Last update: August 15, 2011 01:59:08 PM E-mail Print

 

BOTANIESE DIEETSAMESTELLING VAN AFRINO'S OP DORRE KAROOVELD

 

T.C. Meyer

Grootfontein Landbou‑ontwikkelingsinstituut, Middelburg KP, 5900

W.F. Immelman

Carnarvonproefstasie, Posbus 98, Carnarvon, 7600

 

 

Kennis oor die botaniese samestelling van die dieet van vee op natuurlike veld is noodsaaklik vir die bestuur van die dier en van die veld. Dit is belangrik om te weet watter plante die diere vreet en wanneer 'n spesifieke plantsoort gevreet word, sodat die invloed van die dier op die veld bepaal kan word.

Beweiding van 'n plantgemeenskap het altyd tot gevolg dat sekere plantspesies, veral sekere tye van die jaar, by voorkeur geselekteer word. Verskeie studies het getoon dat selektiewe beweiding deur 'n verskeidenheid faktore beïnvloed word en dus nie deur 'n enkele faktor verklaar kan word Die (Arnold, 1964). 'n Proef is op die Carnarvonproefstasie uitgelê om die invloed van 'n paar van hierdie faktore op die botaniese samestelling van die dieet van Afrinoskape te ondersoek.

 

PROEFTERREIN

Die Carnarvonproefstasie is ongeveer 18 km noordwes van Carnarvon, in die Noordwes‑Karoo geleë. Die klimaat is redelik verteenwoordigend van die noordwestelike dele van die Karoostreek en 'n verskeidenheid veldtipes word op die proefstasie aangetref. Carnarvon bet volgens die KoppenklassifIkasie 'n woestynklimaat, met hoofsaaklik 'n herfsreënval en 'n jaargemiddelde temperatuur onder 18 0 C (Anoniem, 1986).

Die plantegroei in die gebied word beskryf as Dorre Karoo (Veldtipe, 29) (Acocks, 1988). Die studiegebied is in die Driedoringveldvariasie van die Dorre Karoo geleë. Hierdie variasie kom meestal op die Dwyka‑skalies en ‑tilliete, en Ecca‑skalies voor. Die algemene ontblote geaardheid van die veld is nie 'n natuurlike toestand nie, maar die gevolg van oorbeweiding en die gevolglik uitermatig hoe grondtemperatuur van die ontblote dele (Acocks, 1988). Die algemene toestand van die veld in die studiegebied wissel van redelik tot swak. Die veld bestaan uit verskillende plante waarvan ongeveer 30 % goed, 30 % redelik en 40 % swak benut word (Anoniem, 1986).

Pentzia spinescens is die dominante bossie in die studiegebied. In die klipperige dele is Eriocephalus ericioides prominent, en in geïsoleerde lokaliteite is Salsola tuberculata dominant. Sukkulente soos Eberlanzia ferox kom redelik algemeen voor. Hoewel grasse Die 'n belangrike komponent van die plantegroei is nie, word Stipagrostis obtusa en Stipagrostis ciliata, Eragrostis lehmanniana, Enneapogon desvauxi en Aristida congesta redelik algemeen aangetref.

 

PROEFPROSEDURE

Ten einde die dieetseleksie van Afrinoskape op Dorre Karooveld te kwantifiseer, is agt slukdermgefisteleerde Afrino's (vier hamels en vier ooie) vier maal per jaar (Februarie, Mei, Augustus, November) in 'n beladingsproef by vier veeladings (lig, medium, swaar,baie swaar) gebruik vir monsterneming. Die monsters is aan die einde van die weiperiode op 4 opeenvolgende dae geneem. Die prosedure soos beskryf deur Meyer (1992), is gevolg.

'n Dieettelling is bereken om die onderlinge invloed van die verskillende faktore wat dieetseleksie beïnvloed, te bepaal. Die telling is gebaseer op die ekologiese waardes van die verskillende plantgroepe (V Vorster, 1982; Donaldson & Vorster, 1989). Die persentasie wat die verskillende funksionele plantgroepe tot die dieet bygedra het, is met die ekologiese waarde van elke groep vermenigvuldig. Die dieettelling is dus op dieselfde wyse as die veldtoestandtelling (Vorster, 1982) bereken.

 

RESULTATE

Die botaniese samestelling van die dieet by die verskillende veeladings word in Fig. 1 aangetoon. Dit dui ook die persentasiebydrae van die verskillende plantgroepe tot die dieet aan teen die einde van die herfs, winter, lente en somer van 1990/91.

 

Dieetselekietendense

Die botaniese samestelling van die verskillende diëte het gedurende die studietydperk gevarieer (Fig. 1). Voedselvoorkeur weerspieël altyd die omgewings‑ en weidingstoestande op die tydstip wanneer beweiding plaasvind en is hoofsaaklik verwant aan die plantegroei van die spesifieke area wat bewei is (Petrides, 1975).

Uit Fig. 1 kan die volgende algemene tendense afgelei word:

 

Gras

In die Dorre Karoo is gras 'n belangrike deel van die dieet van skape. Indien beskikbaar, kan dit tot 30 % van die dieet op 'n bepaalde tydstip uitmaak (Fig. 1c). Na gelang van die klimaat (reënval en temperatuur) word gras in die herfs, lente en somer geselekteer.

 

Opslag

Opslagplante het aansienlik gevarieer in die dieet. Hierdie komponent is selfs in groter mate as gras van die klimaat, veral van reënval, afhanklik. As gevolg van die groot verskeidenheid opslagplante, kan die plante in al die seisoene op reën reageer en bydra tot die dieet. Indien beskikbaar, word opslag by voorkeur gevreet en kan dit tot 30 % van die dieet uitmaak (Fig. 1a). Soortgelyke bevindings is gemaak deur Graetz & Wilson (1980) en deur Pressland (1984). Laasgenoemde meld dat kruidagtige opslagplante ("forbs") wat as 'n minder belangrike plantegroei komponent beskou word, 'n belangrike bydrae tot die dieet van skape maak in gunstige klimaatstoestande. By gebrek aan opslag word gras by voorkeur geselekteer.

Hierdie studie beklemtoon die waarde van eenjarige opslagplante in ariede en semi‑ariede gebiede. Dit is 'n voerbron met 'n boe voedingswaarde (Pieper & Beck, 1980). As gevolg van die wisselvallige beskikbaarheid daarvan is opslagplante egter Die 'n betroubare voedselbron wat in ag geneem kan word by die bepaling van weikapasiteit Die. Aangesien dit nie 'n permanente komponent van die totale plantegroei samestelling is nie en in elk geval weer natuurlik verdwyn, tan opslagplante Die werklik oor benut word Die. Die meeste van die eenjarige opslagplante word benut voordat bulle natuurlik verdor sonder dat die meerjarige plantegroeikomponente beskadig word (Leigh & Mulham, 1964). 'n Vinnige wisselweistelsel is egter nodig om te voorkom dat die saailinge van meerjarige plante beskadig word. Deur opslag te benut wanneer dit beskikbaar is en effektief aan te wend vir die produksie van wol en vleis (Pressland, 1984), word die grootste moontlike voordeel daaruit bekom.

 

Bossies

Smaaklike bossies het dwarsdeur die jaar 'n groot bydrae tot die dieet van die skape gemaak. Na gelang van die relatiewe bydrae van die ander plantkomponente, het smaaklike bossies tussen 10 en 70 % tot die dieet bygedra. Hierdie plantkomponent het veral in die winter en in die lente 'n belangrike bydrae tot die dieet gemaak (Fig. 1b, c en d). Minder smaaklike bossies, wat die dominante plantgroep in die studiegebied is, se bydrae tot die dieet het van ongeveer 10 tot 80 % gewissel (Fig. 1c). Hierdie komponent het klaarblyklik veral in die herfs en in die winter 'n belangrike deel van die dieet gevorm. Die bydrae van die onsmaaklike bossiekomponent tot die dieet het grootliks gewissel. Gedurende die studietydperk het hierdie komponent slegs in die winter 'n betekenisvolle bydrae tot die dieet gemaak (Fig. 1).

 

Verwantskap tussen geselekteerde plantgroepe

Verskeie studies het getoon dat aanvaarbaarheid van 'n plantspesie vir 'n spesifieke herbivoor in 'n mate afhanklik is van die relatiewe beskikbaarheid van ander plantspesies (Graetz & Wilson, 1980). Aanvaarbaarheid is dus eerder 'n gemeenskapspesifieke as 'n spesie spesifieke eienskap. Hierdie stelling word in Tabel 1, wat die onderlinge verwantskappe tussen die hoeveelhede van die verskillende plantkomponente in die dieet aantoon weerspieël.

Dit is duidelik dat daar 'n betekenisvolle negatiewe korrelasie bestaan tussen die hoeveelheid gras en smaaklike bossies (r = ‑0,488; Ps 0,01) in die dieet. Daar is ook ‘n betekenisvolle negatiewe korrelasie tussen die hoeveelhede minder smaaklike bossies en die smaaklike plantkomponente, naamlik opslag (r = ‑0,422; Ps 0,05), gras (r = ‑0,446; Ps 0,05) en smaaklike bossies (r = ‑0,422; Ps 0,05) in die dieet.

 

lnvloed van veelading

Fig. 1 toon hoe moeilik dit is om algemene tendense ten opsigte van dieetseleksie te bepaal. As gevolg van die invloed van die botaniese samestelling van die verskillende kampe op dieetseleksie is dit moeilik om die invloed van veelading op die botaniese samestelling van die dieet te bepaal. Indien slegs die diëte van die ligte en die baie swaar veeladings vergelyk word, is sekere verskille egter duidelik. Die bydrae van die smaaklike komponente van die plantegroei (gras, opslag en smaaklike bossies) tot die dieet van die skape by die ligte veelading het deurgaans van ongeveer 50 tot 85 % gewissel. In teenstelling hiermee bet die bydrae van die smaaklike komponente tot die dieet van die skape by die baie swaar veelading tussen 15 en 40 % gewissel. Hoewel dit moontlik is dat hierdie verskille die gevolg kan wees van variasie in die botaniese samestelling van die onderskeie kampe, is dit waarskynliker dat hierdie verskille die invloed van veelading op die beskikbare plantmateriaal weerspieël. Indien dit die geval is, lyk dit asof die smaaklike plantkomponente by die baie swaar veelading oor benut word, aangesien hierdie komponent aan die einde van die weiperiode nie meer beskikbaar is nie.

Volgens Tabel2 is daar 'n betekenisvolle korrelasie tussen veelading en onderskeidelik die hoeveelheid minder smaaklike (r = 0,619; P s 0,01) en onsmaaklike (r = 0,316; P s 0,05) bossies in die dieet. Daar was ook 'n betekenisvolle negatiewe korrelasie (r = ‑0,398; P s 0,05) tussen veelading en die hoeveelheid opslag in die dieet. Hoewel Die betekenisvol Die, was daar ook negatiewe korrelasies tussen veelading en die ander smaaklike komponente (gras en smaaklike bossies) van die dieet.

 

Hierdie resultate bevestig die waarneming dat die skape by die ligter veeladings aan die einde van 'n 3-maande-weiperiode steeds die smaakliker plantegroei-komponente benut. In teenstelling hiermee vreet die skape by die swaarder veeladings in daardie stadium hoofsaaklik die minder smaaklike komponente van die veld. Veelading het dus beslis 'n invloed op die botaniese samestelling van die dieet van skape.

 

lnvloed van plantfenologie

Oor die algemeen lyk dit asof die verskillende plantkomponente geselekteer word wanneer bulle aktief groei. Dit is veral duidelik by grasse en opslagplante waar die groeiritme van Teen afhanklik is. Dieselfde geld egter vir die smaaklike bossiekomponent, wat hoofsaaklik in die winter en in die lente aktief groei, die minder smaaklike bossiekomponent wat hoofsaaklik in die herfs en in die winter aktief groei asook vir die onsmaaklike bossiekomponent, wat veral in die winter aktief groei (Vorster & Sykes, 1986, ongepubliseerd). Hierdie bevinding stem ooreen met die van Botha (1981), Roux et al. (1981), Botha, Blom, Sykes & Barnhoorn (1983), Botha (1986) & Immelman (1986), wat bevind bet dat diere hoofsaaklik op die aktief groeiende komponente van die plantegroei konsentreer. Graetz (1986) bet ook bevind dat skape by voorkeur groen plantmateriaal (wat aktief groei) selekteer.

 

Onderlinge invloed van verskillende faktore

As gevolg van die wisseling in die voorkeure van weidende diere kom Harrington (1979) tot die gevolgtrekking dat dit nie moontlik is om algemene beginsels oor voedselvoorkeure en die faktore wat dit bepaal, neer te Iê nie. In hierdie studie is verskeie faktore ondersoek om te bepaal watter faktor of kombinasie van faktore die beste verklaring bied vir die geselekteerde dieet soos weerspieël in die berekende dieettelling. Tabel 3 toon die korrelasie matriks vir die verskillende onafhanklike faktore.

Volgens Tabel 3 is daar nie 'n sterk verwantskap tussen dieettelling (dieetseleksie) en die onderskeie onafl1anklike veranderlikes nie. Met die stapsgewyse meervoudige regressie tegniek bet dit egter duidelik geword dat daar wel sekere interaksies tussen die verskillende veranderlikes bestaan. Daar is gevind dat veelading, individuele kampe asook kroonuitgestrektheidbedekking en veldtoestandtelling na beweiding die belangrikste bepalers van die dieettelling was. Hieruit kan afgelei word dat dieetseleksie in hierdie studie hoofsaaklik deur veelading, die hoeveelheid beskikbare weiding (kroonuitgestrektheidbedekking) en die botaniese samestelling van die plantegroei beïnvloed is.

 

GEVOLGTREKKING

In 'n poging om te verklaar waarom 'n spesifieke dieet geselekteer word, is 'n paar faktore wat dieetseleksie beïnvloed, ondersoek. Van al die faktore wat ondersoek is, was veelading, die hoeveelheid beskikbare weiding en die botaniese samestelling van die kamp wat bewei word, die belangrikste bepalende faktore. Betekenisvolle korrelasies is gevind tussen die hoeveelhede van die belangrikste plantkomponente in die dieet. Dit bevestig dat aanvaarbaarheid 'n gemeenskapspesifieke, eerder as 'n spesie spesifieke eienskap is, gegrond op die relatiewe beskikbaarheid van ander plantkomponente.

Waarnemings tydens die studie dui daarop dat die verskillende plantkomponente (gras, opslag, asook smaaklike, minder smaaklike en onsmaaklike bossies) geselekteer word wanneer bulle aktief groei. Die nadelige invloed van beweiding op die plantegroei is die grootste indien die plante herhaaldelik gedurende bulle aktiewe groeiperiode bewei word. Herhaaldelike beweiding tydens die aktiewe groeiperiode kan daartoe lei dat die meerjarige plante agteruitgaan en moontlik heeltemal verdwyn. Dit kan maklik gebeur by 'n weistelsel waar 'n behoorlike rusperiode nie voorkom nie. Hierdie bevinding bevestig die noodsaaklikheid van die toepassing van so 'n weistelsel in die Karoo.

Daar is ook bevind dat veelading die botaniese samestelling van die dieet beïnvloed. Veelading was negatief gekorreleer met die smaaklike komponente en positief gekorreleer met die minder smaaklike en onsmaaklike komponente van die dieet. Die skape by al die veeladings selekteer waarskynlik aan die begin van die weiperiode dieselfde dieet. Die waarnemings in hierdie studie bevestig dat die skape by die ligter veeladings aan die einde van die weiperiode steeds die smaakliker komponente van die plantegroei benut het. In teenstelling daarmee bet die skape by die swaarder veeladings in daardie stadium hoofsaaklik die minder smaaklike komponente van die dieet benut, moontlik omdat die smaakliker plantkomponente reeds oor benut was. Indien dit die geval is, sal die swaarder veeladings 'n groter negatiewe invloed op die smaakliker plantkomponente as die ligter veeladings hê.

Die verskillende faktore wat dieetseleksie beïnvloed, is afhanklik van mekaar, wat veroorsaak dat dieetseleksie varieer namate een of meer van die faktore verander. Enige veldbestuurstelsel met lang rusperiodes behoort doeltreffende veldbestuur in die Dorre Karoo moontlik te maak. Lang rusperiodes verseker dat daar in die fisiologiese behoeftes van al die verskillende plantkomponente voorsien word, aangesien al die komponente die kans kry om 'n volle groeisiklus te voltooi, sonder die stremmende uitwerking van beweiding. Dit is egter baie belangrik dat die veelading in ooreenstemming moet wees met die weikapasiteit van die veld.

 

VERWYSINGS

ACOCKS, J.P.H., 1988. Veld types of South Africa. 3rd edition. Mem. Bot. Surv. S. Afr. 57. Botanical Research Institute, Department of Agricultural Development.

ANONIEM, 1986. Landbou‑ontwikkelingsprogram, Karoostreek. Departement van Landbou en Watervoorsiening.

ARNOLD, G.W., 1964. Some principles in the investigation of selective grazing. Proc. Aust. Soc. Anim. Prod. 5: 258-271.

BOTHA, P., 1981. Die invloed van spesieseleksie deur skape, beeste en bokke op die floristiese samestelling van gemengde karooveld. D.Sc‑proefskrif. PU vir CHO, Potchefstroom.

BOTHA, P., 1986. Die dieetseleksie van verskillende veerasse op gemengde Karooveld en die invloed daarvan op die veld. Karoo Agric 3(8): 24-26.

BOTHA, P., BLOM, C.D., SYKES, E. & BARNHOORN, A.S.J., 1983. A comparison between the diets of small and large stock on mixed Karoo veld. Proc. Grassld Soc. sth. Afr. 18: 101-105.

DONALDSON, C.H. & VORSTER, M., 1989. Veldbestuur in die Karoo. Weiding-'n strategie vir die toekoms. Departement van Landbou en Watervoorsiening, Pretoria.

GRAETZ, R.D., 1986. A comparative study of sheep grazing a semi‑arid saltbush pasture in two condition classes. Austr. Rangel. J. 8(1): 46-56

GRAETZ, R.D. & WILSON, A.D., 1980. Comparison of the diets of sheep and cattle grazing semi‑arid chenopod shrubland. Austr. Rangel. J. 2(1): 67-75.

HARRINGTON, G., 1979. The effects of feral goats and sheep on the shrub populations in a semi‑arid woodland. Austr. Rangel. J. 1(4): 334-345.

HEADY, H.F. & TORREL, D.T., 1959. Forage preferences exhibited [by sheep with oesophageal fistulus. J. Range Mgmt. 12: 28-43.

IMMELMAN, W.F., 1986. Dieetseleksie van verskillende rasse in die Noordweste. Ongepubliseerd.

LEIGH, J.H. & MULHAM, W.E., 1964. Dietary preferences of sheep in two semi‑arid pastoral eco‑systems. Proc. Aust. Soc. Anim. Prod. Vol V: 251-255.

MEYER, T.C., 1992. Weidingkapasiteitstudies op veld in die Dorre Karoo. M.Sc.-verhandeling, Universiteit van die Oranje- Vrystaat, Bloemfontein.

PETRIDES, G.A., 1975. Principal foods versus preferred foods and their relations to stocking rate and range condition. Bioi. Conserv. 7: 161-169.

PIEPER, R.D. & BECK, R.F., 1980. Importance of forbs on southwestern ranges. Rangelands 2(1): 35-36.

PRESSLAND, A.J., 1984. Productivity and management of western Queensland's rangelands. Aus!. Rangel. J. 6(1): 26-45.

ROUX P.W., VORSTER, M., ZEEMAN, P.J.L. & WENTZEL, D., 1981. Stock production in the Karoo Region. Proc. Grassld Soc. Sth. Afr. 16: 29-35.

VORSTER, M., 1982. The development of the Ecological Index Method for assessing veld condition in the Karoo. Proc. Grassld Soc. sth. Afr. 17: 84 -89.

VORSTER, M. & SYKES, E., 1986. The growth activity of a number of karoo plant species on six different habitats in the False Upper Karoo. Ongepubliseerd.

 

Published

Karoo Agric, Vol 5, No 2, 1993 (5-9)