Last update: January 17, 2011 01:30:41 PM E-mail Print

 

Die weidingsindekswaarde-tegniek van weikapasiteit beraming:

(1) Tegniekontwikkeling

 

P.C.V. du Toit

Grootfontein Landbou‑ontwikkelingsinstituut,                                               

Privaatsak X529, Middelburg (OK) 5900



Inleiding

 

Die weikapasiteit van karooveld word sedert die tagtiger-jare met behulp van die ekologiese indeksmetode (EIM) van Vorster (1982) beraam. Die uitgangspunt van hierdie tegniek is dat weikapasiteit afgelei kan word van die grootte van die plante, die hoeveelheid plante per eenheidsoppervlakte, asook die ekologiese waarde van die grasse en die relatiewe aanvaarbaarheid van die karoobossies vir herkouers. Vir hierdie doel is alle karooplante in een van 4 groepe ingedeel naamlik 10,7,4 of 1. 'n Plant in groep 10 maak sodoende 'n tien maal groter bydrae tot die berekende weikapasiteit, as 'n plant van dieselfde grootte in groep 1.

 

Mettertyd is bevind dat hierdie diskontinue waarde-toekennings aan die plante (10, 7, 4 en 1) nie altyd die korrekte weikapasiteitberamings tot gevolg het nie. Gevolglik het Du Toit et al. (1995), op 'n subjektiewe basis, aaneenlopende waardes (tussen 0, 1 en 10) aan alle karooplante toegeken, wat meer akkurate weikapasiteitberamings tot gevolg gehad het. Omdat hierdie waardes steeds subjektief van aard was, is besluit om 'n rekenaarmodel te ontwikkel waarmee die waarde van plante objektief van hulle grootte, weibare voerproduksie en kwaliteit (Ca, K. Mg, N, vesel en eterekstrak) beraam kan word.

 

In hierdie artikel word die ontwikkeling van die rekenaarmodel bespreek.


 

Metode en bespreking

 

Die kroonuitgestrektheidsbedekking van 'n aantal grasse en bossies is van 1990 tot 1993, by Grootfontein, Carltonhoogte, Carnarvon en Beaufort-Wes gemeet. 'n Raam van 1 m x 1 m, onderverdeel in 'n ruit van 50 mm x 50 mm is vir die doel gebruik. Die loodregte projeksie van die kroon op die raam is gemeet deur die aantal blokkies te tel waarvan die helfte of meer as die helfte van 'n blokkie deur die kroon van die plant beset is (Goebel et al. 1948).

 

Die kroonuitgestrektheidsbedekking van 50 plante per spesie, van groot tot klein, is op die wyse gemeet en lewer volgens Roux (1963) 'n betroubare gemiddelde waarde. Die plante is heeltemal afgesny en die materiaal is in potensieel weibare en onweibare fraksies verdeel op grand van 2 mm as basis vir die skeiding (Du Toit 1993; 1996b)

 

Die weibare fraksie is chemies ontleed vir stikstof (AOAC 1960), Ca, P, Na, Mg, K, (Homer et al. 1961) en suuroplosbare vesel (SOV) (Van Soest 1963). Omdat totale verteerbare voedingstowwe (TVV) so belangrik is by die formule ring van voerrantsoene (Maynard et al. 1962) en by die vergelyking van verskillende voerbronne (Swift 1957) is die gebruik van TVV in die model ondersoek volgens die verwerkte formule van Du Toit (1996a), waar:

 

TVV = 75,1 + {(6,25 x log %  N)‑(0.75 x [-4,32 + (0.92 x % SOV)])}.

 

Die formules van Glover et al. (1960), Bartholomew (1985) en Bredon et al. (ongedateerd) wat van ru-proteïen en ruvesel gebruik maak in die beraming van TVV, is aangepas sodat SOV in die plek van ruvesel gebruik kan word (Du Toit 1996a).

 

Die persentasie eterekstrak van die verskillende spesies is uit die literatuur verkry (Louw et a I. 1967, 1968a, 1968b, 1968cj Steenkamp et al. 1979j Botha et al. 1990a, 1990b, 1990c. 1990d).

 

Die voorgestelde model moet deur gebruik te maak van kroonuitgestrektheidsbedekking, die hoeveelheid weibare materiaal en die chemiese eienskappe van die plant, 'n objektiewe weidingsindekswaarde vir die plant beraam. Stapsgewyse regressie-analises het die belangrikste veranderlikes uitgelig wat in so model opgeneem behoort te word.

 

Op die wyse is daar toe twee modelle voorgestel. Nie een van die twee modelle het egter van kroon-uitgestrektheidsbedekking, die hoeksteen van die plantopnametegniek, gebruik gemaak nie, en daar is toe na oorweging besluit om die model so saam te stel dat kroonuitgestrektheidsbedekking, 'n belangrike plek in die model sa) beklee. Kroonuitgestrektheidbedekking het 'n korrelasiekoëffisiënt van 0,95 met die huidige weikapasiteit wat met behulp van die objektiewe weidingsindekswaardes bereken is (Du Toit 1997).

 

By die formulering van die finale model is 'n aantal chemiese eienskappe uitgelig wat 'n besondere invloed op die gedrag en gesondheid van die herkouer het. Die eerste is die K + (Ca + Mg) ‑verhouding in die plant. Onaanvaarbare verhoudings veroorsaak tetanus by herkouers (Kemp et al. 1957; Kidambi et al. 1989). Tweedens maak 'n hoe inhoud van harse en aromatiese olies die plant onaanvaarbaar vir herkouers (Smith 1966; Louw et al. 1967; Blom 1989) en veroorsaak die verlies van energieryke esters, eters en aldehiedes deur die uriene (Cook et al. 1952). Hoewel die TVV‑waardes van die plante dus hoog mag wees, is hulle dikwels vanuit 'n voedingskundige oogpunt minderwaardig.

 

Vergelyk byvoorbeeld die onaanvaarbare Chrysocoma ciliata met 'n TVV‑waarde van 53,92 en 'n eter-ekstrakwaarde van 8,9 in die somer en 9,2 in die winter, met Pentzia incana, 'n meer aanvaarbare bas, met, 'n TVV-waarde van 50,63 en 'n  eterekstrakwaarde van 2,3 in die somer en 3,9 in die winter. Vergeleke met P. incana is C. ciliata vanuit 'n weidingsoogpunt 'n minderwaardige bas (vergelyk ook Louw et al. 1967), omdat die inname van groot hoeveelhede van C. ciliata deur sogende ooie tot alopekia by lammers lei en fotosensitiwiteit asook lakseersiekte by volwasse skape en bokke veroorsaak(Steyn 1949; Vahrmeijer 1981). Die eterekstrakwaarde word in die model op so 'n wyse aangewend dat karoobosse met hoe eter,. ekstrakwaardes gepenaliseer word by die beraming van hul weidingsindekswaardes (Tabel1).

 

In die geval van grasse is die omstandighede anders omdat hoe eterekstrakwaardes by grasse 'n aanduiding is van 'n hoe karoteeninhoud (Van der Merwe 1985) asook 'n gunstige vitamiene A-, B-, E- en waarskynlik D-inhoud (McDonald et al 1973). Themeda triandra is byvoorbeeld 'n laat-ontwikkelingstadiumgras met 'n TVV-waarde van 55,44 en eterekstrakwaardes van 2,02 in die somer en 1,92 in die winter, terwyl Aristida congesta, 'n vroeë-ontwikkelingstadiumgras is met 'n TVV-waarde van 53,47 en 'n eterekstrakwaarde van 1,34 in sowel die somer as die winter. Die eterekstrak-waarde word hier op so 'n wyse aangewend dat grasse met hoor eterekstrakwaardes beoordeel word (Tabel1).

 

Die finale voorgestelde modelle lyk dan soos volg:

 

Weidingsindekswaarde van die karoograsse  

       = {(kroonuitgestrektheidsbedekking + weibare voer + TVV + [K + (CA + Mg)]) x eterekstrak} ÷ 100 (Du Toit 1996a)  ...1.

 

Weidingsindekswaarde van die karoobossies

       = {(kroonuitgestrektheidsbedekking + weibare voer + TVV + [K ÷ (CA + Mg)]) + eterekstrak} + 100 (Du Toit 1996a) ... 2.                               

 


 

Gevolgtrekking

 

Dit is moontlik om relatief objektiewe weidingsindekswaardes vir die grasse en bossies van die Karoo te beraam volgens die voorgestelde modelle (Tabel 1).

 

Bedankings

 

Mnre. C.D. Blom en W.F. Immelman word bedank vir hulle hulp met die veldwerk.

 

Verwysings

 

AOAC 1960. Official methods of analysis of the association of official agricultural chemists. Die vereniging, Washington.

 

BARTHOLOMEW, P.E. 1985. Beef production from kikuyu and Italian ryegrass. Ph.D.-proefskrif, Universiteit van Natal, Pietermaritzburg.

 

BLOM, C.D. 1989. Kenmerke van algemene Karoobossies. Middelburg, Kaapprovinsie: Grootfontein Landbou-ontwikkelingsinstituut. (Ongepubliseerde verslag).

 

BOTHA, P., BECKER, H.R. & VAN DER MERWE, I.J. 1990a. Mean phytomass and chemical composition of a number of plant species in the Great Karoo. (Tegniese Mededeling; no. 226). Pretoria: Staatsdrukker.

 

BOTHA, P., ERASMUS, C.H. & THERON, S.C. 1990b. Mean phytomass and chemical composition of a number of plant species in the North Western Karoo. (Tegniese Mededeling; no. 227). Pretoria: Staatsdrukker.

 

BOTHA, P. & NASH, C.B. 1990c. Mean phytomass and chemical composition of a number of plant species in the Karoo Midlands. (Tegniese Mededeling; no. 228). Pretoria: Staatsdrukker.

 

BOTHA, P., VAN STADEN, W.H. & BLOM, J.D. 1990d. Mean phytomass and chemical composition of a number of plant species in the North Eastern Karoo. (Tegniese Mededeling; no. 229). Pretoria: Staatsdrukker.

 

BREDON, R.M. & MEAKER,H.J. Undated. How to calculate TDN and DCP of feeds. Pietermaritzburg: Cedara Landbou-ontwikkelingsinstituut. (Leaflet; no. 54).

 

COOK, C.W., STODDARDS, L.A. & HARRIS, L.E. 1952. Determining the digestibility and metabolizable energy of winter range plants by sheep. Journal of Animal Science, 11: 578-590.

 

DU TOIT, P.C.V. 1993. Stocking rate liS defoliation of karoobushes. Karoo Agric, 5(1): 17-21.

 

DU TOIT, P.C.V. 1996a. Development of a model to estimate grazing index values for Karoo plant species. Ph.D.-proefskrif, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

 

DU TOIT, P.C. V. 1996b. Karoobush defoliation in the Arid Karoo. Journal of Range Management, 49:105-111.

 

DU TOIT, P.C. V. 1997. Die weidingsindekswaardetegniek van weikapasiteitberaming. 3. Tegniekevaluasie. Gootfontein Agric, op die pers.

 

DU Toit, P.C. V., BOTHA, W. VAN D., BLOM, CD., BECKER, H.R., OLIVIER, D.J., MEYER, E.M. & BARNARD, G.Z.J., 1995.  Beraming van weidingsindekswaardes vir Karooplante.(Tegniese Mededeling; no. 239). Pretoria: Staatsdrukker.

 

GLOVER, J., DUTHIE, D.W. DOUGAL, H.W. 1960. The total digestible nutrients and gross digestible energy of ruminant feeds. Journal of Agricultural Science, 55: 403-408.

 

GOEBEL, C.J. DEBANO, L. & LLOYD, R.D. 1958. A new method of determining cover and production on desert shrub vegetation. Journal of Range Management, 11: 244-246.

 

HOMER, D.C. & pARKER, F.B. 1961. Methods of analysis for soil, plants and water, University of California, Berkeley.

 

KEMP, A. & THART, M.L. 1957. Grass tetany in grazing milking cows. Netherlands Journal of Agricultural Science, 5:4‑17.

 

KIDAMBI, S.P., MATCHES, A.G. & GRIGGS, T.C. 1989. Variability for Ca, Mg, K, Cu, Zn and K + (Ca + Mg) ratio among 3 wheatgrasses and sainfoin on the southern high plains. Journal of Range Management, 42:316-322.

 

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. & STEENKAMP, E.L. 1967. Die verwantskap tussen eterekstrakinhoud van karoobossies en hul smaaklikheid. South African Journal of Agricultural Science, 10:867-873.

 

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. & STEENKAMP, E.L. 1968a. Chemical composition of the most important plant species in the Noorsveld. (Tegniese Mededeling; no. 77). Pretoria: Staatsdrukker.

 

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. &STEENKAMP. E.L. 1968B. Chemical composition of the most important plant species in the Western Mountain Karoo in the Fraserburg District. (Tegniese Mededeling; no. 78). Pretoria: Staatsdrukker.

 

LOUW, G.N., STEENKAMP, C.W.P. & STEENKAMP. E.L. 196&. Chemical composition of the most important plant species in the Arid, Semi Arid, False Succulent and Central Upper Karoo. (Tegniese Mededeling; no. 79). Pretoria: Staatsdrukker.

 

MCDONALD, P., EDWARDS, R.A. & GREENHALGH, J.F.D. 1973. Animal nutrition, Edinburgh: Oliver & Boyd.

 

MAYNARD, A.L. & LOOSU, J.K. 1962. Animal nutrition, New York: McGraw-Hill book company.

 

ROUX, P. W. 1963. The descending-point method of vegetation survey. A point sampling method for the measurement of semi-open grassland and Karoo vegetation in South Africa. South African Journal of Agricultural Science, 6:273-288.

 

SMITH, C.A. 1966. Common names of South African plants. Memoirs van die Botaniese Opname van Suid-Afrika, 35: 1-642.

 

STEENKAMP, C.W.P. & HAYWARD, F.C. 1979. Chemical composition of the most important plant species in the south-central sector of the Great Escarpment. (Tegniese Mededeling; no. 149). Pretoria: Staatsdrukker.

 

STEYN, D.G. 1949. Vergiftiging van mens en dier met gifplante, voedsel en drinkwater. Pretoria: J.L. van Schaik: 264 p.

 

SWIFT, R. W. 1957 The caloric value of TDN. Journal of Animal Science, 16: 753-755.

 

VAHRMEIJER, J. 1981. Gifplante van Suider-Afrika wat veeverliese eroorsaak. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

 

VAN DER MERWE, F.J. 1985. Dierevoeding. Stellenbosch: Kosmos uitgewery: 260 p.

 

VAN SOEST, P.J. 1963. The use of detergents in the analysis of fibrous feeds. II. A rapid method for the determination of fibre and lignin. Journal of the Association of Agricultural Chemists, 46: 829.

 

VORSTER, M. 1982. The development of the ecological index method for assessing range condition in the Karoo. Handelinge van die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika, 17: 84-89.