Vti is gebruik om die neiging in veldtoestand te monitor en weidingskapasiteit bepaal. Indien die Vti verbeter of konstant bly, kan aanvaar word dat die weidingskapasiteit nie oorskry word nie.

 

Resultate

Daar word algemeen aanvaar dat weidingskapasiteit deur hulpbron gekoppelde faktore soos gronddiepte, kleipersentasie, grondvorm en -serie beïnvloed word, omdat hierdie faktore in groot mate lokale plantegroei bepaal. Alle data ten opsigte van hulpbron faktore, veebelading en reënval is ontleed. Fig. 1 toon die verwantskap tussen reënval en weidingskapasiteit en bevestig dat reënval die belangrikste bydraer (r = 0.89) tot weidingskapasiteit is.

 

FIG. 1. Die verwantskap tussen reënval en weidingskapasiteit

Hierdie verwantskap word beskryf deur die funksie

y = abx

waar

y = weidingskapasiteit (ha/GVE)

a = 4.46666

b = -0.0052

x = langtermyn reënval (mm).

Op dieselfde basis is die verwantskap tussen veldtoestandindeks, die voorkoms van gras en langtermynreenval beraam.

 

Die verwantskap (r = 0.79) word beskryf deur:

y = k + ar + bg      waar   y = veldtoestandindeks

                                       k = 26.30

                                       a = 0.766

                                       r = langtermyn reënval (mm)

                                       b = 1.35

                                       g = persentasie gras

 

Bespreking

Beginsels

In die ontwikkeling van die metode om weidingskapasiteit te voorspel, is besluit om 'n beginsel van bestaande voorspellingsmetodes te behou, naamlik die aanpassing van die weidingskapasiteit van die betrokke stuk veld op grand van die vergelyking van veldtoestand met die van die veldverwysingspunt. Die weidingskapasiteit van die betrokke stuk veld word verhoudelik tot die veldtoestand van die verwysingsperseel aangepas. Die weidingskapasiteit van die verwysingsperseel moet egter bekend wees.

Hierdie beginsel het in sy huidige vorm minstens drie nadele, naamlik:

Om hierdie nadele op te hef word:

y = eksp(a + b x z)     waar    y = weidingskapasiteit (ha/GVE)

                                             a = 4.46666

                                             b = - 0.0052

                                             z = langtermyn reënval (mm).

y = k + ar + bg     waar    y = veldtoestandindeks

                                       k = 26.30

                                       a = 0.766

                                       r = langtermynreënval (mm)

                                       b = 1.35

                                       9 = persentasie gras

Die vergelykbare persentasie gras word bereken vanaf die getal permanente grastreffers uit die plantopname van die stuk veld wat beoordeel moet word in verhouding tot die som van al die treffers van permanente plante in daardie opname.

Omdat die aanvanklike resultate met veld wat in 'n redelike toestand is, bereik is, word die veldtoestandindeks van die verwysingsperseel beskou as bogenoemde waarde (y) - +0.67. (0.67 is die middelwaarde as persentasie van die klasinterval van redelike veld.)

y = a lin (b x z) met r = 0.98     waar    y = korreksiefaktor vir die verandering in weidingskapasiteit

                                                           a = 0.247

                                                          b = 0.02097

                                                          z = veldtoestandpersentasie

Hierdie funksie word grafies in Fig. 2 voorgestel.

 

Stappe                                                                                                

1. Bereken die voorspelde weidingskapasiteit met behulp van die langtermynreënval of Fig. 1 af.

2. Bereken die verwagte veldtoestandindeks.

 

FIG. 2. Die korreksiefaktore van weidingskapasiteit by veranderende veldtoestand

TABEL 1. Stappe om voorspelde weidingskapasiteit te bereken

Stap   Beraming
P1 P2 
1   Y = eksp(4.4666 x -0.0052 x 360) = 13.4 ha/GVE    
2   Y = 26.3 x 0.766 x 360 + 1.35 x 75 = 403.3    
3   403.3 + 0.67 = 601.9    
4   Berekening is vanaf die plantopname gemaak 395 250
5   395 x 100 + 601.9 en 250 x 100 + 601.9 66 % 42 %
6   Y = 0.247 In (0.0209 x 66) en 0.247 In (0.0209 x 42) 1.0 0.58
7   0.5 x 13.4 = 6.7 ha/GVE 6.7 ha/GVE 6.7 ha/GVE
8   (0.5 x 13.4) + 1 en (0.5 x 13.4) + 0.58 6.7 ha/GVE 11.5 ha/GVE
9   Voorspelde weidingskapasiteit vanaf stappe 7 + 8 13 ha/GVE 18 ha/GVE
10   Voorspelde korttermynweidingskapasiteit 13.4 + 1 en 13.4 + 0.58 13 ha/GVE 23 ha/GVE

 

3. Bereken die veldtoestand van die veldverwysingspunt.

4. Bereken, vanaf 'n plantopname, die veldtoestandindeks van die stuk veld wat beoordeel moet word.

5. Bereken die veldtoestand van die veld wat beoordeel moet word.

6. Bereken die korreksiefaktor vir die weidingskapasiteit by die veldtoestand sacs hierbo bereken is of lees dit van Fig. 2 af.

7. Bereken die bydrae (50 %) van die langtermynreënval tot die weidingskapasiteit.

8. Bereken die bydrae (50 %)van die verandering in die weidingskapasiteit as gevolg van die veldtoestand.

9. Bereken die voorspelde langtermynweidingskaspasiteit vanaf stappe 7 en 8.

10.Bereken die korttermynweidingkapasiteit met behulp van die veldtoestand (bydrae 100 %).

 

Voorbeelde

Gestel daar is twee plantopnames (PI en P2) in 'n gebied met 360 mm reënval per jaar gemaak. Uit die opnames blyk dit dat albei persele 'n 75 % graskomponent het. Die veldtoestandindekse van die opnames is respektiewelik 395 en 250. Gebruik stappe 1 tot 10 in Tabel 1 om die voorspelde weidingskapasiteite te bereken.

 

Opsomming

Deur middel van hierdie metode kan die weidingskapasiteit van elke topografiese eenheid of kamp op 'n plaas voorspel word. Ekologies sensitiewe gebiede of gebiede met swakker weidingskapasiteit kan dus volgens die voorspelde weidingskapasiteit volhoubaar bestuur word. Net so kan gebiede waar die veldtoestand beter is, teen 'n swaarder weidingskapasiteit volhoubaar bestuur word. Daar moet egter altyd onthou word dat hierdie beramings net voorspelling is.

 

Verwysings

BOTHA, W. VAN D. 1998. Weidingkapasiteitstudie in die Karoo. Ph.D.‑proefskrif, U.O. V.S. Bloemfontein.

DU TOIT, P.C.V, BOTHA, W. VAN D. BLOM, C.D., BECKER, H.R., OLIVIER, D.J., MEYER, E.M. & BARNARD, G.Z.J. 1994. Beraming van weidingsindekswaardes vir Karooplantspesies. (Tegniese Mededeling no. 239). Pretoria: Staatsdrukker.