Last update: January 18, 2011 08:42:02 AM E-mail Print

 

Die weidingsindekswaarde-tegniek van weikapasiteitberaming: (3) Tegniekevaluasie

 

P.C.V. du Toit

Grootfontein Landbou‚ÄĎontwikkelingsinstituut,

Privaatsak X529, Middelburg (OK) 5900


 


Inleiding

 

Die weikapasiteit van karooveld word sedert die tagtiger-jare met behulp van die ekologiese indeksmetode (EIM) van Vorster (1982) beraam. Die uitgangspunt van hierdie tegniek is dat weikapasiteit afgelei kan word van die grootte van die plante, die hoeveelheid plante per eenheidsoppervlakte, asook die ekologiese waarde van die grasse en die relatiewe aanvaarbaarheid van die karoobossies vir herkouers. Vir hierdie doel is alle karooplante in een van 4 groepe ingedeel, naamlik 10,7,4 of 1. 'n Plant in groep 10 maak sodoende 'n tien maal groter bydrae tot die berekende weikapasiteit, as 'n plant van dieselfde grootte in groep 1. , Mettertyd is bevind dat hierdie diskontinue waarde-toekennings aan die plante (10,7,4 en 1) nie altyd die korrekte weikapasiteitberamings tot gevolg het nie. Gevolglik het Du Toit et a1. (1955), op ‘n subjektiewe basis, aaneenlopende waardes (tussen 0,1 en 10) aan alle karooplante toegeken, wat meer akkurate weikapasiteitberamings tot gevolg gehad het. Omdat hierdie waardes steeds subjektief van aard was, is besluit om 'n rekenaarmodel te ontwikkel waarmee die waarde van plante objektief van hulle grootte, weibare voerproduksie en kwaliteit (Ca, K, Mg, N, vesel en eterekstrak) beraam kan word.

In hierdie artikel word die gebruik en nut van die waardes wat objektief beraam is, gedemonstreer.

 

Metode en bespreking

Plantopnames is oor 'n tydperk van 10 jaar, in die verskillende agro-ekologiese gebiede van die Karoo gemaak, om die toegepaste veebeladings, indekse van veldtoestand en die huidige weikapasiteite te monitor (Botha 1992). Die weidingsindekswaardes wat volgens

die verskillende modelle beraam is (Vorster 1982; Botha et a1. 1993; Du Toit et a1. 1995; Du Toit 1996), is gebruik om op die resultate van die plantopnames toe te pas (Du Toit 1995, 1996). Die resultate van die berekenings verskyn in Tabel4.

Die kroonuitgestrektheidsbedekking van die persele wat in Tabel 4 bespreek word, het korrelasie-koëffisiënte van 0,95 met die huidige weikapasiteit (HWK) wat met behulp van die objektiewe weidings-indekswaardes bereken is, 0,90 met die HWK wat met die subjektiewe weidingsindekswaardes bereken is en 0,92 met die HWK wat met die ekologiese indekswaardes bereken is. Daar kan dus afgelei word dat kroonuitgestrektheidsbedekking 'n belangrike veranderlike is om te meet by die berekening van die huidige weikapasiteit.

Die indeks van ooreenstemming (Willmott 1981} is gebruik om die ooreenstemming van die weikapasiteitnorm met die huidige weikapasiteite (Tabel l), asook die ooreenstemming van die toegepaste veebelading met die huidige weikapasiteite (Tabel 2), 5005 bereken met behulp van die verskillende weidingsindekswaardes, te bepaal. Met enkele uitsonderings het die objektiewe waardes huidige weikapasiteite nader aan die bestaande weikapasiteitnorm bereken wat deur die Departement van Landbou vir die verskillende agro-ekologiese gebiede vasgestel is, as wat die geval was met sowel die subjektief beraamde weidingsindekswaardes (SWIW) as die ekologiese indekswaardes.

Waar die berekende huidige weikapasiteit wat met behulp van die objektiewe weidingsindekswaardes (OWIW) bereken is, afwyk van die norm, is dit in ooreenstemming met die langtermyn mediane reënval (Tabel 3) in die gebied, of met die veebelading wat in die gebied toegepas word, of albei.

Gevolgtrekking 

Die voordeel wat die gebruik van die objektiewe weidingsindekswaardes (OWIW) meebring, kan in Tabel 4 gesien word. Hulle beraam agronomiese weikapasiteite wat oor die algemeen nader aan die norm en die toegepaste veebelading lê, met hoër berekende d-indekswaardes en koëffisiënte van determinasie (R2), as wat die geval is waar die subjektiewe weidingsindekswaardes (SWIW) of die ekologiese indekswaardes (EIW) gebruik is (Du Toit 1.996).

 

Verwysings

BOTHA, W. VAN D. 1992. Bepaling van Veebeladings/Verwysingspunte in die Oostelike Gemengde Karoo. Middelburg, Kaapprovinsie: Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut. (Ongepubliseerde vorderingsverslag; KS5136/36/1/1).                                         

BOTHA, W. VAN D., DU TOIT, P.C.V., BLOM, C.D., BECKER, H.R., OLIVIER, D.J., MEYER, E.M, & BARNARD, G.Z.J. 1993. A technique for estimating the grazing index values of Karoo plants. Karoo Agric, 5(2):10-14.

DU TOIT, P.C.V. 1995. Grazing index method of range condition assessment and comparison of techniques. African Journal of Range and Forage Science, 12(2):61-67. 

DU TOIT, P.C. V. 1996. Development of a model to estimate grazing index values for Karoo plant species. Ph.D.-proefskrif, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

DU TOIT, P.C. V., BOTHA, W. VAN D., BLOM, C.D., BECKER, H..R., OLIVIER, D.J., MEYER, E.M. & BARNARD, G.Z.J. 1995. Beraming van weidingsindekswaardes vir Karooplante.(Tegniese Mededeling; no. 239). Pretoria: Staatsdrukker. 

VORSTER, M. 1982. The development of the Ecological Index Method for assessing range condition in the Karoo. Handelinge van die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika, 17:84-89.

WILLMOTT, C.J. 1981. On the validation of models. Physical Geography, 2: 184-194.