Last update: August 12, 2011 03:34:29 PM E-mail Print

 

Die plaasbeplanningsituasie in vier voorligtingswyke van die Groot-Karoosubstreek

 

G.J. Kirsten

Posbus 66, Beaufort-Wes 6970

 

Inleiding

Die Groot-Karoosubstreek bestaan uit vyf voorligtingswyke. Slegs vier wyke wat bestaan uit twee landdrosdistrikte elk, is vir hierdie studie uitgesonder, naamlik Beaufort-Wes, Victoria-Wes, Fraserburg en Laingsburg. Die inligting vir die Jansenville wyk was ongelukkig nie beskikbaar nie. Die totale oppervlakte van die betrokke gebied is :I: 7,846 miljoen ha (LOP, 1986) en word in Tabel 1 aangedui.

Aangesien die substreek 'n ekstensiewe kleinvee-boerderygebied is, en weiveldbestuurspraktyke mettertyd 'n groot impak op die veldtoestand van die gebied sal hê, is dit noodsaaklik om van tyd tot tyd die plaasbeplanning-  situasie van die gebied in oënskou te neem. Vandaar dat hierdie opname gemaak is.

 

Prosedures

Volgens die beskikbare rekords is 1 687 veeplase in die substreek beplan. 'n Situasiebepaling is per voorligtingswyk en landdrosdistrik onderneem om vas te stel hoeveel weikampe per plaas opgerig is met die oog op die toepassing van goeie weiveldbestuurspraktyke.

 

Omdat daar in die algemeen aanvaar word dat minstens drie weikampe per veetrop in die Dorre Karoogebiede nodig is vir die toepassing van aanvaarde weiveldbestuurspraktyke (Donaldson & Vorster, 1989), is die getal kampe per plaaseenheid in intervalle van ses kampe verdeel om      dit te kan vergelyk. AIle lêers van beplande plase is per   landdrosdistrik op die wykskantore deurgewerk om plaaskaarte op datum te bring wat die oprigting van kampheinings betref. Die getal beplande en voltooide weikampe per plaas is op die plaaskaart getel en getabuleer.

 

Resultate

Die versamelde gegewens is ontleed ten opsigte van die totale getal beplannings wat gedoen is, die getal beplaninngs wat gedeeltelik uitgevoer is, die beplannings wat ten volle uitgevoer is en die totale plaasgroottes. Hierdie inligting is vervat in Tabel 2 tot 5.

 

 

Die besonderhede op distriksvlak is ook bereken maar vir die doel van hierdie bespreking is dit nie ter sake nie, omdat daar nie verwys word na situasieverskille tussen voorligtingswyke/landdrosdistrikte nie. Die gemiddelde groottes van weikampe per plaas bet ook slegs te make met die weiveldgedeelte van elke plaas aangesien lande/aangeplante weidings uitgesluit is.

 

Bespreking

Die algemene toestand van veldweiding in die RSA wek kommer. Daar word beweer dat slegs 10 % van die veldweiding as goed beskou kan word terwyl 30 % redelik en 60 % swak is (Van Niekerk, 1988). Die eerste Grondbewaringswet (Wet No. 45 van 1946) is reeds 48 jaar gelede op die wetboek geplaas, maar slegs op 56,6 % (955 plase) van die beplande plase in die substreek is alle voorgestelde kampheinings opgerig (Tabel 4). Die gemiddelde grootte van hierdie eenhede is 3 681 ha en selfs hierop is slegs sowat 11 kampe per plaas.           

Die gemiddelde weidingskapasiteit van die plase is sowat 29 ha/GVE (:f: 127 GVE/plaas). Daar kan gemiddeld vier veetroppe per plaas aangehou word. Vir die Karoo-streek is van drie tot ses kampe per veetrop aanvaarbaar vir die toepassing van aanvaarbare weiveldbestuurstelsels (Donaldson & Vorster). Daar is dus skaars die minimum getal weikampe op hierdie plase. Die gemiddelde kampgrootte is 335 ha. Die anomalie bestaan verder dat hoe kleiner die plase is, hoe groter is die weikampe en hoe minder kampe is daar per veetrop. Dit beteken dat op die kleiner plase feitlik geen kampe afgesonder kan word vir 'n rustyd gedurende die groeiseisoen nie en dat swak beweidingstelsels noodwendig toegepas word.

Word daar gekyk na die totale beplanningsituasie (Tabel 2), blyk dit dat daar in die eerste plek nie vir voldoende kampe voorsiening gemaak is nie. Dit is opvallend dat hoe kleiner die plase is, hoe groter is die voorgestelde kampe. Dit dui op swak en/of verouderde beplannings.

Net meer as 87 % van die totale oppervlakte van die substreek is beplan. Staatsgronde beslaan ongeveer 2,0 %, wat beteken dat ongeveer 11 % van die substreek se oppervlakte (plase) glad nie beplan is nie of dat geen    inligting daarvoor beskikbaar is nie.

 

Gevolgtrekkings

Byna 21 % van aIle plaasbeplannings in die substreek maak voorsiening vir slegs ses of minder weikampe. In hierdie gevalle kan beswaarlik enige weidingstelsel toegepas word.

Hoe kleiner die plase, vir hoe minder kampe per plaas word in die beplanning voorsiening gemaak en hoe groter is die kampe. Dit dui op swak en/of verouderde beplannings.  

Op slegs 955 (56,6 %) van die beplande plase, wat maar 45,9 % van die totale oppervlakte veldweiding van die gebied uitmaak, is aIle voorgestelde binnekampheinings opgerig. Die gemiddelde grootte van hierdie plase is 3 681 ha. Die totale getal bestaande kampe per plaas is 11 met 'n gemiddelde grootte van 335 ha per kamp. Dit verteenwoordig skaars die absolute minimum getal benodigde kampe vir 'n aanvaarbare beweidingstelsel.    

By die 1 687 beplande plase (Tabel 2) is voorsiening gemaak vir 13 kampe per plaas van gemiddeld 308 ha elk, wat ook maar net die minimum getal benodigde kampe is. Op 43,4 % van hierdie eenhede is die voorgestelde heinings nie almal opgerig nie, wat beteken dat daar Die voldoende weikampe bestaan vir die implementering van 'n goeie weiveldbestuurstelsel nie.

Hieruit moet afgelei word dat landbouvoorligters en bewaringskomitees Die daarin kon slaag om byna die       helfte van die boere te oorreed om voldoende fisiese fasiliteite op te rig vir die optimale benutting van die natuurlike veld Die. In baie gevalle waar beplannings wel ten volle uitgevoer is, is met die aanvanklike beplanning Die vir voldoende weikampe voorsiening gemaak nie.

Die vordering met die daarstelling van die nodige weiveldbenuttingswerke was nie na wens nie, die staatsubsidies ten spyt. Dit kan waarskynlik aan die volgende faktore toegeskryf word:

 

Aanbevelings

  1. Landbouvoorligters moot op wyksvlak plase wat nie na behore beplan is nie, identifiseer sodat die betrokke eienaars oorreed kan word om hul plase volgens die jongste norme te laat herbeplan.           
  2. Bewaringskomitees en studiegroepe moet die korrekte beplanning van plase as 'n hoë prioriteit op hul programme ter bevordering van aanvaarde weiveld-bestuurspraktyke plaas.
  3. Die gesindheid van aIle grondgebruikers jeens die optimale benutting van die natuurlike landbouhulpbronne moet deurlopend reggestel word.  
  4. Die deurlopende instandhouding van finansiële hulpmaatreëls om boere te motiveer om die fisiese fasiliteite op te rig wat goeie veldbestuur moontlik maak, moet as 'n hoe: prioriteit beskou word.
  5. Gebiedsnorrne betreffende die grootte van veetroppe, die getal kampe per trop en gevolglik aanvaarbare kampgroottes moet meer aandag geniet.
  6. Weikapasiteit moot op plaasvlak bepaal word. Die gehalte van natuurlike veld kan aansienlik van plaas tot plaas verskil weens die verskille in grond, klimaat, topografie ensovoorts.

 

VERWYSINGS

LANDBOU-ONTWIKKELINGSPROGRAM 1986. Karoostreek. Departement van Landbou en Watervoorsiening.

DONALDSON, C.H. & VORSTER, M. 1989. Weiding - 'n Strategie vir die toekoms: Veldbestuur in die Karoo. Departement van Landbou en Watervoorsiening.

VAN NIEKERK, A.I. 1989. Praatjie op Landbouradio, 1989-08-10.

 

Published

Grootfontein Agric, Vol 1, No 1, 1995 (20-22)