Last update: August 12, 2011 02:47:15 PM E-mail Print

 

Bestuursbeplanning met behulp van klimaatsdata

 

F.A. Roux, L.G. du Pisani, J.A. Roux, J.C. Venter en R. Verloren van Themaat

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, Middelburg KP 5900

 

Inleiding

Met hierdie artikel word gepoog om te illustreer hoe belangrik droogtebeplanning is en dat beplannings-tegnieke wel beskikbaar is. Daar sal aangetoon word dat dit moontlik is om vir droogtes te beplan en dat hierdie beplanning finansieel voordelig kan wees.

Die vraag ontstaan hoekom dit belangrik is om te beplan. Droogtehulp kan in die toekoms verminder of selfs verdwyn en boere sal minder op staatshulp kan staatmaak. Een manier om teen droogte voorsorg te tref, is om versekering uit te neem. Ongelukkig bestaan sulke versekering tans nie.

 

Ingesteldheid teenoor droogte

Fig. 1 toon baie boere se ingesteldheid teenoor droogte aan. Voordat 'n droogte voorkom, is die boer in 'n apatiese fase. Dit reën goed en geen beplanning word vir die volgende droogte gedoen nie. As die boer sy oë uitvee, is hy midde-in 'n droogte. Hierdie bewuswording van die droogte lei tot bekommernis wat later omsit in paniek. Die boer tree as gevolg van die paniek reaktief op en pas krisisbestuur toe. Hoe lank hierdie paniekfase aanhou, hang af van hoe lank die droogte aanhou of hoe gou staatshulp verleen word. Staatshulp het in die verlede hierdie paniek verlig. Dit bet daartoe bygedra dat baie boere net sodra die droogte verby is, weer "agteroor sit" en wag vir die volgende droogte.

Indien staatshulp verdwyn, sal die boer die paniek self moet hanteer. Die vraag is of daar iets aan hierdie situasie gedoen kan word. Om die sogenaamde hidro-(on)logiese siklus te beëindig, is dit nodig om die apatiese fase te verander na 'n beplanningsfase sodat pro-aktief opgetree kan word. In Fig. 2 (hidro-logiese siklus) beplan die boer vir sekere optredes indien 'n droogte aanbreek en hy implementeer langtermynstrategieë sodat die

uitwerking van ' n droogte aansienlik verminder kan word. .Wanneer 'n droogte aanbreek, word die boer steeds bewus daarvan, maar in plaas daarvan om paniekerig te raak, implementeer hy korttermynstrategieë.

 

Voordat egter beplan kan word, moet 'n mens weet waarvoor om te beplan. As vir 'n droogte beplan word, moet die droogterisiko bekend wees. Dit is belangrik om daarop te let dat daar nie beplan kan word indien daar nie sekerheid bestaan of droogte wel kan voorkom nie.

 

Algemene begrippe

Voordat na droogterisiko gekyk word, is dit belangrik om ' n paar begrippe te ken. Vir hierdie doel is reënvaldata van die plaas Klerefontein in die Carnarvondistrik gebruik. Die data strek van 1932 tot 1992.

 

Reënseisoen en droë seisoen

Fig. 3 is saamgestel uit 60 jaar se maandelikse reënval-syfers en toon die langtermyn-maandelikse mediaan-reënval vir Klerefontein.

 

Fig. 3 is in twee dele verdeel. Die eerste deel strek van Januarie tot Mei. Die historiese data toon aan dat hierdie tydperk gewoonlik die reënseisoen is. Plante groei gedurende die tydperk (5 maande). Die daaropvolgende tydperk vanaf einde Mei tot Desember is die droë seisoen en die meeste plante, veral grasse, is dormant gedurende hierdie tydperk. Dit kan ook 'n seisoensdroogte genoem word. In die tyd kom min reën voor en plante groei min of glad nie. Die diere moet egter vreet en oorleef. Dit is duidelik dat die voorafgaande groeiseisoen 'n groot invloed op die droë seisoen uitoefen. Indien dit nie genoeg gedurende    die reënseisoen reën nie, kan die plante wat as voer vir die diere dien, nie genoeg materiaal produseer om die diere deur die droë seisoen te dra nie. 'n Voerskaarste kan voorkom wat die boer noodsaak om diere te verkoop of te voer. In Fig. 1 sien 'n mens dat die boer gewoonlik te laat besef daar is 'n droogte. Teen hierdie tyd het die diere al kondisie verloor, wat bulle bemarkingswaarde kan beïnvloed.

 

Droogtetipes  

Fig. 4 toon die verwagte reënval en werklike reënval vir Klerefontein gedurende die strawwe droogte van 1958 tot 1960. Fig. A in Fig. 4 verteenwoordig 'n periodieke droogte. Hierdie tipe droogte kom voor wanneer dit na die droë seisoen (seisoensdroogte) nie reën soos wat normaalweg verwag sou word me. Gedurende die verwagte nat seisoen (reënseisoen) het dit in die geval baie minder gereën as wat verwag is. Omdat die voorafgaande seisoen reeds die droë seisoen was en die benutbare plantmateriaal baie min was, kon plante met die verminderde reënval nie genoeg produseer om in die diere se normale behoeftes te voorsien nie. 'n Droogtetoestand is ondervind. Na die verwagte reënseisoen breek die droë seisoen (seisoens-droogte) aan wat hierdie periodieke droogte 12 maande laat voortduur. Indien daar genoeg plantmateriaal na die eerste seisoensdroogte (1958) oorbly, is dit moontlik om die uitwerking van die periodieke droogte in 'n mate te oorbrug. In plaas daarvan dat die boer 'n droogte van 12 maande ondervind, word dit verkort na 8 maande (pyl B, Fig. 4).

 

Indien dit wel genoeg in die 1958-reënseisoen gereën het, maar die boer se plaas was oorbelaai (oorbeweiding), kan 'n tipiese situasie (pyl C in Fig. 4) ontwikkel. Omdat nie voorsiening gemaak is vir genoeg plantmateriaal vir die diere nie, ondervind die boer al teen Augustus 'n tekort aan voer, met ander woorde 'n skyndroogte.

Indien dit in die volgende reënseisoen (1959) nie genoeg reën nie, ondervind die boer 'n droogte van 16 maande tot die volgende reënseisoen weer aanbreek. lndien dit in die reënseisoen daarna (1960) ook nie genoeg reën nie, kry ons (Fig. 4, pyl D) die sogenaamde rampdroogte. In hierdie geval hou dit 28 maande lank aan.

 

Beraming van droogterisiko

Om die droogterisiko te bepaal, is historiese reënvaldata (op 'n maandelikse basis) van 40 of meer jaar nodig. Die data word in die sogenaamde Zucchinni- & Adamson- model (ZA-Model) (Venter, 1992) ingevoer om die klimaatsindekse te bepaal. Die ZA-Model simuleer bossiegroei op grand van die maandelikse reënval oor 'n periode van 6 maande. Vir die simulasie neem die model ook die temperatuur in ag. Elke maand kry 'n klimaatsindeks (ook bekend as 'n droogte-indeks). Deur die klimaatsindeks vir elke maand te gebruik, kan bepaal word hoeveel droogteperiodes daar voorgekom het, en hoe lank elke periode aangehou het. In Tabel 1 is 'n opsomming van Klerefontein se droogteperiodes, asook die frekwensie van 'n spesifieke droogte en die waarskynlikheid dat so 'n droogte kan voorkom.

Uit Tabel 1 is dit duidelik dat daar van 1932 tot 1992 (60 jaar), 19 droogtes (frekwensies is bymekaar getel) voorgekom het wat wissel van periodieke droogtes tot rampdroogtes. Die kans of waarskynlikheid vir Klerefontein om 'n droogte te kry is ongeveer 1 uit elke 3 jaar en so 'n droogte kan van 9 tot 39 maande duur. Die probleem is dat daar Die voorspel kan word wanneer 'n droogte sal aanbreek en hoe lank dit sal aanhou nie. Die kans om 'n rampdroogte van 25 maande of langer te ondervind, is ongeveer 1 uit elke 50 jaar.

Tabel 1 is 'n droogterisikotabel. Dit gee 'n aanduiding van die waarskynlikheid dat 'n droogte kan voorkom. Sodra 'n risikobepaIing gedoen is, kan die boer begin beplan om droogtes te oorbrug of die uitwerking daarvan te versag.

 

Beplanning en bestuur

Droogterisiko- en bestuursbeplanning kan in twee kategorieë verdeel word:

Langtermynbeleid (strategieë)

Hierdie gedeelte van die beplanning word toegepas voordat 'n droogte voorkom. Die doel is om die uitwerking van 'n droogte te verlig. Dit sluit in:

Korttermynbeleid (taktieke)

Hierdie taktieke word toegepas namate ramptoestande ontwikkel en vorder. Die doel hiervan is om op kort kennisgewing regstellende stappe te doen om die uitwerking van die droogte verder te verlig. Dit sluit in:

 

Belading as bestuurshulpmiddel

As voorbeeld van 'n langtermynstrategie word gekyk na die finansiële implikasie daarvan as op Klerefontein teen die aanbevole weikapasiteit (norm) geboer word, teenoor 'n swaarder belading oor die tang termyn. Tabel 2 gee die twee beladings, die getal Dorpers (KVE) en die plaasgrootte.

 

Die langtermynklimaatsindekse is gebruik om die jare vanaf 1933 tot 1992 in vier kategorieë te verdeel, naamlik GOOD, OK, POOR en BAD. Die rede hiervoor is dat die data in 'n rekenaarprogram, Rangepack (Smith & Foran, 1990), gebruik is om kosteberekeninge te doen.

In Tabel 3 is die jare in die vier verskillende kategorieë ingedeel.

Tabel 4 bevat Dorperproduksienorme wat verkry is van 'n slaglamproduksiestelselproef (Coetzer, Van Zyl, Combrinck, Agenbag, Jonker, Basson en De Waal, 1993) wat deur Glen Landbou-ontwikkelingsinstituut op Koopmansfontein (Daniëlskuil) uitgevoer is. Die doel van die proef was om die stelsel by 'n ligte en 'n swaar belading te evalueer. Die norme vir die vier kategorieë ligte en swaar beladings (Tabel 4) is gebruik vir simulasie in Rangepack. Markpryse van November 1993 vir Dorpers is gebruik om te bepaal wat die netto inkomste vir die twee beladings (norm en swaar) op Klerefontein sou wees vir die vier kategorieë jare.

 

 

Tabel 5 gee die netto inkomste vir die vier kategorieë jare vir die twee verskillende beladings. Die Rangepack-program het vir die simulasie slegs die speenpersentasie, speenmassa en ooimassa (lewende gewig tydens bemarking) in ag geneem vir die berekeninge. 'n Faktor soos die geleidelike verswakking van veld oor die lang termyn weens 'n te hoe belading, is glad nie in ag geneem nie. Die bedrae in Tabel 5 is gekoppel aan die vier verskillende kategorieë in Tabel 3 om die totale verskil in netto inkomste oor die 60 jaar by Klerefontein te verkry. Tabel 6 verteenwoordig hierdie resultate.

Uit Tabel 6 is dit duidelik dat dit finansiële voordele sal inhou om op Klerefontein teen die aanbevole belading (norm) vir die gebied te boer. Die boer se jaarlikse inkomste sat gemiddeld R6 461 hoër wees. Hierdie bedrag is uiters konserwatief, omdat die agteruitgang van veld oor die lang termyn, waar daar hoer as die norm belaai is, en oorlaatskulde nie in ag geneem is me. Ons kan dus verwag dat belading by die norm heelwat voordeliger oor die lang termyn sal wees.

 

Vroegtydige bemarking van diere

As voorbeeld van 'n korttermyntaktiek word gekyk na die strategiese bemarking van oortollige diere. Hiervoor is die langtermynklimaatsindekse van Klerefontein weer gebruik. Die data is gebruik in 'n stapsgewyse regressie om die ooreenkoms tussen die toestand (klimaatsindeks) in 'n spesifieke maand en die in die volgende 11 maande te bepaal. In Fig. 5 word die resultate weergegee.

Pyl a in Fig. 5 dui die ooreenkoms in persentasie tussen Januarie en die ander 11 maande aan. In die geval is dit 22 %, wat beteken dat indien dit in Januarie droog (klimaatsindeks laag) is, daar 'n 22 % kans is dat dit ook in Februarie, Maart, April, ens. droog (klimaatsindekse laag) sal wees. Fig. b dui die ooreenkoms tussen Maart en die daaropvolgende 11 maande aan. In die geval is die ooreenkoms baie sterk, naamlik 72 %. Indien daar 'n droogte in Maart van 'n betrokke jaar voorkom, kan die boer op Klerefontein verwag dat daar 'n 72 % kans is dat dit in April, Mei, Junie, ensovoorts ook droog kan wees. Die omgekeerde geld ook.

Indien Maart 'n goeie maand is, is die kans dat April, Mei, Junie, ensovoorts ook goeie maande sal wees, 72 %. Met hierdie kennis kan die boer nou besluit of hy gaan begin om van sy oortollige diere te bemark. Hy kan die kans waag en wag tot April om te kyk of dit gaan reën. Indien April ook 'n droë maand is, is die kans dat die daaropvolgende maande ook droog sal wees, 69 % (pyl c, Fig. 5). Teen hierdie tyd begin die diere moontlik al kondisie verloor en die seisoensdroogte lê nog voor. Ander boere besef ook dat hulle van hul diere sal moet verminder. Dit kan 'n ooraanbod op die markte tot gevolg hê wat die pryse van die diere kan beïnvloed. Die verswakte toe stand van die diere benadeel ook die pryse. Indien die boer egter in Maart al van oortollige diere ontslae geraak het, was die markpryse asook die diere se kondisie heel moontlik beter. Omdat daar nou minder diere op die boer se plaas is, word plantreserwes stadiger uitgeput en die res van die kudde het 'n beter kans om min of geen kondisie te verloor me.

 

Opsomming

Uit die bespreking is dit duidelik dat droogtes gekwantifiseer kan word. Dit is ook duidelik dat droogterisiko's bepaal kan word en dat daar bestuurstegnieke bestaan wat die boer kan help om hierdie risiko' s te verlaag of heeltemal te oorbrug.

 

DANKBETUIGING

Mev. Amanda Schoeman, Skakeldienste, Grootfontein         

LOI, vir die produksie van Fig. 1 en 2.

 

BRONNELYS

COETZER, C., VAN ZYL, C.B., COMBRINCK, W.J., AGENBAG, G.J., JONKER, M.L., BASSON, M.C. & DE WAAL, H.O. 1993. Faset V5312/41/1/5. Die ontwikkeling van ’n slag lam produksiestelsel met Dorperskape te Koopmansfontein. Ongepubliseerd.

SMITH, M.S. & FORAN, B. 1990. CSIRO National Rangelands Program, Division of Wildlife and Ecology, Australia.

VENTER, J.C. 1992. Drought characterization based on Karoo shrub land productivity. South African Journal of Science, Vol. 88.

WILHITE, D.A 1989. Planning for Drought: A process for State Government. Centre for Agricultural Meteorology and Climatology, University of Nebraska.

 

Published

Grootfontein Agric, Vol 1, No 1, 1995 (23-28)