Last update: August 12, 2011 02:45:24 PM E-mail Print

 

Beraming van weidingsindekswaardes vir Karooplantspesies

P.C.V. DU TOIT, W. VAN D. BOTHA, D.J. OLIVIER, C.D. BLOM, E.M. MEYER, H.R. BECKER & G.Z.J. BARNARD

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut

Privaatsak X529, Middelburg

5900

 

INLEIDING

Die Ekologiese Indeksmetode (ElM) wat deur Vorster (1982) beskryf is, word tans in die Karoo gebruik om weikapasiteite te beraam. Indekswaardes is op 'n groepsbasis aan die Karooplantspesies toegeken (Blom, ongepubliseerde verslag, 1981). Dit het aanleiding gegee tot 'n diskontinue reeks van ekologiese indekswaardes (EIW) van la, 7, 4 en 1. Die groepsklassifikasie is gebaseer op die ekologiese belangrikheid van die grasse, terwyl die karoobossies ingedeel is volgens hulle relatiewe smaaklikheid. Hierdie EIW is gebruik in die berekening van 'n veldtoestandindeks. Die veldtoestandindeks is 'n indeks van die gesondheidstoestand van die betrokke stuk veld en verwys na die vermoë van die stuk veld om weidende diere te onderhou (Tainton, 1981).

Navorsing deur Botha (ongepubliseerde verslag, 1991) het aan die lig gebring dat die EIW soos tans gebruik om die veldtoestandindeks te bereken, oënskynlik aanleiding gee tot die oor- en onderberaming van die huidige weikapasiteit.

Die opstelling van 'n enkele reeks indekswaardes wat op verskillende veranderlikes vir verskillende plantgroepe gebaseer is, is aanvegbaar. Die grootste nadeel lê egter in die feit dat die reeks dit onmoontlik maak om die weidingswaarde van naverwante spesies waarvan die weidingswaardes verskil, te onderskei. In 'n poging om hierdie oënskynlike tekortkominge uit die weg te ruim, is indekswaardes vir die algemene plantspesies in die Karoo beraam. Plantspesies is op 'n spesie-vir-spesiebasis met mekaar vergelyk.

Die doel van hierdie mededeling is om:

 

METODE

'n Aantal navorsers en voorligtingsbeamptes het die weidingsindekswaardes van daardie plantspesies wat die meeste in plantopnames in die Karoo voorkom, volgens die werkswyse van die nominale groepstegniekbenadering, beraam. Om te verseker dat die beramings eenvormig gedoen word en dat die beramings vergelykbaar is, is elke spesie op grond van die volgende veranderlikes beoordeel:

  1. Die vermoë van die plantspesie om voer te produseer, m.a.w. die hoeveelheid weibare droëmateriaal wat per jaar geproduseer word. (Plante met 'n lae produksie sal 1 tel, terwyl plante met 'n hoë produksie 10 tel.)
  2. Die voedingswaarde van die geproduseerde droëmateriaal tydens die groeiseisoen. (Spesies met 'n lae voedingswaarde tel 1, terwyl plante met 'n hoë voedingswaarde 10 tel.)
  3. Die voedingswaarde van die geproduseerde droëmateriaal tydens die dormante seisoen (soos in 2).
  4. Die relatiewe gemak waarmee die spesies bewei kan word, m.a.w. die teenwoordigheid of afwesigheid van dorings speel hier In rol. (Harde, sklerofille plante met harde dorings tel 1, terwyl plante met sagte blare en sonder dorings 10 tel.)
  5. Meerjarigheid. (Eenjarige plante tel 1 terwyl sterk meerjarige plante 10 tel.)
  6. Die vermoë van die plant om die grond teen oppervlakerosie te beskerm. (Regopgroeiende karoobossies het In lae puntetelling, terwyl neerliggende bossies In hoër, maar intermediêre puntetelling het. Eenjarige pioniergrassies  tel 1, terwyl meerjarige grasse, afhangende van hulle produksievermoë en groeiwyse, meer tel. Polvormende grasse het In intermediêre puntetelling as gevolg van die kanaliserings-effek wat hulle op afloopwater, wat erosie kan bevorder, het. Sooivormende grasse tel 10.)

Die deelnemers het die spesies volgens hulle persoonlike kennis en ondervinding van daardie betrokke spesies beoordeel. Elke veranderlike is uit 10 beoordeel. Die verskillende deelnemers se tellings vir 'n besondere spesie is bymekaar getel en die gemiddelde van al die deelnemers se tellings is bereken. Een standaardafwyking is vir elke spesie se gemiddelde telling bereken. Waardes wat buite een standaardafwyking geval het, is verwerp en 'n nuwe gemiddeld is bereken. In die geval van byvoorbeeld Tetrachne dregei, was die deelnemers se tellings onderskeidelik 10,10,9,7,10,10,8,6 en 10. Die rekenkundige gemiddeld is 9,7. Omdat 8,6 buite een standaardafwyking val, word die telling dus buite rekening gelaat by die berekening van die nuwe gemiddeld. Die nuwe gemiddeld is nou 9,95, of vereenvoudig tot een desimale plek, 10. Hierdie telling word aanvaar omdat Tetrachne 'n digte sooivormende gras is met 'n hoë produksie, goeie grondbeskermingseienskappe en ‘n hoë voedingswaarde. Volgens konsensus verteenwoordig dit die beste wat verkrygbaar is. AIle gemiddelde puntetellings van die spesies is op die wyse verwerk en die tellings is vervolgens aanvaar of verwerp. Verwerpte puntetellings is met die puntetellings van verwante spesies vergelyk; waarna hulle op In konsensusbasis aangepas is. In die geval van probleemplante, byvoorbeeld gif- en indringerplante, is In faktor in berekening gebring om die puntetelling van die betrokke spesies te beswaar. Na hierdie finale puntetellings van die spesies word verwys as die weidingsindekswaardes (WIW).

 

RESULTATE

Indekswaardereekse

Die diskontinue EIW reeks van 10, 7,4 en 1, verander nou na In aaneenlopende WIW reeks van 0,5-10. Die grasse het indekswaardes wat varieer tussen 0,8-10, terwyl die karoobossies se indekswaardes tussen 0,5-7,7 varieer. Dit is algemeen bekend dat nie aIle klimaksgrasse dieselfde weidingswaarde het nie. Die klimaksgrasse het nou indekswaardes wat varieer tussen 6-10, in plaas van die indekswaarde van 10 wat vroeër gebruik is.

 

Vergelyking van die weidingsindekswaardes van verwante spesies

Die aaneenlopende reeks weidingsindekswaardes maak dit moontlik om 'n fyn- onderskeid te tref tussen naverwante spesies met verskillende weidingswaardes (vgl. Tabel 1) en om uiteindelik ‘n noukeuriger veebelading te beraam.

 

 

 

Die waarde van die aanpassings blyk duidelik wanneer naverwante spesies in die genus Pentzta met mekaar vergelyk word. In terme van die standaard Pentzta waarna gewoonlik verwys word. Pentzta incana (ankerkaroo), met In EIW van 4, is die naverwante Pentzta punctata nie so swak as wat die EIW van 1 aangedui het nie. Die twee spesies kon om ooglopende redes egter nie in dieselfde kategorie ingedeel word nie. Op dieselfde wyse is die insluiting van Pentzta sphaerocephala (EIW 7) in 'n hoër kategorie as Pentzta incana. geregverdig, maar die verskil in weidingswaarde is nie so groot as wat die EIW vantevore aangedui het nie.

 

Veldtoestandtellings

Die waarde van die aanpassings wat in die indekswaardes gemaak is, blyk duidelik wanneer die veldtoestandindeks wat met beide die EIW en die WIW bereken is, met mekaar vergelyk word (Tabel 2). Veldtoestandindeks is vir 510 persele bereken. Hierdie persele verteenwoordig 14 distrikte uit agt van die nege agro-ekologiese gebiede waarin die Karoo verdeel is. Een gemiddelde veldtoestandindeks is vir elk van die 14 distrikte bereken en hierdie tellings is gepas op die mediaan-reënval en die toegepaste veebeladings wat vir die distrikte aangeteken is (Botha, ongepubliseerde data, 1991). Die passing van die regressie van die veldtoestandtellings op reënval is beter waar die veldtoestandtellings met behulp van die WIW bereken is (r2 = 0,8653 en die indeks van ooreenstemming, d =0,9285) (Willmot, 1982), as waar die veldtoestandtellings met behulp van die ElW bereken is (r2 = 0,7738 en die indeks van ooreenstemming, d = 0,8468) (vgl. Fig. 1 en 2). Dieselfde geld vir die regressies van veldtoestandtellings op die toegepaste veebeladings. Hoewel die indeks van ooreenstemming konvergensie tussen die WlW en ElW aandui (d = 0,9632 en r2 = 0,9455), is dit duidelik dat 'n klein aanpassing in die weidingswaardes, 'n groot invloed op die passing van die veldtoestandtellings en die toegepaste veebelading het. In die geval van die ElW is die indeks van ooreenstemming d = 0,0439 en r2 = 0,6874, maar in die geval van die WlW, is die indeks van ooreenstemming d = 0,0481 en r2 = 0,8193. Die passing van die regressie van WlW veldtoestandtelling op die toegepaste veebelading verbeter met 13 % bo die ElW.

 

 

 

KLIMAKSGRASVELD

In gebiede waar klimaksgrasse die botaniese samestelling domineer, word die huidige weikapasiteit skynbaar deur die EIW oorberaam. Dit is 'n dir6kte gevolg van die hoë EIW wat aan klimaksgrasse toegeken was. Gebiede wat 'n hoë klimaksgrastelling het, het hoë berekende veldtoestandindekse en gevolglik hoë beraamde weikapasiteite. Daar is gevind dat die veldtoestandindeks van hierdie gebiede relatief ver bo die regressielyn van veldtoestandindeks op reënval Iê In Fig. 1 word die regressie van veldtoestandindeks, wat met behulp van die EIW bereken is, op reënval aangetoon. Wanneer die WIW in die berekening van die veldtoestandindeks gebruik word, word 'n regressie van veldtoestandindeks op reënval met In bale beter passing verkry (Fig. 2 en Tabel 2).

 

Die groot invloed wat die klimaksgrasse op die beraamde weikapasiteit het, is ooglopend. In klimaksgrasveldgebiede is die berekende weikapasiteit hoog wanneer die EIW in die berekening van die veldtoestandindeks gebruik word. Dit het tot die aanname dat In hoë veebelading toegepas kan word. aanleiding gegee. Wanneer die WIW in die berekening van die veldtoestandindeks gebruik word. is die beraamde weikapasiteit laer wat die noodsaaklikheid beklemtoon dat 'n ligter veebelading toegepas moet word.

 

KAROOBOSSIEVELD

Die veldtoestandindekse wat met behulp van die EIW verkry is en waar karoobossies die dominante plantegroei is, Iê relatief na aan die regressielyn van veldtoestandindeks op reënval. Wanneer die W1W in die berekening van die veldtoestandindeks gebruik word, lei dit tot In hoër berekende weikapasiteitsyfer.

 

Spesielys met die voorgestelde Weidingsindekswaardes

'n Lys van 714 algemene plantspesies wat in die Karoo voorkom. met hulle beraamde W1W. Word in Tabel 3 getoon. Die nomenklatuur wat in die lys gebruik is. volg die van Gibbs Russell. Reid. Van Rooy & Smook (1985), Gibbs Russell, WeIman, Retief, Immelman. Germishuisen. Pienaar, van Wyk & Nicholas (1987) en Gibbs Russell. Watson, Koekemoer. Smook, Barker, Anderson & Dallwitz (1990). By 'n aantal spesies word daar twee verskillende waardes vir dieselfde spesie gegee. Die rede is dat daar ook na sinonieme van daardie spesie verwys word. Die huidige nomenklatuur beskou Pentzia lanata as In sinoniem van Pentzia spinescens. maar volgens gebruik in die Karoo is die twee spesies verskillend. In die geval van Pentzia lanata is die waarde 5,7-dit is hoër as die waarde van 4.8 wat op Pentzia spinescens van toepassing is. Dieselfde redenasie geld ook vir 'n paar ander spesies. soos bv. Eriocephalus ericoides en Rosenia humilis.

 

GEVOLGTREKKINGS

Veldtoestandindekse wat met behulp van die WIW bereken is, pas beter in die regressie van veldtoestandindeks op reënval. as wanneer die EIW in die berekenings gebruik word (vgl. Fig. 1 en 2). Veldtoestandindekse wat met behulp van beide die EIW en die WIW bereken is, is met mekaar vergelyk. Die veldtoestandindekse vir vier persele afkomstig uit drie agro-ekologiese gebiede word in Tabel 2 vergelyk. Die tellings vir die klimaksgrasveldgebiede is laer as vantevore en stel 'n ligter veebelading voor, terwyl die tellings vir karoobossieveld effens hoër is en die veld gevolglik 'n hoër weikapasiteit het.

Die metode waarvolgens die WIW beraam is, kan maklik en suksesvol toegepas word vir spesies wat nie tans in die lys ingesluit is nie. Deur die weidingsindekswaarde van naverwante spesies in berekening te bring, kan die relatiewe weidingsindekswaarde van enige spesie maklik bereken word.

 

Tegnies 5 - 14

 

VERWYSINGS

GIBBS RUSSELL. G.E., REID. C., VAN ROOY. J. & SMOOK. L. 1985. List of species of southern African plants.Recent literature and synonyms. 1. Cryptogams. Gymnosperms, Monocotyledons. 2e uitg. Pretoria: Staatsdrukker. (Memoirs of the Botanical Survey of South Africa: no. 51).

GIBBS RUSSELL. G.E., WELMAN. W.G., RETIEF. E., IMMELMAN. K.L., GERMISHUISEN. G., PIENAAR. B.J., VAN WYK. M. & NICHOLAS. A. 1987. List of species of southern African plants. Recent literature and synonyms. 2. Dicotyledons. 2e uitg. Pretoria: Staatsdrukker. (Memoirs of the Botanical Survey of South Africa: no. 56).

GIBBS RUSSELL. G.E., WATSON. L., KOEKEMOER. M., SMOOK. L., BARKER. N.P., ANDERSON. H.M. & DALLWITZ. M.J. 1990. Grasses of southern Africa. Pretoria: Staatsrukker. (Memoirs of the Botanical Survey of South Africa: no. 58).

TAINTON. N.M. 1981. The ecology of the main grazing lands of South Mrlca. In Veld and Pasture Management in South Africa. geredigeer deur N .M. Tainton. Pletermaritzburg: Shuter & Shooter.

VORSTER. M. 1982. The development of the Ecological Index Method for assessing veld condition In the Karoo. Handelinge van die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika. 17: 84-89.

WILLMOT. C.J. 1982. Some comments on the evaluation of model performance. Bulletin American Meteorological Society. 63: 1309-1313.

 

 

Published

Staatsdrukker,Pretoria Tegniese mededeling no 239 P 1 -15