Last update: August 17, 2011 02:36:51 PM E-mail Print

 

Die effek van brakwater op die inname van oumansoutbos (Atriplex nummelaria)

 

J. H. Hoon, P. R. King en B. R. King

Landboukollege Grootfontein, Middelburg KP, 5900

 

INLEIDING

Oumansoutbos is 'n meerjarige droogtevoergewas wat oorspronklik van Australië afkomstig is en reeds meer as 100 jaar in Suid-Afrika voorkom. Die plant is 'n halofiet, dit wil sê soutliewend, en deur die hoë soutkonsentrasie in sy wortels en blare handhaaf dit 'n hoë osmotiese waarde in die selsap wat 'n fisiologiese aanpassing tot vogstremming en dus droogtebestandheid is. Verder het dit ook 'n C4-koolstofmetabolisme wat beteken dat fotosintese baie effektief by hoe temperature en ligintensiteit plaasvind (De Kock, 1980).

Oumansoutbos het ook 'n relatief lae vogverbruik; dit het byvoorbeeld slegs 304 kg water nodig om 1 kg droëmateriaal te produseer, in vergelyking met lusern wat 750 kg water nodig bet om 1 kg droëmateriaal te produseer. Hierdie gewasse is ook aangepas by 'n wye reeks grondsoorte en klimaatstoestande, en dit lewer selfs onder betreklik ongunstige toestande 'n relatief hoë opbrengs van groen, sappige voermateriaal (De Kock, 1967).

Ondanks al hierdie uitstaande eienskappe van oumansoutbos, blyk dit tog uit gesprekke met boere dat daar in verskillende dele van die Karoo verskille in die aanvaarbaarheid van oumansoutbos vir kleinvee voorkom. Hierdie verskille varieer van hoogs aanvaarbaar tot totaal onaanvaarbaar.

Daar bestaan basies vier faktore wat 'n rol kan speel by die verskille in aanvaarbaarheid van oumansoutbos, naamlik:

Aangesien waterinname een van hierdie moontlike oorsake is, is die effek van brakwater op die inname van oumansoutbos ondersoek.

 

PROEFPROSEDURE

Die proef is by die Landboukollege Grootfontein uitgevoer. 12 Volwasse Dorperooie is vir 'n periode van 1 maand op oumansoutboslande aangepas. Die diere is hierna op 'n gesertifiseerde massabasis in twee groepe van ses diere elk ingedeel en in individuele hokke geplaas. Albei groepe is vir 'n verdere periode van 3 weke in die individuele hokke aangepas. Gedurende hierdie tydperk het albei groepe reënwater en droë, gemaalde soutbos ad lib ontvang. Na 3 weke is daar met die behandeling begin en die een groep is oorgeskakel van reënwater na brakwater. Brakwater met 'n braksoutinhoud van 4 540 dele per miljoen is gebruik. Hierdie behandeling is vir 'n periode van 8 weke toegepas. Die volgende maatstawwe is gemonitor:

 

RESULTATE

Dit is duidelik dat die skape in die eerste week nadat bulle in die individuele hokke geplaas is, drasties massa verloor bet (gemiddeld 17 %) as gevolg van die strestoestand (Fig. 1). Na 1 week bet die massas egter gestabiliseer en geleidelik toegeneem. 'n Geringe daling in liggaamsmassa bet by die behandelingsgroep voorgekom nadat met behandeling begin is (week 3).

 

Ongeveer 4 weke na die aanvang van die behandeling was die liggaamsmassas van albei groepe feitlik dieselfde en dit kan verklaar word deur die feit dat die voerinnames van altwee groepe in daardie stadium ook byna dieselfde was (Fig. 2). Hoewel die liggaamsmassa van die behandelingsgroep deurgaans laer was as die van die kontrolegroep, was hierdie verskil nêrens betekenisvol nie (p<0,05).

Vanuit Fig. 2 is dit duidelik dat die skape aanvanklik baie min gevreet bet, maar bulle voerinnames het geleidelik toegeneem. Nadat daar egter met die behandeling begin is, was daar 'n drastiese afname van 40 % in die voeriname van die brakwatergroep. Vir 2 weke na behandeling begin het, was die verskil in voerinnames tussen die twee groepe hoogs betekenisvol (p < 0,01), 3 weke daarna was dit steeds betekenisvol (p < 0,05), maar daarna was die verskil nie meer betekenisvol nie. Dit is ook duidelik waarneembaar hoe die voerinname van die brakwatergroep toegeneem het soos die skape by die brakwater aangepas het.

 

Die skape het aanvanklik baie min water gedrink, maar dit het geleidelik toegeneem (Fig. 3). Direk nadat die behandeling begin het, het die waterinname van die brakwatergroep baie gedaal en na 1 week was daar 'n betekenisvolle verskil (p < 0,05) van 20 % tussen die behandelings- en kontrolegroep. Die korrelasie tussen voer- en waterinname is duidelik waarneembaar by Fig. 2 en 3; soos die waterinname toegeneem het, het die voerinname ook toegeneem.

 

Die chemiese ontleding van die brakwater wat in die proef gebruik is, toon dat dit 'n braksoutinhoud van 4 540 d.p.m. gebad het, wat gemiddeld-brak is (Tabel 1). Die smaaklikheid van oumansoutbos word hoofsaaklik bepaal deur die Na- en Cl-inhoud, wat in hierdie geval onderskeidelik 5,08 en 6,23 % was (Tabel2).

 

Die bepaling van die mineraalinname van die brakwatergroep in Tabel 3 is gebaseer op 'n asinhoud van 22 % vir die voer en 'n braksoutinhoud van 4 540 d.p.m. vir die brakwater wat gebruik is. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die asinhoud aIle mineraIe insluit en dus ook byvoorbeeld silika wat geen effek op die dier bet me. Om die NaCI-inname te bereken, word aanvaar dat aIle Na en CI wat in die voer en water voorgekom het, in die vorm van NaCI was. Meyer en Weir (1954)  het gevind dat die inname van tot 100 g Na (254 g NaCI) in 'n soutbosdieet slegs 'n geringe effek op voerinname het, terwyl Weeth en Haverland (1961) groter afnames in voerinname waargeneem het, selfs waar relatief kleiner hoeveelhede sout deur drinkwater ingeneem is. Volgens Wilson (1966) speel die manier van soutinname 'n belangrike rol by die effek wat dit op voerinname en die gesondheid van die dier het.

 

GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Boere se ondervinding is dat skape vinnig massa verloor en sleg vertoon nadat bulle op soutboslande geplaas is en die boere is geneig om die diere dan gou te onttrek. Uit Tabel 4 wil dit egter voorkom asof skape slegs 'n aanpassingsperiode van ongeveer 4 weke (week 4 tot 7) nodig het om aan die brakwater gewoond te raak en dat die diere se voer- en waterinnames en gevolglike prestasie daarna weer normaal is. Dit sal dus raadsaam wees om nie jong groeiende, laatdragtige en lakterende diere aan die stresfaktor van die aanpassingsperiode te onderwerp nie, en byvoeding sal by genoemde diere essensieel wees om hierdie periode te oorbrug. Diere soos lamme, hamels en droë ooie behoort egter min probleme met hierdie aanpassingsperiode te ondervind. Die langtermyninvloed van brakwater op die dier se produksie is egter nog nie bepaal nie.

Dit wil dus voorkom asof die daling in voerinname net nadat met die behandeling begin is, nie soseer deur die hoe mineraalinhoud van die brakwater veroorsaak is nie, maar dat die water eerder vir die dier onaanvaarbaar is, moontlik omdat dit me daaraan gewoond is nie. Die dier drink dus minder water en, as gevolg van die hoë korrelasie tussen voer- en waterinname, vreet die dier ook minder. Dit lyk dus nie asof die dier 'n fisiologiese probleem bet met die hantering van die braksoute nie, maar dat dit meer oor die aanvaarbaarheid van die water gaan.

Navorsing is tans aan die gang waar waters met verskillende vlakke braksout gebruik word om te bepaal by watter peil die soutinhoud wel 'n probleem raak.

 

VERWYSINGS

DE KOCK, G.C.,1967. Droogtevoergewasse. Hand. Weidingsver. S. Afr. 2, 147-156.

DE KOCK, G.C., 1980. Drought resistant fodder shrub crops in South Africa. In Browse in Africa. Le Houerou, H.N., (Ed) Symp. on Browse in Africa. Addis Ababa, Ethiopia, 1980.

MEYER,J.H. & WEIR, W.C.,1954. The tolerance of sheep to high in takes of sodium chloride. J. Anim. Sci. 13,443-449.

WEETH, HJ. & HAVERLAND, LH., 1961. Tolerance of growing cattle for drinking water containing sodium chloride. J. Anim. Sci. 20, 518-521.

WILSON, A.D., 1966. The tolerance of sheep to sodium chloride in food or drinking water. Aust. J. Agric. Res. 17, 503-514.

 

Published

Karoo Agric, Vol 4, No 3, 1991 (6-8)