Last update: August 12, 2011 02:57:50 PM E-mail Print

 

Die evaluasie van lusernkultivars in die Karoo

 

G. Jordaan, A.S.J. Barnhoorn en L.G. du Pisani

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, Privaatsak X529,

Middelburg KP, 5900

 

J. Pretorius

Cradock Proefstasie, Posbus 284, Cradock, 5880

 

Inleiding

Lusern is die belangrikste gewas wat onder besproeiing in die Karoo verbou word (Anoniem, 1991). Ongeveer 25 000 ha lusern word in die Visrivierbesproeiingskema verbou. 'n Verdere 30 000 ha word uit standhoudende boorgate en fonteine in die res van die streek besproei. Omdat die waterbronne redelik betroubaar is, lewer hierdie gewas 'n belangrike en onontbeerlike bydrae tot die stabilisering van veeboerderye in die Karoo.

Dit is dus belangrik om te weet watter kultivars by die Karoo se klimaat aangepas is. Lusernprodusente ly jaarliks groot verliese as gevolg van gesnyde lusern wat natreën en dan verrot. Daarom is dit belangrik dat die kultivars nie net ten opsigte van totale produksie geëvalueer word nie, maar ook ten opsigte van die seisoensverspreiding van produksie. Hierdie seisoensdroëmateriaalproduksie moet in verband gebring word met die seisoensverspreiding van reënval, sodat die kultivars met die grootste kans op sukses geïdentifiseer kan word.         

In hierdie artikel word die produksie-eienskappe van die kommersieel beskikbare kultivars wat in die Karoo geëvalueer is, aan die hand van bogenoemde bespreek.

 

Ondersoekprosedure

Twintig lusernkultivars (Tabel 1) wat in die handel beskikbaar is, is by twee lokaliteite in die Karoo, te wete Grootfontein LOI en die Cradock Proefstasie, onder snytoestande met mekaar vergelyk. Die verskillende domansieklasse waarin die kultivars gegroepeer is, is ook met mekaar vergelyk. Data afkomstig uit die eerste vier aanplantings van die Nasionale Lusernevaluasie-program is gebruik. Slegs 3 jaar se data is beskikbaar per aanplanting. Data wat vanaf 1986 tot en met 1990 ingesamel is, is gebruik.

Al die aanplantings is afsonderlik gesny. Sodra die laaste kultivar in 'n aanplanting begin blom bet, is al die persele gelyktydig meganies op 'n hoogte van 5 cm gesny. Geen snysels is gedurende die winter (Junie-Augustus) geneem nie. Gedurende die eerste seisoen na vestiging is die eerste snysel eers in September geneem.

Nadat die groenmateriaalproduksie per perseel bepaal is, is 'n grypmonster geneem (ongeveer 500 g) en die massa bepaal. Hierdie monster is 48 uur teen 70 0 C gedroog en die massa bepaal. Die data is gebruik om die droëmateriaalproduksie van elke perseel te bereken. Die gemiddelde produksie van elke kultivar oor die drie herhalings is ook bereken.

Die proewe is almal met drie herhalings aangeplant. Op Grootfontein is die bruto perseelgrootte 10 m2 en is 'n netto perseelgrootte van 9 m2 gesny. Op Cradock is die oppervlaktes onderskeidelik 7,44 m2 en 6 m2.

 

Resultate

Elke kultivar se droëmateriaalopbrengs is volgens seisoene ingedeel en bereken. Dit is jaarliks afsonderlik vir elke aanplanting bereken. Die seisoene is met inagneming van reënvalverspreiding op die twee lokaliteite soos volg verdeel:

Die langtermyn-gemiddelde maandelikse reënval vir die twee lokaliteite is ook volgens die seisoene bereken.

Jaarlikse droëmateriaalproduksie en seisoensverspreiding van produksie is onder besproeiingstoestande vergelyk. Die verskillende dormansieklasse is ook ten opsigte van die twee veranderlikes vergelyk.

 

Produksie per dormansieklas

Die verband tussen seisoensdroëmateriaalproduksie van die verskillende dormansieklasse en die seisoensverspreiding van die reënval op die twee lokaliteite is eerstens bepaal (Fig. 1 en 2).

 

 

Uit Fig. 1 en 2 is dit duidelik dat die nasomer Grootfontein se belangrikste reënseisoen is, terwyl Cradock se reënseisoen hoofsaaklik die voorsomer is. Dit is ook duidelik dat lusern se primêre produksieseisoen op albei lokaliteite saamval met die hoofreënseisoen. Die kans om 'n snysel te verloor omdat dit natgereën bet, is dus groot by albei lokaliteite.

Fig. 3 en 4 stel die seisoensdroëmateriaalproduksie asook totale droëmateriaalproduksie van die verskillende dormansieklasse voor.

 

Uit Fig. 3 en 4 is dit duidelik dat die seisoensproduksie van die klasse Die van mekaar verskil nie. Daar is wel betekenisvolle verskille in totale produksie. Die semi-dormante groep se produksie verskil op albei lokaliteite van die hoogs nie‑dormante en die nie-dormante groepe se produksie.

Nie een van die dormansieklasse is dus ten opsigte van seisoen van produksie beter aangepas as die ander nie. Die kans om 'n snysel te verloor omdat dit natgereën bet, is by almal ewe groot.

 

Produksie per kultivar

Die seisoensdroëmateriaalproduksie van die verskillende kultivars word in Fig. 5 en 6 aangetoon.

 

 

Dit is duidelik dat dieselfde tendens hier uitgebeeld word as wat die dormansieklasse weerspieël. Op Grootfontein produseer al die kultivars op hulle beste gedurende die nasomer terwyl bulle op Cradock die beste gedurende die voorsomer produseer. Dit is opvallend dat by altwee lokaliteite ongeveer 10 % van die produksie gedurende die winter (dormante seisoen), 30 % in die sekondêre produksieseisoen en 60 % in die primêre produksieseisoen gelewer word.

Dieselfde geld vir die kultivars as wat vir die dormansie-klasse geld. Daar is nie een lusernkultivar in die handel beskikbaar wat ten opsigte van produksieseisoen beter aangepas is as die ander Die. Die kans om 'n snysel te verloor omdat dit natgereën bet, is by almal ewe groot.

Fig. 7 en 8 beeld die totale jaarlikse droëmateriaal-produksie per kultivar uit.

Uit Fig. 7 en 8 is dit duidelik dat daar ten opsigte van totale produksie Die enige betekenisvolle (P#0,05) verskille tussen die kultivars voorkom nie. Dit is by altwee lokaliteite die geval. Daar is ook Die noemenswaardige verskille in produksie tussen die twee lokaliteite nie.

In Tabel 1 word 'n lys van die verskillende kultivars, met die ooreenstemmende syfers soos dit in Fig. 5 tot 8 gebruik word, gegee. Elke kultivar se dormansieklas word ook gegee.

 

Bespreking en gevolgtrekking

Die volgende kom na vore as die resultate van elke perseel waar die proewe gedoen is, afsonderlik bestudeer word. Eerstens is daar ten opsigte van seisoensproduksie-patrone nie enige noemenswaardige verskille tussen die verskillende dormansieklasse nie. Slegs ten opsigte van totale produksie is daar betekenisvolle (P#0,05) verskille tussen die dormansieklasse. Dit is egter slegs die semi-winter dormante groep wat van die ander verskil. Hierdie verskil kan waarskynlik toegeskryf word daaraan dat laepotensiaalkultivars lit hierdie groep geëvalueer is.

Tweedens is daar ten opsigte van seisoensproduksiepatrone nie enige noemenswaardige verskille tussen die verskillende kultivars nie. Daar is ook nie ten opsigte van totale produksie enige betekenisvolle (P#0,05) verskille nie.

Derdens is dit duidelik dat die reënseisoen die hoof-produksieseisoen is.

Wanneer die resultate van die proewe op Cradock en Grootfontein vergelyk word, is dit eerstens duidelik dat die reënseisoene verskil. Grootfontein se reën val hoofsaaklik gedurende die nasomer terwyl Cradock se reën hoofsaaklik in die voorsomer val. Dit lei dan daartoe dat lusern se hoof produksieseisoen op Grootfontein in die nasomer is en op Cradock in die voorsomer.

Tweedens is dit opvallend dat daar tussen Grootfontein en Cradock nie noemenswaardige verskille in die totale droëmateriaalproduksie van individuele kultivars voorkom nie.

Die Karooboer wat lusern wil vestig en voldoende besproeiingswater het. kies ' n kultivar wat aan sy behoeftes voldoen. Dit maak me eintlik saak in watter dormansieklas daardie kultivar val nie. Hierdie aanbeveling stem ooreen met Moore, soos aangehaal deur Van der Merwe (1993), wat op die Oos-Transvaalse Hoëveld bevind het dat dormansieklas geen invloed op lusern se droëmateriaal-produksie onder beweiding het nie.

Omdat daar nie betekenisvolle verskille (P#0,05) in die droëmateriaalproduksie van lusernkultivars onder optimale toestande voorkom nie, moet die volgende in ag geneem word wanneer tussen kultivars gekies word:      

 

VERWYSINGS

ANONIEM 1991. Landbou-ontwikkelingsprogram Karoostreek. Direktoraat Landbou‑inligting, Privaatsak X144, Pretoria 000 1.

CLAASSEN, J. 1993. Lusernkundigheid (4), Weibestandheid in die Winterreënstreek. Landbouweekblad 23 April 1993.

COETSEE, J. 1993. Lusernkundigheid (5), Presteerders in droë dele. Landbouweekblad 30 April 1993.

VAN DER MERWE, H. 1993. Lusernkundigheid (3), Wenner vir beweiding. Landbouweekblad 16 April 1993.

 

Published

Grootfontein Agric, Vol 1, No 1, 1995 (14-17), Handleiding 30ste Weidingsvereniging Suidelike Afrika kongres