Last update: November 26, 2010 08:11:54 AM E-mail Print

 

Goeie gemengde veldsamestelling in die Bo-Karoo


Dr P C V du Toit

Nasionale Departement van Landbou

Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut, Privaatsak X529, MIDDELBURG 5900




Die Hopetown streek

Die gebied in die omgewing van Hopetown, ten noorde, suide, ooste, en weste, is ’n plato wat tussen 1050 en 1700 m bo seespieël geleë is.  Kenmerkend is die uitgestrekte, gelyk vlaktes en die baie dolerietrantjies en koppies.  Die vlaktes is klipperig met skalie, sandsteen en kalksteen.  Die grond is oor die algemeen baie vlak met plek-plek ’n dun lagie rooi, sanderige leemgrond oor die kalksteentoefa.  Op hierdie plekke kom Stipagrostis obtusa kenmerkend voor.  Die reën van tussen 200 tot 300 mm per jaar, kom meestal in die laat-somer voor en dit bevoordeel die groei van die Karoo bossie komponent, ten koste van die klimaksgrasse, wat lente- en vroeë somerreëns nodig het vir hulle volle ontwikkeling.  In hierdie opsig is die voorkoms van Karoo bossies toeskryfbaar aan die gevolge van vroeëre, historiese plaaterosie wat die klipperige moedermateriaal blootgelê het waarop die Karoo bossies kenmerkend ’n goeie vastrapplek kry, terwyl die grasse geneig is om af te neem in getalle en die enigste grasbegroeide kolle, hoofsaaklik te vind is waar die rooi Kalaharisand op die moedermateriaal neergelê is.  Indien hierdie streek onder die vergrootglas kom, kom ’n hele aantal ooreenkomste in die veldtipes wat hier beskryf is tevoorskyn.

 

Acocks se veldverdeling

50 jaar gelede het Acocks (1988) die veld om Hopetown in verskeie veldtipes ingedeel.  Die belangrikste veldtipes vanuit ’n diereproduksie oogpunt is:

1.  Die Sentrale Bo-Karoo (27),

2.  Die Skyn Dorre Karoo (35),

3.  Die Skyn Bo-Karoo (36) en

4.  Die Kalaharidoringveld ingeneem deur Karoo-elemente (17).

Van twee veldtipes, nl. Die Oranjerivierse Gebroke Veld (32) en Die Skyn Oranjerivierse Gebroke Veld (40) sal nie melding gemaak word nie.  Die plantegroei in hierdie twee veldtipes is oorwegend dieselfde as die van die naaste aangrensende van die bogenoemde vier veldtipes, maar hier kom daar egter ’n verskeidenheid Acacia-soorte voor, waarvan A. mellifera (swarthaak) en A. tortilis (haak-en-steek), die vernaamste indringers (verdigters) is.

 

 

Ooreenkomstes tussen die vier veldtipes

1     Die Karoobossie komponent

Karoobos-spesies wat kenmerkend in al vier hierdie veldtipes voorkom is (Smith 1966):

Chrysocoma ciliata; bitterbos,

Eberlanzia ferox * doringvygie,

Eriocephalus spinescens * doringkapok,

Lycium cinerium * kriebos,

Pentzia globosa; vaalkaroo,

Pentzia incana; ankerkaroo,

Pentzia spinescens * doringkaroo,

Salsola tuberculata koolganna en

Zygophyllum microphyllum hondepisbossie.

Die sterretjie (*) verwys na die opvallende ooreenkomste tussen hierdie veldtipes, bv. die voorkoms van die doringagtige karoobossies, doringvygie, doringkapok, doringkaroo en kriebos.  Normaalweg is hierdie soorte nie so aanvaarbaar vir vee as die doringlose karoobossies nie.  Die doringagtige karoobossies vermeerder hoofsaaklik as gevolg van die strawwe benutting van die meer aanvaarbare karoobossies.  Die veebelading kan binne die perke wees wat as norm vir die betrokke veld gestel word, maar wanneer dit hoër is as wat die plantegroei kan hanteer, gebeur dit maklik dat oorbeweiding van die aanvaarbare (smaaklike) komponent plaasvind.

 

2      Grassoorte

Kenmerkende gras-spesies wat in alvier hierdie veldtipes voorkom is (Smith 1966):

Aristida congesta subsp. barbicollis *, wit steekgras, N & O,

Aristida adscensionis *, bruin steekgras, N & O,

Enneapogon desvauxii *, ag-daegras, N & O,

Eragrostis bergiana, kwaggakweek,

Eragrostis lehmanniana, knietjiesgras, N & O,

Stipagrostis ciliata, langbeenboesmangras, NW & W,

Stipagrostis obtusa kortbeenboesmangras, NW & W.

Die sterretjie (*) verwys na die opvallende voorkoms van digte stande eenjarige pioniergrasse wat veral na goeie reënbuie in hierdie Karoogebiede voorkom en wat natuurlik op sy beurt weer sy eie storie vertel.  Hoër veebeladings as wat die huidige plantegroei kan dra met die gevolg dat die goeie grasse uitgewei is, die Karoo bossie bedekking is ook laag en daar is dus baie beskikbare nisse wat deur eenjarige grasse beset kan word.

 

Tentatiewe grense, ’n veldtipe legkaart

’n Opvallende kenmerk van Acocks se kaart (1988) in die gebied om Hopetown, is die groot aantal tentatiewe grense wat hy hier tussen verskillende veldtipes voorgestel het.  In ’n straal van 100 km om Hopetown, is omtrent al die grenslyne wat Acocks (1988) getrek het om die verskillende veldtipes van mekaar te skei, tentatief.  Slegs hier en daar is ’n grens duidelik ingetrek.  Hiérdie toedrag van sake dui op die geweldige moeilike taak wat Acocks gehad het om die verskille tussen hierdie veldtipes te beskryf.  Staan mens midde in een betrokke veldtipe, is die beskrywing daarvan maklik.  Waar een veldtipe egter oorgaan in ’n ander, is die beskrywing van die grens heelwat moeiliker, omdat daar so baie gemeenskaplike spesies tussen hierdie veldtipes gedeel word.  Hierdié toedrag van sake het dan ook daartoe gelei dat by die beskrywing en omgrensing van die Sentrale Bo-Karoo agro-ekologiese gebied van die voormalige Karoostreek (Vorster 1985), al hierdie veldtipes as slegs een gebied voorgestel is.

 

Plantopnames in die gebied

Plantopnames wat oor ’n tydperk van 10 jaar by 5 boere op 10 persele elk in die omgewing gemaak is, het die spesies opgelewer soos wat in die onderstaande lys genoteer is.  Die waarde-totale gee ’n indikasie van die relatiewe volopheid van die verskillende gras en bossie-spesies, so byvoorbeeld was daar in die gesamentlike 50000 punt opname, 26593 treffers wat ’n gemiddelde kroonuitgestrektheidsbedekking van 53% beteken (sien Tabel 1).

 

Weidingskapasiteite en weidingskapasiteitnorme

Die weidingskapasiteitsnorm wat vir hierdie gebied voorgestel is wissel van 22 tot 28 ha GVE-1.

 Verder na die noorde, noord-ooste en ooste wissel die norm van 15 tot 21 ha GVE-1, terwyl dit verder na die weste wissel van 29 tot 35 ha GVE-1.

 

Verteenwoordigende plantopnames en weidingskapasiteite

Uit twee opnames wat op verteenwoordigende gronde in hierdie gebied gemaak is, nl. by Karoo bossieveld op skalie-sandsteen grond (Tabel 2) en grasserige Karoo bossieveld op Kalaharisand (Tabel 3), blyk dit dat die gemiddelde weidingskapasiteit 29.3 ha GVE-1 is.

 

Gevolgtrekking

Opmerklik by die twee opnames is die lae voorkoms van die doringagtige Karoo bossies.  Met ander woorde, daar is nog gebiede in die Bo-Karoo waar die prentjie nie so donker lyk soos wat dit aanvanklik hierbo geskilder is nie.  MAAR, daar moet wel deeglik kennis geneem word dat die veld oor die algemeen nie heeltemal so goed is as wat dit kan wees nie en dat die nodige voorsorgmaatreëls geneem moet word, om die veld te beskerm.

 

Tabel 1. Die voorkoms van spesies soos in die 500 plantopnames by medewerkers aangeteken (Smith 1966)

                                             Aantal

Soort                 treffers       %

knietjiesgras           6538    24.58

ankerkaroo              2648     9.95

wit steekgras           1927     7.24

ag-daegras              1599     6.01

kwaggakweek             1156     4.34

kriedoring              1051     3.95

rooi buffelsgras        1021     3.83

fynvleigras              883     3.32

bitterbos                792     2.97

kortbeenboesmangras      642     2.41

growwe kweek             471     1.77

bewertjiegras            461     1.73

bewerasiekaroo           380     1.42

swartangelgras           369     1.38

katdorings               368     1.38

opslag                   341     1.28

kraalbos                 323     1.21

beessteekgras            295     1.10

soetkweek                278     1.04

blinkaarboesmangras      270     1.01

swartkaroo               240     0.90

doringkapok              227     0.85

driedoring               215     0.80

kapokbos                 197     0.74

vingerhoedgras           192     0.72

swartganna               182     0.68

wildegranaat             177     0.66

fynsaadgras              169     0.63

boegoekaroo              167     0.62

ystervarkbossie          165     0.62

geelbos                  160     0.60

doringvygie              151     0.56

blouperdekaroo           147     0.55

voëltjie-kan-nie-sit-nie 146     0.54

januariebos              129     0.48

kousklitsgras            124     0.46

koffiepitkaroo           121     0.45

karooklits               120     0.45

wildesalie               113     0.42

wortelsaadgras           113     0.42

beesganna                110     0.41

silwerkaroo              109     0.40

vanwyksbossie            104     0.39

klossiegras               88     0.33

bitterkaroo               87     0.32

balhaargras               75     0.28

geeldraaibos              69     0.25

wit kriedoring            66     0.24

bloubuffelgras            63     0.23

oulandsgras               47     0.17

rooigras                  45     0.16

klipgras                  41     0.15

skilpadbossie             36     0.13

persaarbossie             34     0.12

geelheuningkaroo          32     0.12

doringertjie              32     0.12

asbos                     29     0.10

springbokbos              28     0.10

hondepisbos               27     0.10

rivierdraaibos            24     0.09

skaapvygie                23     0.08

skaapbos                  23     0.08

bloublommetjie            21     0.07

doringbietou              19     0.07

bloukoolganna             19     0.07

haasgras                  18     0.06

chileense eragrostis      16     0.06

springbokkaroo            16     0.06

bergkerriebos             15     0.05

harpuis                   14     0.05

brosdoring                14     0.05

muistepelkaroo            13     0.04

gombos                    13     0.04

pangras                   13     0.04

dasgras                   12     0.04

kankerbossie               9     0.03

witstorm                   8     0.03

medisynebossie             7     0.02

ertjiebos                  7     0.02

terpentyngras              6     0.02

persdraaibos               6     0.02

beesbossie                 6     0.02

springbokbossie            5     0.01

skerpioenstert             5     0.01

langbeenboesmangras        5     0.01

klappiesbrak               5     0.01

skaapvygie                 4     0.01

taaibos                    4     0.01

leegtekapokbos             3     0.01

harpuisbos                 3     0.01

boesmantee                 3     0.01

karooviooltjie             2     0.00

bruinsteekgras             2     0.00

vingergras                 2     0.00

skaapvygie                 2     0.00

rooipleisterbos            2     0.00

steekbossie                2     0.00

pienkopslag                2     0.00

inkbos                     2     0.00

koggelmandervoetkaroo      2     0.00

bokhoringbossie            2     0.00

sydisselbossie             2     0.00

skaapertjie                2     0.00

soutganna                  2     0.00

karoobrak                  1     0.00

vygie                      1     0.00

hamelgras                  1     0.00

januariebossie             1     0.00

bergankerkaroo             1     0.00

kerribos                   1     0.00

pleisterbossie             1     0.00

bloutulp                   1     0.00

daggapitbossie             1     0.00

geelbossie                 1     0.00

skaapbossie                1     0.00

koeniebos                  1     0.00

bees,bol,platvygie         1     0.00

boesmankers                1     0.00

katstert                   1     0.00

bruinsaffraanbossie        1     0.00

verfbossie                 1     0.00

bitteraarbos               1     0.00

 

Tabel 2’n Plantopname op Karoo bossieveld op ’n skalie-sandsteen grond, WIW = weidingsindekswaardes, VTI = veldtoestandsindeks, HWK = huidige weidingskapasiteit

karoobossieveld op skalie-sandsteen grond

Treffers

WIW

Telling

Chrysocoma ciliata

Eriocephalus ericoides

Eriocephalus spinescens

Lycium cinerium

Pentzia incana

Plinthus karooicus

Pteronia sordida

Rosenia humilis

7

9

4

3

21

1

11

7

0.8

2.5

3.7

3.0

1.5

2.1

4.5

4.0

5.6

22.5

14.8

9.0

31.5

2.1

49.5

28.0

Bedekking

63

VTI

163

 

 

HWK

28.5

 

Tabel 3. ’n Plantopname van grasbegroeide Karoo bossieveld op Kalaharisand

grasserige karoobossieveld op Kalaharisand

Treffers

WIW

Telling

Eberlanzia ferox

Eriocephalus spinescens

Felicia filifolia

Pentzia incana

Pteronia glauca

Pteronia sordida

Rosenia humilis

Salsola tuberculata

Stipagrostis obtusa

Walafrida geniculata

Zygophyllum gilfillanii

1

1

2

34

1

4

1

1

20

1

2

2.0

3.7

2.6

1.5

2.8

4.5

4.0

4.2

2.4

3.3

5.9

2.0

3.7

5.2

51.0

2.8

18.0

4.0

4.2

4.8

3.3

11.8

Bedekking

68

VTI

154

 

 

HWK

30.0

 

Literatuurverwysings

Acocks JPH 1988.  Veld Types of South Africa.  (Memoirs of the Botanical Survey of South Africa) 57:1-146.

Smith CA 1966.  Common names of South African Plants.  (Memoirs of the Botanical Survey of South Africa) 35:1-642.

Vorster M 1985.  Die ordening van die landtipes in die Karoostreek in redelik homogene boerderygebiede deur middel van plantegroei- en  omgewingsfaktore.  D.Sc. tesis PU vir CHO.

 

Published

Grootfontein Agric Vol 3 No 1 (22-25)