Last update: December 1, 2010 03:21:49 PM E-mail Print

 

REPRODUKSIE : DIE SLEUTEL TOT EKONOMIESE OORLEWING

 

MA Snyman & MJ Herselman

 


1.  INLEIDING

Die doel van hierdie artikel is om die belangrikheid van reproduksie as eienskap wat winsgewendheid by alle skape bepaal, te beklemtoon en om metodes te bespreek waardeur reproduksie van kleinveekuddes verhoog kan word. Alhoewel hierdie ‘n ou onderwerp is, is dit tog verbasend om te sien hoe min aandag reproduksie in die praktyk geniet. Die volgende aspekte sal breedvoerig bespreek word:

 

2.  BELANGRIKHEID VAN REPRODUKSIE

Dit is belangrik om onderskeid te tref tussen reproduksie per ooi en reproduksie per kudde. Waar reproduksie met meerlinggeboortes verband hou beteken verhoogde reproduksie per kudde nie noodwendig ‘n drastiese verhoging in die aantal tweelinge van die kudde nie. Reproduksie per kudde kan grootliks varieer na gelang daar meer of minder oorslaanooie in die kudde voorkom. Alhoewel tweelinge onder sekere toestande as ongewens beskou word, is dit belangrik om kennis te neem dat sekere ooie beter in staat is om tweelinge groot te maak as wat ander ooie in staat is om ‘n eenling groot te maak.

 

2.1  Komponente van reproduksie

Reproduksie is ‘n saamgestelde eienskap wat gewoonlik gemeet word in terme van ooiproduktiwiteit of te wel massa lam gespeen per ooi. Reproduksie bestaan uit twee komponente, naamlik, aantal lammers en kwaliteit van die lammers. Afgesien van omgewingstoestande word die aantal lammers hoofsaaklik deur hormone gereguleer. Die afskeiding van hierdie hormone deur diere kan d.m.v. teling verander word. Die kwaliteit van lammers word bepaal deur melkproduksie en die groeitempo van die lammers.

 

2.2  Voordele van verhoogde reproduksie

Verhoogde inkomste:

Die mees voor die handliggende voordeel van verhoogde reproduksie by alle skaaprasse is verhoogde vleisinkomste. Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat selfs by Merinoskape meer as 50% van die totale inkomste afkomstig is uit die vleiskomponent soos wat duidelik na vore kom uit Figuur 2. Uit Figuur 1 is dit duidelik dat  by Merinoskape met ‘n lampersentasie van 100% ongeveer 65% van die inkomste uit die verkoop van lewendehawe afkomstig is. By dubbeldoelrasse en vleisskape is die belangrikheid van reproduksie vanselfsprekend nog groter.

 

 

 Figuur 2    Inkomstebronne van Merinoskape

 

Beter seleksiemoontlikhede:

Hoe hoër die reproduksietempo hoe meer vervangingsdiere is op seleksieouderdom beskikbaar en hoe strenger kan daar gevolglik gesellekteer word. Dit bring mee dat daar vinniger genetiese vordering gemaak kan word.

 

3.  DIE IDEALE OOI     

3.1  Kenmerke van die ideale ooi

Die ideale ooi is ‘n ooi wat

 

3.2  Waar kry ek die ideale ooi

Ander rasse?:

Boere oorweeg dikwels om na ander rasse oor te skakel omdat die ras waarmee hulle boer nie na wense produseer nie. Verder hou dit ook dikwels verband met periodes waarin die prys van sy produk onder druk verkeer. Byvoorbeeld, wanneer wolpryse laag is, oorweeg sommige boere dit baiekeer om na vleisskape oor te skakel omdat die vleisprys op daardie tydstip byvoorbeeld hoog is. In baie gevalle is daar addisionele druk op die boer vanweë finansiële verpligtinge ens. In ander gevalle waar vleispryse onder druk is, word rasse soos Angorabokke of vetstertrasse soms ook oorweeg. Die feit is egter dat daar al baie oor die ekonomie van verkillende rasse geargumenteer is maar nog nooit tot ‘n gevolgtrekking gekom kon word nie. Die rede hiervoor is doodeenvoudig dat daar oor die langtermyn min verskille in die winsgewendheid van verskillende kleinveerasse is. So byvoorbeeld is wolskape en vleisskape ongeveer ewe winsgewend wanneer die skoonwolprys twee keer hoër is as die vleisprys. Oor die langtermyn is hierdie wol:vleisprysverhouding toevallig ongeveer 2:1 wat meebring dat die twee tipes oor die langtermyn ongeveer ewe winsgewend is. Dit moet verder gemeld word dat boere besonder bewus is wanneer een tipe boerdery meer winsgewend is as ander. Met ander woorde as een ras meer winsgewend was as ‘n ander sou meeste boere reeds met dieselfde ras geboer het.  Daar moet dus tot die gevolgtrekking gekom word dat deur oor te skakel na ‘n ander ras jou uit geen finansiële krisis sal red nie.

 

Kruisteling:

Soos in die geval van rasverandering, is kruisteling geen kitsoplossing tot verhoogde winsgewendheid nie.

 

Ander kuddes:

Alhoewel produktiwiteit in sekere kuddes aansienlik hoër kan wees as in ander, is dit nie maklik om van jou onproduktiewe kudde ontslae te raak en iemand anders se produktiewe kudde te koop nie. Die feit is egter dat die hoë produktiwiteit in ‘n spesifieke kudde die gevolg is van goeie bestuur en al sou jy so ‘n kudde bekom en nie dieselfde vlak van bestuur handhaaf nie, daardie kudde progressief sal verswak. Soos wat in die volgende paragrawe aangetoon sal word, is die slotsom dat jy eerder met goeie bestuur en seleksie jou huidige onproduktiewe kudde moet verander na ‘n produktiewe kudde.

 

Binne jou eie kudde:

Soos wat in Tabel 1 aangetoon word is daar binne elke kudde van elke ras ideale en minder ideale ooie. Uit Tabel 1 is dit duidelik dat, in alle kuddes, die beste ooie twee tot drie keer meer geld inbring as die swakste ooie. Van die mees insiggewende waarnemings is die feit dat alhoewel die beste ooie telkens elke jaar tweelinge gehad het, die speenmassa van hul lammers deurgaans hoër was as dié van die eenlinge van die swake ooie. Met ander woorde, binne in elke kudde bestaan daar ooie wat ‘n tweeling net so goed of selfs beter kan grootmaak as wat ander ooie ‘n eenling kan grootmaak.  

 

 Tabel1    Reproduksie van ooie wat reeds vier keer by die ram was soos gemeet in verskillende kuddes

 

 

Carnarvon Afrino’s

Carnarvon Dorpers

Cradock Merino’s

Tien

Swakstes

Tien

Bestes

Twintig

Swakstes

Twintig

Bestes

Tien

Swakstes

Tien

Bestes

Lammers gebore/ooi

3.4

7.4

2.6

7.1

4.5

7.7

Lammers gespeen/ooi

3.2

7.2

2.0

6.9

2.9

7.5

Speenmassa (kg/lam)

29.8

29.9

26.9

27.9

22.8

25.7

Speenmassa (kg/ooi)

95.2

215.0

53.8

192.3

66

193

Inkomste (R/ooi)

R 640

R 1445

R 369

R 1319

R 397

1157

 

In Figuur 3 word die verspreiding van ooie volgens reproduksie aangetoon. Hieruit is dit duidelik dat die meeste ooie romdom die gemiddelde produseer maar dat daar ook ‘n proporsie is wat baie swakker en baie beter as die gemiddelde produseer. Indien die ooie wat byvoorbeeld minder as 110 kg lam oor vier jaar geproduseer het uitgegooi sou gewees het sou die gemiddelde produksie van die oorblywende ooie aansienlik hoër gewees het. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat elke kudde die potensiaal het om ‘n hoog produktiewe kudde te wees as metodes in werking gestel word om soveel as moontlik van die onproduktiewe ooie so vroeg as moontlik te prul.

 

Figuur 3          Die verspreiding van ooie volgens reproduksie

 

3.3  Metodes om ‘n ideale kudde op te bou

Soos reeds in die voorafgaande gedeelte gemeld is, kan ‘n ideale kudde verkry word deur die nie-ideale ooie (lae produseerders) uit te prul. Daar bestaan verskillende metodes om van onproduktiewe ooie ontslae te raak. Sommige van hierdie metodes is maklik maar die heel doeltreffendste metodes verg ‘n redelike mate van rekordhouding om suksesvol te wees. Gevolglik sal verskillende aspekte bespreek word wat oorweeg kan word om produktiwiteit in die kudde te verhoog.

 

Uitskot van ou-ooie:

Sommige boere is steeds van mening dat ooie solank as moontlik in die kudde moet bly. Hierdie standpunt het sy oorsprong in die waarneming dat ou-ooie gewoonlik  minder oorslaan. Dit is egter oor en oor bewys dat ooie na hulle sesde tot sewende lewensjaar aansienlik minder kg speenlam begin produseer (sien Figuur 4a), hoofsaaklik omdat sy nie meer in staat is om ‘n lam ordentlik groot te maak nie. Hierbenewens, daal wolproduksie per ooi ook soos wat ouderdom toeneem (Figuur 4b). Dit is dus nie raadsaam om meer as vier tot vyf ooi-ouderdomsgroepe op die plaas aan te hou nie.

Aanbeveling vir praktyk:  Slyt-ooie moet jaarliks na speen geprul word.

                                   A                                                                             B  

             

Figuur 4  Die invloed van ooi-ouderdom op ooiproduktiwiteid (a) en skoonwolproduksie (b)

 

Prul jong-ooitjies wat oorslaan:

indien ‘n jong-ooi na haar eerste lamkans oorslaan, is sy geneig om later in haar lewe weer oor te slaan. Hierdie is ‘n waarneming wat by alle skaaprasse voorkom en word in Tabel 2 vir die Carnarvonse Afrinokudde aangetoon. Uit Tabel 2 is dit duidelik dat ‘n jongooi wat oorslaan geneig is om later in haar lewe ook aansienlik swakker te produseer. Uitsonderings kom egter voor. 

Aanbeveling vir praktyk:  Paar meer jongooitjies as wat nodig is vir vervanging - gooi net defnitiewe prulle en heel ligstes uit. Na eerste lamkans moet alle jongooie wat oorgeslaan het ook geprul word indien moontlik.

 

Tabel 2    Produksie van die Carnarvonse Afrino-ooie tydens hul eerste lamkans en daaropvolgende 4 lamkanse

Aantal lammers

1ste lamkans

 

Produksie tydens 2de, 3de, 4de en 5de lamkanse

Aantal Lammers

Kg speenlam

Inkomste-verskil

0

4.67

143.4

 

1

6.11

159.8

+ R 110

2

6.74

189.5

+ R 310

 

Wet & Dry Metode:

Indien nog te veel ooie oor is nadat die slyt-ooie en oorslaan jongooitjies uitgeskot is, kan ander oorslaan ooie ook uitgeskot word. Sulke ooie kan na lamtyd geidentifiseer word deur vas te stel of hulle ‘n lam soog of nie.

 

Gebruik ooiproduktiwiteitsrekords:

Soos reeds aangedui, is ooiproduktiwiteit die produk van die aantal lammers van die ooi en die groeiprestasie van haar lammers. Alhoewel die insameling van hierdie data hoofsaaklik aan telers aanbeveel word, kan dit deur enige produsent wat daaroor beskik, gebruik word vir pruldoeleindes van swak ooie.       

 

4.  DIE IDEALE RAM

Bogenoemde aanbevelings om reproduksie van die ooikudde te verhoog het ten doel om die winsgewendheid van die huidige kudde te verbeter maar dra relatief min by tot geneties verandering. Hierteenoor, het die ram wat in jou kudde gebruik word ‘n baie groter effek op die langtermyn genetiese verandering in jou kudde. Dit is dus vanselfsprekend dat versigtig te werk gegaan moet word wanneer ramme aangekoop word. Die volgende paar beginsels moet in gedagte gehou word:

 

 

4.1  Koop ram by geskikte teler

Ramme moet aangekoop word by telers wat:

 

4.2  Gebruik van rekords

Kommersiële boere moet:

 

Tabel 3    Betekenis van indekse en teelwaardes

 

Betekenis

Speenindeks van 105

Die dier self was 7 % swaarder as die gemiddelde van die groep bv. Gewig van dier = 21 kg en Gem gewig van groep = 20 kg

Skoonwolindeks van 95

Die skoonwolgewig van die dier was 5 % laer as die van die gemiddelde van die groep 

Ram met ‘n Teelwaarde van  +3.5 kg vir speenmassa

Ram se nageslag sal 3.5/2 = 1.75 kg swaarder op speenouderdom wees as die huidige gemiddelde van die kudde

 

4.3  Algemene wenke oor ramme

 

5.  OPSOMMING

Aangesien reproduksie die belangrikste eienskap van kleinvee is wat winsgewendheid bepaal, is dit van kardinale belang op pogings aan te wend op reproduksie van u kudde te verhoog. Onthou - ‘n ideale ooi is ‘n oooi wat gereeld lam. Verder moet versigtig te werk gegaan word tydens die aankoop van ramme omdat ‘n fout in hierdie verband permanent van aard kan wees.