Last update: August 15, 2011 10:10:08 AM E-mail Print

 

INLIGTINGSBEHOEFTES VAN EKSTENSIEWE VEEBOERE IN DIE KAROO

 

Lizette King

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, Privaatsak X529,

Middelburg 5900

 

Een van die belangrikste funksies van die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut is die verskaffing van 'n effektiewe inligtingsdiens aan die Karoostreek se boere. Heelwat probleme word met die tradisionele inligtingsdiens ervaar. Om 'n meer effektiewe inligtingsdiens te skep, was dit nodig om die inligtingsbehoeftes van die boere te bepaal.

 

METODE

Die inligtingsbehoeftes is gedurende 1992 deur middel van 'n omvangryke posvraelys bepaal. Karoostreek bestaan tans uit 147 redelik homogene boerderygebiede (RHB's) waarvan 144 uitsluitlik ekstensiewe weiveld is. Om die universum homogeen te hou en die lengte van die vraelys te beperk, is slegs die ekstensiewe veeboere by die ondersoek betrek.

Die vraelys het uit 17 vrae, wat elkeen 'n spesifieke hoofonderwerp van ekstensiewe veeboerdery dek en wat in verskeie individuele onderwerpe onderverdeel is, bestaan. Respondente moes by elke individuele onderwerp 'n punt van 1 tot 5 toeken. Puntetoekenning bet die volgende beteken:

  1.  = inligting oor die onderwerp is van geen waarde nie
  2.  = inligting oor die onderwerp is van min waarde
  3.  = inligting oor die onderwerp is nodig
  4.  = inligting oor die onderwerp is baie nodig
  5.  = inligting oor die onderwerp is noodsaaklik.

Die vraelys is aan 1 132 ekstensiewe veeboere, wat lukraak uit adreslyste van die landbouvoorligtingskantore gekies is, gestuur. Plaaslike landbouvoorligters was behulpsaam met die terugstuur van vraelyste vanaf respondente. Data van 563 korrek ingevulde vraelyste is met behulp van 'n rekenaardatabasis verwerk.

 

RESULTATE EN BESPREKING

Patroon van inligtingverkryging

Persone wat om inligting genader word

Die persone wat deur ekstensiewe veeboere om inligting oor boerderyaangeleenthede genader word, word in Tabel 1 weergegee.

 

Dit is opvallend dat 59,68 % van die boere meer dikwels ander boere om inligting nader. Hoewel baie boere wolboere is, word die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) min geraadpleeg. Ouditeure word ook nie dikwels geraadpleeg nie, al is baie boere tans in 'n finansiële oorlewingstryd gewikkel. Die rede hiervoor is waarskynlik omdat ouditeure betaal moet word vir konsultasies en omdat bulle nie landboukundiges is nie.

Bykans die helfte (46,71 %) van die ekstensiewe vee-boere het nog nooit Grootfontein se landbounavorsers om inligting genader nie. Die redes hiervoor word later bespreek. Die plaaslike landbouvoorligters word meer dikwels as die landbounavorsers geraadpleeg (38,90 % teenoor 14,92 %), hoewel12, 70 % van die respondente nog nooit die landbouvoorligter om inligting genader het nie.

 

Redes waarom Grootfontein se landbounavorsers en/of -voorligters nie om inligting genader word nie

Die redes waarom ekstensiewe Karooboere me die landbounavorsers en -voorligters van  die Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut om inligting nader nie, word in Tabel 2 gegee.

 

Die hoofrede waarom boere (60 %) nie van die inligtingsdiens gebruik maak nie, is omdat Grootfontein en die landbouvoorligters ver van bulle is. Slegs 2,17 % van die respondente was nie tevrede met diens wat in die verlede gelewer is nie.

Dit is opvallend dat 'n groot persentasie boere (28,43 %) nie bewus is van die inligtingsdiens wat Grootfontein lewer nie. 'n Reklameveldtog behoort dus oorweeg te word.

 

Wyse waarop inligting verlang word

Die antwoorde op die vraag "Op watter wyse sou u inligting wou ontvang" word in Tabel3 saamgevat.

 

Uit Tabel 3 blyk dit dat die ekstensiewe veeboere van die Karoostreek eerder inligting in 'n geskrewe as mondelingse vorm wil ontvang. Meer boere (30,55 %) verkies die semi wetenskaplike publikasies soos Karoo Agric deur die Karoostreek self bo die algemene populêre publikasies soos die Landbouweekblad.

 

Inligtingsbehoeftes van die ekstensiewe veeboere in die Karoostreek

lnligtingsbehoeftes ten opsigte vanhoofonderwerpe 

Die rangorde van die hoofonderwerpe in terme van inligtingsbehoeftes is bepaal deur die gemiddelde van die persentasie respondente wat 4 en 5 aan die onderlinge onderwerpe van die hoofonderwerp toegeken het, bymekaar te tel. Die resultate word in Tabel4 weergegee.

Uit Tabel 4 kan duidelik gesien word dat die grootste inligtingsbehoeftes van die ekstensiewe veeboere van die Karoostreek hoofsaaklik die ekonomiese aspekte van 'n boerdery is.           

Naas ekonomiese aspekte was die grootste inligtingsbehoeftes slagvee, gevolg deur veesiektes. Inligting oor arbeiders bet die vierde hoogste persentasie behaal, terwyl weidings en sybokhaar onderskeidelik as die vyfde en sesde grootste behoefte geïdentifiseer is.

Voeding, wol en algemene sake is deur meer as die helfte van die Karoostreekboere as inligtingsbehoeftes geklassifiseer, terwyl inligting oor veerasse en reproduksie deur onderskeidelik 49,22 % en 48,21 % van die ekstensiewe veeboere as 'n behoefte beskou is.

Rekenaars, geboue/strukture, fasiliteite, veesoorte en implemente is nie as groot inligtingsbehoeftes geïdentifiseer nie. Slegs 18,36 % van die veeboere het implemente as 'n inligtingsbehoefte beskou.

 

lnligtingsbehoeftes ten opsigte van individuele onderwerpe

Individuele onderwerpe se puntetoekennings binne 'n bepaalde hoofonderwerp bet baie gewissel en gevolglik is die rangorde daarvan in terme van inligtingsbehoeftes ook bepaal. Die 20 individuele onderwerpe wat die boere as die belangrikste inligtingsbehoeftes geïdentifiseer bet, word in Tabel 5 weergegee.

 

GEVOLGTREKKING

Hierdie gekwantifiseerde inligtingsbehoeftes van die ekstensiewe veeboere kan navorsers beter voorberei op navrae van veeboere en kan as 'n basis vir die beplanning van toekomstige uitbreidings en aanpassings van bestaande navorsings- en voorligtingsprogramme in die Karoostreek dien.

 

VERWYSING

KING, Lizette. 1994. Die inligtingsbehoeftes van die ekstensiewe vee-boere van die Karoostreek met verwysing na die rol van die Grootfonteinse Diereproduksie-inligtingsbank. M.Bibl.

 

Published

Karoo Agric Vol 6, No 1, 1994 (9-11)