AKADEMIESE REËLS VIR DIE DIPLOMA IN LANDBOU
LANDBOUKOLLEGE GROOTFONTEIN
JANUARIE 2012
AKADEMIESE REËLS VIR DIE DIPLOMA IN LANDBOU
1. WOORDBEPALING
In hierdie reëls, tensy die samehang anders blyk, beteken:
1.1 “Wet” die Wet op die Hoër Onderwys Kwaliteits Raad, (Wet No 101 van 1997).
1.2 “Kollege” die Landboukollege Grootfontein as deel van die Grootfontein Landbou-ontwikkelings-instituut geadministreer deur die Departement van Landbou Bosbou en Visserye.
1.3 “Kollegehoof” die hoof van die Kollege soos deur die Departement van Landbou Boshou en Visserye aangestel.
1.4 “Onderrigaanbieding” die leerstof soos beskryf in die leerplan wat as eenheid aangebied en eksamineer word oor ‘n gespesifiseerde tydperk.
1.5 “Onderrigprogram” die gespesialiseerdie studierigting waarvoor, na suksesvolle voltooing van ‘n voorgeskrewe leergang, ‘n Diploma/Hoër Sertifikaat toegeken word.
1.6 “Leerplan” die leerstof wat vir ‘n bepaalde onderrigaanbieding voorgeskryf word.
1.7 “Diploma Uittreevlak” die uittreevlak na voltooing van die finale jaar van die driejaar onderrigprogram (600 krediete).
1.8 “Eksamen” die skriftelike, praktiese of mondelinge evaluering en/of klaswerk soos deur die Kollege, in ooreenstemming met die reëls en prosedures vir eksamens, vereis word.
1.9 “Semesterpunt” die saamgestelde punt deur ‘n student verwerf met evaluasie van die onderrigaanbieding deur klastoetse, taakopdragte, verslae, praktiese werk en/of enige ander vorm van klaswerk soos wat vereis mag word.
1.10 “Eksamenpunt” die punt wat behaal word in die finale eksamen van ‘n onderrigaanbieding, wat na voltooiing van die voorgeskrewe leerplan vir ‘n onderrigaanbieding, afgeneem word, of wat op grond van deurlopende evaluering behaal is. In laasgenoemde geval sal die predikaat en die eksamenpunt dieselfde wees.
1.11 “Finale Punt” die gesamentlike punt bereken as die rekenkundige gemiddelde van die semesterpunt en die eksamenpunt.
1.12 “Krediete” die gewigte wat vir ‘n onderrigaanbieding toegeken word en wat met die lesingbelading van die spesifieke onderrigaanbieding verband hou. 1 Krediet is gelyk aan 10 blootstellingsure.
1.13 “Deurlopende evaluering” die deurlopende formele evaluering van ‘n student se akademiese vordering gedurende die duur van ‘n onderrigaanbieding, waar evaluering op die basis van projekte, werksopdrage en/of ander tipe werk plaasvind omdat die evaluasie deur normale klastoetse, praktika en ‘n finale eksamen onvoldoende en/of weens die spesifieke aard van die onderrigmetode vir ‘n onderrigaanbieding nie toepaslik is nie. Geen aanvullende- of hereksamen sal toegestaan word in ‘n onderrigaanbieding wat deurlopend geëvalueer word nie.
1.14 “Kodes” die kodes waardeur ‘n onderrigaanbieding geïdentifiseer word, en wat uit drie letters en drie syfers bestaan. Die drie letters dui die titel van die onderrigaanbieding aan. Die drie syfers dui die volgende aan:
Die eerste syfer gee die studiejaar waarin die onderrigaanbieding aangebied word, byvoorbeeld:
“1” – eerstejaar, “2” – tweedejaar en “3” – derdejaar.
Die tweede syfer dui die studiesemester aan, naamlik “1” tot “6”, waarin die onderrigaanbieding normaalweg aangebied word. Die syfer “7” dui aan dat die betrokke onderrigaanbieding oor twee semesters aangebied word.
Die derde syfer verwys na die metode van evaluering, naamlik:
“1" - dui aan dat die evaluering op basis van klastoetse/praktika en ‘n finale eksamen plaasvind
“0" - dui aan dat deurlopende evaluering gedoen word.
2 ONDERRIGPROGRAMME WAT AANGEBIED WORD
Die volgende onderrigprogramme word aangebied:
· Diploma in Landbou (Dip. Agric.)
3 TOELATINGSVEREISTES
3.1 Om tot die Diploma in Landbou onderrigprogram toegelaat te word moet ‘n kandidaat beskik oor ’n Nasionale Sertifikaat of sodanige kwalifikasie wat die Kollege as gelykwaardig erken.
3.2 Die verdere keuring van kandidate mag geskied in ooreenstemming met enige ander kriteria en volgens
sodanige prosedures soos die Kollege mag voorskryf.
3.4 Erkenning sal gegee word aan toepaslike vooraf verwerfde opleiding.
4 REËLS VIR ONDERRIGPROGRAMME
4.1 Die reëls het betrekking het op die Diploma onderrigprogram.
4.2 Die Kollege sal by magte wees om, onderhewig aan die bepalings van die Wet en in ooreenstemming met die vereistes van die Hoër Onderwys Kwaliteits Raad (HEQC), reëls vir onderrigprogramme by die Kollege voor te skryf of te wysig.
5 REËLS VIR DIE DIPLOMA IN LANDBOU
5.1 Toelatingsvereistes
Om tot die Diploma in Landbou onderrigprogram toegelaat te word, moet ‘n kandidaat voldoen aan die vereistes soos in reël 3 uiteengesit.
5.2 Duur en struktuur van die onderriggprogram
5.2.1 Die Diploma in Landbou sal toegeken word aan ‘n kandidaat wat aan al die vereistes van die voorgeskrewe onderrigprogram, wat oor ‘n tydperk van ten minste drie jaar van voltydse studie strek, voldoen het. Met ander woorde na die verwerwing van 600 krediete.
5.2.3 DIE ONDERRIGPROGRAM VIR DIE DIPLOMA IN LANDBOU IS AS VOLG:
|
Studie jaar |
Sem |
Onderrigprogram |
Krediete |
||
|
|
|
Kode |
Titel |
Inhoud |
|
|
1 |
1 |
KTW 111 |
Kleinveeproduksie IA |
Wolhistologie, fiesiese en chemise eienskappe |
10 |
|
|
|
TEL 111 |
Diereteling I |
Basiesie teling en genetiese beginsels |
10 |
|
|
|
VOE 111 |
Dierevoeding I |
Basiese voeding |
10 |
|
|
|
DGE 111 |
Dieregesondheid IA |
Anatomie en fisiologie |
10 |
|
|
|
LBS 111 |
Landboubestuur IA |
Landboubestuur |
10 |
|
|
|
PLK 111 |
Plantkunde I |
Plantkunde |
10 |
|
|
|
GRK 111 |
Grondkunde I |
Grondfisika, –chemie en –biologie en vrugbaarheid |
10 |
|
|
|
VBS 111 |
Veldbestuur I |
Inleidende weidingkunde |
10 |
|
|
|
AST 110 |
Landbou Tegniese Dienste IA |
A: Boukunde en skrynwerk B: Meganika C: Boogsweis D: Plaasheinings |
15 |
|
|
|
RKG 110 |
Rekenaargebruik IA |
Rekenaars en programme |
5 |
|
|
|
|
|
|
100 |
|
1 |
2 |
KTA 121 |
Kleinveeproduksie IB |
Angorabok teorie |
10 |
|
|
|
KTB 121 |
Kleinveeproduksie IC |
Inleiding tot Kleinveeproduksie |
10 |
|
|
|
DGE 121 |
Dieregesondheid IB |
Hantering van plaasdiere en basiese plaasoperasies |
10 |
|
|
|
LBS 121 |
Landboubestuur IB |
Landboubestuur |
10 |
|
|
|
PBS 121 |
Personeelbestuur I |
Kontrakte, pligte ensovoorts |
10 |
|
|
|
GWP 121 |
Gewasproduksie I |
Algemene gewasproduksie, pes en plaagbeheer |
10 |
|
|
|
ATS 120 |
Landbou Tegniese Dienste IA |
A: Elektriesetyd op die plaas B: Windpompe C: Plaasdamme, opmeting, grondbewaring D: Smeewerk & gassweis E: Implemente |
15 |
|
|
|
KPW 120 |
Kleinveeprakties IA |
Wolklassering en skaapskeer |
10 |
|
|
|
KPS 120 |
Kleinveeprakties IB |
Skaapprakties |
10 |
|
|
|
RKG 120 |
Rekenaargebruik IB |
Rekenaars en programme |
5 |
|
|
|
|
|
|
100 |
|
|
|
|
|
|
200 |
|
Studie jaar |
Sem |
Onderrigprogram |
Krediete |
||
|
|
|
Kode |
Titel |
Inhoud |
|
|
2 |
3 |
KTW 231 |
Kleinveeproduksie IIA |
Wolverwerking, bemarking en tekstiel- vesels |
10 |
|
|
|
DGE 231 |
Dieregesondheid II |
Siektes: Simptome, bestuur en beheer |
10 |
|
|
|
GVV 231 |
Grootveeproduksie IA |
Vleisbeeste |
10 |
|
|
|
LBS 231 |
Landboubestuur IIA |
Landboubestuur |
10 |
|
|
|
LBR 231 |
Landboureg I |
Landouwette |
10 |
|
|
|
VBS 231 |
Veldbestuur IIA |
Weidingkunde |
10 |
|
|
|
KPA 230 |
Kleinveeprakties IC |
Angorabokke |
10 |
|
|
|
KPV 230 |
Kleinveeprakties IE |
SA Vleismerino, Boerbok beoordeling, bestuur van skadveroorsakende diere, Drakensberg beeste |
5 |
|
|
|
KPW 230 |
Kleinveeprakties IIA |
Wolklassering (registrasie) |
10 |
|
|
|
KPS 270 |
Klein vee Prakties IIB |
Merino ooie |
5 |
|
|
|
RKG 230 |
Rekenaargebruik IC |
Rekenaars en programme |
5 |
|
|
|
Keurse: (1 van die volgende): |
|||
|
|
|
GVM 231 |
Grootveeproduksie IC |
Melkbeeste en melkwinning |
10 |
|
|
|
GVP 241 |
Grootvee Produksie IC |
Perdesorg en hantering, varke en volstruise |
10 |
|
|
|
|
|
|
95 |
|
2 |
4 |
TEL 241 |
Diereteling II |
Teling |
10 |
|
|
|
VOE 241 |
Dierevoeding II |
Voeding |
10 |
|
|
|
KTV 241 |
Kleinveeproduksie IIB |
Skaapbestuur |
10 |
|
|
|
KTA 241 |
Kleinveeproduksie IIC |
Angorabokke |
10 |
|
|
|
LBS 241 |
Landboubestuur IIB |
Landboubestuur |
10 |
|
|
|
VBS 241 |
Veldbestuur IIB |
Weiding |
10 |
|
|
|
GWA 241 |
Gewasproduksie IIA |
Aangeplante weidings |
10 |
|
|
|
GWB 241 |
Gewasproduksie IIB |
Besproeiing |
10 |
|
|
|
KPB 240 |
Kleinveeprakties ID |
Bokhaarklassering |
10 |
|
|
|
KPV240 |
Kleinveeprakties IF |
Jnr. Dorper beoordelaarskursus en Dohne Merino kursus |
5 |
|
|
|
KPS 740 |
Kleinveeprakties IIB |
Merinoramme |
5 |
|
|
|
RKG 240 |
Rekenaargebruik ID |
Rekenaars en programme |
5 |
|
|
|
|
|
|
105 |
|
|
|
|
|
|
200 |
|
Studie jaar |
Sem |
Onderrig program |
Krediete |
||
|
|
|
Kode |
Titel |
Inhoud |
|
|
3 |
5 |
VOE 350 |
Dierevoeding III |
Voerkraal proef en seminaar |
10 |
|
|
|
DPD 370 |
Diereproduksie IIIA |
Produksiestelsels |
15 |
|
|
|
DPP 350 |
Diereproduksie Prakties IIIA |
Grootveedragtigheidsondersoek, Kleinvee KI, Senior Boerbok |
10 |
|
|
|
LBS 370 |
Landboubestuur IIIA |
Geheelplaasbeplanning |
15 |
|
|
|
LBE 370 |
Landboubestuur IIIB |
Entrepeneurskap |
5 |
|
|
|
LBV 351 |
Landbouvoorligting IA |
Landbouvoorligting |
10 |
|
|
|
OMG 351 |
Omgewingsbestuur IIIA |
Omgewingsbestuur |
10 |
|
|
|
RKG 350 |
Rekenaargebruik IIA |
Toegepaste programme |
5 |
|
|
|
TEL 370 |
Diereteling III |
Toegepaste teling en stoetbestuur |
10 |
|
|
|
VVW 370 |
Vleisverwerking I |
Vleisverwerking |
5 |
|
|
|
SVW 370 |
Suiwelverwerking I |
Suiwelverwerking |
5 |
|
|
|
|
|
|
100 |
|
3 |
6 |
DPD 370 |
Diereproduksie IIIA |
Produksiestelsel |
15 |
|
|
|
DPP 360 |
Diereproduksie Prakties IIIB |
Grootvee KI, Senior Dorper kursus |
10 |
|
|
|
LBS 370 |
Landboubestuur IIIA |
Geheelplaasbeplanning |
20 |
|
|
|
LBE 370 |
Landboubestuur IIIB |
Entrepeneurskap |
10 |
|
|
|
LBV 361 |
Landbouvoorligting IB |
Landbouvoorligting |
10 |
|
|
|
RKG 360 |
Rekenaargebruik IIB |
Toegepaste programme |
5 |
|
|
|
TEL 370 |
Diereteling III |
Toegepaste teling en stoetbestuur |
10 |
|
|
|
WBR 361 |
Wildboerdery IB |
Wildboerdery |
10 |
|
|
|
VVW 370 |
Vleisverwerking I |
Vleisverwerking |
5 |
|
|
|
SVW 370 |
Suiwelverwerking I |
Suiwelverwerking |
5 |
|
|
|
|
|
|
100 |
|
|
|
|
|
|
200 |
5.2.5 VOORVEREISTES
|
VOORVEREISTE |
VOORVEREISTE VIR |
||
|
Kode |
Onderrigaanbieding |
Kode |
Onderrigaanbieding |
|
KTW 111 |
Kleinveeproduksie IA |
KTW 231 KPW 120 KPW 230
|
Kleinveeproduksie IIA Kleinveeprakties IA Kleinveeprakties IIA
|
|
LBS 111
|
Landboubestuur IA |
LBS 121 |
Landboubestuur IB |
|
TEL 111 TEL 241
|
Diereteling I Diereteling II
|
TEL 241 TEL 370 |
Diereteling II Diereteling III
|
|
VOE111
|
Dierevoeding I |
VOE241 |
Dierevoeding II |
|
DGE 111 DGE 121
|
Dieregesondheid IA & B |
DGE231 |
Dieregesondheid II |
|
KPW120
|
Kleinveeprakties IA |
KPW230 |
Kleinveeprakties IIA |
|
KPS 120
|
Kleinveeprakties IB |
KPS270
|
Kleinveeprakties IIB |
|
LBS 231
|
Landboubestuur IIA |
LBS 370 |
Landboubestuur IIIA |
|
VOE 241
|
Dierevoeding II |
VOE 350 |
Dierevoeding III |
Nota: Indien ‘n student ‘n onderrigaanbieding wat ‘n voorvereiste is druip mag hy aangaan met die volgende onderrigaanbieding indien hy ‘n semesterpunt van 40% behaal het. (Hierdie reël het net betrekking tot studente wat in 2011 en vroeër geregistreer het).
’n Student moet die voorvereiste onderrigaanbieding slaag (50%) alvorens hy/sy mag registreer vir die onderrigaanbieding waarvoor dit ’n voorvereiste is.
5.3 OPEENVOLGING VAN ONDERRIGAANBIEDINGE EN VOORVEREISTES
‘n Student sal nie toegelaat word om ‘n onderrigaanbieding te volg alvorens die voorafgaande onderrigaanbieding wat as voorvereistes vir die betrokke onderrigaanbieding soos in die leerplan voorgeskryf word, geslaag is nie. Dit word vereis dat die onderrigaanbiedinge voltooi word in die volgorde waarin dit in die program uiteengesit is.
5.4 OPLEIDING BUITE DIE VOORGESKREWE LEERGANG
Dit mag vereis word dat ‘n student sodanige voorgeskrewe opleiding buite die voorgeskrewe leergang sal ondergaan en sodanige plekke buite die Kollege besoek vir opleiding soos deur die Kollege voorgeskryf mag word.
5.5 EKSAMENS
5.5.1 Eksaminering van onderrigaanbieding
Eksamens, soos deur die Kollege voorgeskryf, sal in elke onderrigaanbieding afgeneem word. Eksaminering geskied na goeddunke van die Kollege en kan deur skriftelike eksamenvraestelle, en/of praktika, klasopdragte, mondelinge eksaminering en/of enige ander vorm geskied soos deur die Kollege bepaal word. Studentekaarte moet ten alle tye tydens eksaminering getoon word.
5.5.2 Beheer
Elke eksamen word onder beheer van die Kollege afgeneem. Die Eksamenkomitee is die gesagliggaam wat oor die eksamens beheer uitoefen.
5.5.3 Moderators
Ten minste een eksterne moderator moet vir elke derde jaar vlak onderrigaanbieding van die Diploma uittreevlak aangestel word. ‘n Interne of eksterne moderator moet vir elke ander onderrigaanbieding anders as hierbo, aangestel word. Moderators mag nie meer as drie agtereenvolgende jare vir dieselfde onderrigaanbieding aangestel word nie.
5.5.4 Bywoning
(a) Dit word vereis dat ‘n student ten minste 80% van die onderrigprogram moet bywoon om die program te voltooi tensy anders bepaal word volgens spesifieke voorskrifte.
(b) ’n 80% klasbywoning is verpligtend vir beide teoretiese en praktiese klasse in alle ondderig- aanbiedinge ten einde toelating tot die eksamen te verkry. Die versuim om 80% van die klasse by te woon sal lei tot ’n onvoltooide (druip) status vir daardie onderigaanbieding. Geen student sal toegelaat word om afwesig te wees op die dag van ‘n geskeduleerde toets of eksamen nie, behalwe in die geval van siekte of dood, soos in 5.5.4 (e) verduidelik. Die student sal in geval van afwesigheid anders as siekte of dood, geen punte vir die toets of eksamen verwerf nie. ’n Maksimum van drie toetsgeleenthede, waarvan die derde toets oor al die werk handel, bestaan in die geval van teoretiese onderrigaanbiedinge. Studente mag gebruik maak van al drie toetsgeleenthede, maar ’n minimum van twee toetse is verpligtend. Die twee toetse met die hoogste punte sal gebruik word vir die bereking van die semesterpunt. Daar is geen spesiale, siekte of aanvullende toetse nie.
(c) ‘n Student moet ten minste 80% van die teoretiese- en 80% van die praktiese klasse bywoon in enige onderrigaanbieding wat deurlopend ge-evalueer word (onderrigaanbiedingkode wat met “0" eindig). ‘n Bywoningsyfer van minder as 80% sal lei tot ‘n onvoltooide uitslag en die onderrigaanbieding sal in die volgende jaar herhaal moet word.
(d) Verder mag vereis word dat ‘n student aan sodanige bywoningsvereiste moet voldoen soos vir ‘n spesifieke onderrigaanbieding voorgeskryf word.
(e) ‘n Student wat as gevolg van siekte of enige ander rede vir twee dae en langer gedurende ‘n week van ‘n onderrigaanbieding van klasse afwesig is, moet ‘n behoorlike gestaafde mediese sertifikaat of voldoende behoorlik gestaafde rede voorlê wat vir die Kollegehoof aanvaarbaar is.
(f) In geval van ernstige siekte of ‘n operasie waar die student vir ‘n lang tydperk afwesig is nadat hy met die onderrigaanbieding begin het, kan daar ‘n ooreenkoms met die dosent getref word dat hy/sy die klasse op ‘n ooreengestemde tyd vir die student sal aanbied, mits die aard van die onderrigaanbieding dit toelaat. Waar die student ‘n onderrigaanbieding mis as gevolg van siekte of ander redes, moet hy/sy herregistreer vir die onderrigaanbieding wanneer dit weer aangebied word.
5.5.5 Amptelike afwesigheid van Kollege
Indien ‘n student die Kollege verteenwoordig in erkende sportsoorte soos deur die Kollege gereël op interkollege-, provinsiale- of nasionale vlak sal daar aan hom/haar toestemming verleen word om amptelik afwesig van klasse te wees. Dit sal nie van sy/haar klasbywoning afgetrek word nie. Indien dit op ‘n toets- of eksamendag val kan ‘n student die derde toets of spesiale eksamen skryf.
5.5.6 Toelating tot finale eksamens
‘n Student kwalifiseer om tot die eksamen in ‘n onderrigaanbieding toegelaat te word, met die voorbehoud dat:
(a) die student vir die onderrigaanbieding geregistreer het;
(b) ‘n predikaat van ten minste 40% behaal is;
(c) aan die vereistes vir bywoning van (80%) lesings en praktika voldoen is en alle voorgeskrewe werkopdragte bevredigend voltooi is;
(d) ‘n Maksimum van drie toetsgeleenthede, waarvan die derde toets oor al die werk handel, bestaan in die geval van teoretiese onderrigaanbiedinge. Studente mag gebruik maak van al drie toetsgeleenthede, maar ’n minimum van twee toetse is verpligtend. Die twee toetse met die hoogste punte sal gebruik word vir die bereking van die semesterpunt. Daar is geen spesiale, siekte of aanvullende toetse nie.
5.5.7 Slaagvereistes vir ‘n onderrigaanbieding
Ten einde ‘n onderrigaanbiedingte slaag moet ‘n student:
(a) ‘n Finale punt van ten minste 50% behaal.
(b) ‘n Subminimum van ten minste 40% in afsonderlike eksamenvraestelle van ‘n onderrigaanbieding behaal, nieteenstaande of ‘n finale punt van ten minste 50% of hoër behaal is.
(c) Die kortkursusse wat in die tweede en derde jaar aangebied word, word as een onderrigaanbieding byvoorbeeld KPV 240 bestaande uit die Dohne Merino kursus en die Junior Dorper kursus, maar in elke kort kursus moet ‘n subminimum van 40% behaal word. Die slaagsyfer vir die onderrigaanbieding bly 50%.
5.5.8 Slaagvereistes vir ‘n semester en promovering tot ‘n opvolgende semester
(a) ‘n Student mag ses onderrig aanbiedinge per semester jaar druip anders word sy studies by hierdie Kollege opgeskort en moet daar heraansoek gedoen word vir registrasie in die volgende akademiese jaar.
(b) ‘n Student moet die voorgeskrewe aantal krediete behaal voordat ‘n kwalifikasie aan hom/haar toegeken sal word (600 krediete vir die Diploma). Die onderrigaanbiedinge moet binne twee jaar per studiejaar afgehandel word. Hy/sy mag nie met ‘n onderrigaanbieding aangaan alvorens al die voorvereistes vir daardie onderrigaanbieding nagekom is nie.
Dit word verder vereis dat die onderrigaanbiedingevoltooi word in die volgorde waarin dit in die program uiteengesit is.
5.5.9 Aanvullende eksamens
‘n Student wat ‘n finale punt gedruip het, kan tot ‘n aanvullende eksamen toegelaat word, met die voorbehoud dat:
(a) ‘n Predikaat van 55% of ‘n finale punt of ‘n eksamenpunt van ten minste 45% behaal is.
(b) Slegs een aanvullende eksamen sal in ‘n spesifieke onderrigaanbieding toegelaat word.
Geen aanvullende eksamen sal toegelaat word in onderrigaanbiedinge wat op die basis van deurlopende evaluering, eksamineer word nie.
(c) Aanvullende eksamens moet binne tien dae na bekendmaking van die uitslae afgelê word.
5.5.10 Her-eksamen
(a) ‘n Student wat nie meer as twee onderrigaanbiedinge in die eerste twee jaar gedruip het nie, kan tot ‘n her-eksamen toegelaat word, ten einde in staat gestel te word om tot die volgende studiejaar toegelaat te word, mits ‘n semesterpunt behaal is. (2012).
(b) ‘n Student wat in die finale jaar op ‘n uittreevlak nie meer as drie onderrigaanbiedinge gedruip
het nie, en wat die enigste uitstaande onderrigaanbiedinge is om die onderrigprogram te voltooi, kan tot her-eksemens in sodanige onderrigaanbiedinge toegelaat word, ten einde die studieprogram te kan voltooi, mits ‘n predikaat behaal is.
(c) Die bepaling van reël 5.5.9 sal nie geld nie en aanvullende eksamens sal nie toegelaat word in die geval van her-eksamens nie.
(d) Die bepalings van reël 5.5.6 sal van toepassing wees op her-eksamens.
(e) Geen her-eksamens sal toegelaat word in onderrigaanbiedinge wat by wyse van deurlopende evaluasie eksamineer word nie.
5.5.11 Spesiale eksamens
(a) ‘n Spesiale eksamen kan toegestaan word in gevalle waar ‘n student verhinder is om ‘n eksamen af te lê:
(i) as gevolg van siekte op die dag van die eksamen of onmiddelik daarvoor, mits ‘n mediese sertifikaat binne 72 uur na aanvang van die siekte van ‘n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, wat die aard en duur van die siekte-toestand beskryf en waarin verklaar word dat dit weens gesondheidsredes onmoontlik is vir die student om eksamen te skryf, of
(ii) as gevolg van omstandighede soos ernstige siekte of die dood van naby familie (soos deur die Kollegehoof ondersoek en besluit) of ander omstandighede soos deur die Kollegehoof geregverdig, mits bevredigende getuienis, voorgelê word.
(iii) indien ‘n student die Kollege verteenwoordig in erkende sportsoorte soos deur die Kollege gereël op interkollege-, provinsiale- of nasionale vlak.
(b) ‘n Siektebewys-eksamen sal nie toegestaan word tensy skriftelike toestemming vir afwesigheid van die eksamen voor, of op die dag van die eksamen van die Kollegehoof verkry is nie.
(c) Geen spesiale eksamen sal toegelaat word nadat ‘n kandidaat reeds die voorgeskrewe eksamen vir ‘n onderrigaanbieding afgelê het nie.
5.5.12 Eksamen slaagklasse
(a) Die gemiddelde punte van al die onderrigaanbiedinge word bereken om die slaagklas vir ‘n diploma te bepaal.
(b) ‘n Diploma word toegeken:
(i) met onderskeiding, aan ‘n student wat ‘n gesamentlike gemiddeld van ten minste 80% vir die volle duur van die onderrigprogram gehandhaaf het;
(ii) in die eerste klas as ‘n gesamentlike gemiddeld van tussen 70 en 79% behaal is.
( c) ‘n onderrigaanbieding word met onderskeiding geslaag as ‘n finale punt van ten minste 80% behaal word.
5.5.13 Eksamenreëls
(a) Eksamenreëls is van toepassing by alle vorme van eksaminering insluitende teoretiese en praktiese toetse, klasopdragte, verslae en take, of enige sodanige werk wat vir die doel voorgeskryf word.
(b) Enige student wat skuldig bevind word aan ’n oortreding van die eksamenreëls stel homself bloot aan permanente skorsing as ’n student van die Kollege of sodanige tugmaatreëls soos wat die Kollege doenlik ag.
5.5.14 Aansoek om hermerk van ’n eksamenvraestel
’n Student mag aansoek doen vir die hermerk van ’n vraestel
(a) Die kandidaat moet skriftelik binne drie dae na bekendmaking van die gemodereerde punte by die Eksamenbeampte aansoek doen vir ’n hermerk.
(b) Aansoek vir hermerk kan slegs in die geval van ’n teoretiese finale eksamen gedoen word.
(c) Die hermerk is onderhewig aan die betaling van die hermerk tarief. Die tarief vir ’n hermerk word jaarliks deur die Tesourie, op aanbeveling van die Kollege vasgestel.
(d) Die hermerk proses moet volgens die prosedure vir hermerk van eksamenvraestelle hanteer word.
5.6 HERHALING VAN ONDERRIGAANBIEDINGE
5.6.1 ‘n Student wat ‘n onderrigaanbieding in ‘n semester, anders as die finale semester van die uittreevlak van ‘n onderrigprogram, gedruip het, kan met die toestemming van die Kollege toegelaat word om sodanige onderrigaanbieding te herhaal sonder klasbywoning, met dien verstande dat:
(a) ‘n predikaat van ten minste 40% behaal is; (Hierdie reël het net betrekking tot studente wat in 2011 en vroeër geregistreer het)
(b) onderrigaanbiedinge wat as voorvereistes vir toelating tot opvolgende onderrigaanbiedinge voorgeskryf word, kan slegs herhaal word as dit moontlik is binne die normale duur van die onderrigprogram. Sodanige onderrigaanbieding moet geslaag word, voor toelating tot die onderrigaanbieding waarvoor dit as voorvereiste voorgeskryf is; (Hierdie reël het net betrekking tot studente wat in 2011 en vroeër geregistreer het)
(c) kandidate sal nie toegelaat word om onderrigaanbiedinge wat volgens die stelsel van deurlopende evaluering eksamineer word sonder klasbywoning te herhaal nie, dit geld ook vir enige ander vorm van evaluering; (Hierdie reël het net betrekking tot studente wat in 2011 en vroeër geregistreer het)
(d) indien ‘n student ‘n predikaat van 40 - 49% behaal het, word daar aanbeveel dat die student die toetse en/of enige ander vorm van evaluasie moet afllê om ‘n beter predikaat te verkry. (Hierdie reël het net betrekking tot studente wat in 2011 en vroeër geregistreer het)
5.6.2 ’n Student wat meer as twee onderrigaanbiedinge per semester druip moet daardie onderrigaanbieding wat gedruip is herhaal met ‘n 80% klasbywoning. Hy/sy mag slegs die hoeveelheid onderrigaanbiedinge neem wat gelyk is aan die aantal onderrigaanbiedinge vir die opvolgende semester (2012). ‘n Student wat aan die einde van ‘n finale semester van studie van ‘n onderrigprogram in nie meer as twee onderrigaanbiedinge gedruip het, wat die enigste uitstaande onderrigaanbiedinge is om die onderrigprogram te voltooi, mag met die toestemming van die Kollege die uitstaande onderrigaanbiedinge met klasbywoning herhaal, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
(a) dat dit vereis sal word dat ‘n nuwe semesterpunt verwerf moet word;
(b) dit sal vereis word dat ‘n kandidaat aan sodanige administratiewe reëlings soos wat die Kollege voorskryf vir die afneem van eksamens, moet voldoen;
(c) vrystelling van klasbywoning sal nie toegestaan word vir onderrigaanbiedinge wat volgens die stelsel van deurlopende evaluering eksamineer word nie;
(d) ‘n student wat nie aan bogenoemde vereistes voldoen nie sal as student van die Kollege uitgesluit word en sal in ooreenstemming met reël 5.5.8 en 5.8.2 om hertoelating moet aansoek doen.
5.7 VRYSTELLING VAN ONDERRIGAANBIEDINGE
5.7.1 ‘n Kandidaat kan aansoek doen vir vrystelling van dieselfde of soortgelyke onderrigaanbiedinge indien dit geslaag is ter verwerwing van ‘n kwalifikasie van hierdie Kollege of ‘n ander erkende instansie.
5.7.2 Vrystelling van onderrigaanbiedinge geslaag by ‘n ander erkende instansie waar ‘n onderrigprogram nie voltooi is nie, mag deur die Kollege, onderhewig aan die volgende voorwaardes verleen word;
(a) Die duur van bywoning by sodanige ander erkende instansie moet gelykstaande wees aan ten minste die duur van die onderrigprogram by hierdie Kollege.
(b) Nieteenstaande reël 5.7.2 (a) sal vrystelling vir nie meer as 50% van die totale aantal krediete wat vir ‘n sertifkaat voorgeskryf word, gegee word nie en sal vereis word dat ‘n kandidaat al die finale vlak onderrigaanbiedinge moet slaag.
5.7.3 Vrystelling van onderrigaanbiedinge geslaag by ‘n ander erkende instansie, waar ‘n kandidaat ’n kwalifikasie verwerf het, kan deur hierdie Kollege verleen word, onderhewig aan die volgende voorwaardes:
(a) Die kwalifikasie wat verwerf is, moet op dieselfde NQF standaard wees as wat deur die Kollege erken word. Dit moet voor die eerste puntevergadering voorgelê word sodat die student weer deur hierdie Kollege evalueer kan word.
(b) ‘n Kandidaat sal nie vrystelling verleen word vir meer as 50% van die totale krediete vir die betrokke sertifikaat nie.
(c) Ten minste 50% van die krediete voorgeskryf vir die sertifikaat wat deur hierdie Kollege aangebied word, moet krediete wees wat nie voorheen geslaag is nie.
(d) ‘n Kandidaat sal nie vrystelling vir finale vlak onderrigaanbiedinge verleen word nie.
5.8 VEREISTES VIR AKADEMIESE VORDERING
5.8.1 ‘n Student sal van die Kollege uitgesluit word, indien:
(a) daar nie aan al die vereistes volgens die reëls wat vir ‘n onderrigprogram voorgeskryf word, voldoen word nie; of
(b) in die oordeel van die Kollege, op aanbeveling van die Kollegehoof, ‘n student nie bevredigende vordering met sy/haar studies maak nie. ‘n Voltydse student moet die onderrigaanbiedinge van ‘n onderrigjaar binne twee kalenderjare voltooi anders sal hy/sy van die Kollege uitgesluit word.
5.8.2 ‘n Student wat van die Kollege uitgesluit was sal alleenlik hertoelating verkry met die goedkeuring van die Kollege en met dien verstande dat hertoelating geweier kan word of sodanige voorwaardes vir hertoelating voorgeskryf kan word soos deur die Kollege bepaal word.
5.8.3 ‘n Student wat meer as drie onderrigaanbiedinge per jaar druip moet weer aansoek doen vir koshuisverblyf.
5.9 BETALING VAN KOLLEGEFOOIE
5.9.1 Inleiding
‘n Student wat by Grootfontein studeer is verantwoordelik vir die betaling van die voorgeskrewe fooie. Hierdie fooie word deur sekere voorskrifte bepaal. Daar moet ingedagte gehou word dat daar nie van die regulasie van Hoofstuk 23 van die Departementele Finansiële Instruksies (DFI) afgewyk mag word nie.
Kollegefooie word jaarliks hersien. Aangeheg is ‘n uiteensetting van fooie wat betaalbaar is. (Aanhangsel A)
5.9.2 Betaling
R200 is betaalbaar wanneer ‘n student se aansoek aanvaar is. Hierdie betaling word deur die Finansiële Afdeling van Grootfontein ontvang en in die betrokke registers aangeteken soos deur die Departement se instruksies bepaal word.
Wanneer ‘n student by hierdie Kollege registreer moet hy deeglik bewus wees dat die fooie stiptelik betaal moet word.
5.9.3 Kollege fooie
Die Kollege fooie wat aan die Departement betaal word bestaan uit klasfooie, koshuis verblyf, vervoerkoste en maaltye. Op die dag wat ‘n eerstejaar student arriveer is die eerste semester se fooi betaalbaar. Alle fooie vir die semester moet binne die eerste drie weke na die aanvang van ‘n semester betaal word. Die fooie word by die Finansies kantoor van Grootfontein betaal.
5.9.4 Ander fooie
Die vordering van ‘n student mag bepaal dat daar van tyd tot tyd aanvullende eksamens, herregistrasie of hermerk van vraestelle nodig mag wees. Hierdie fooie is vooruitbetaalbaar en geen dienste sal toegelaat word sonder die voorlegging van ‘n kwitansie van die Departement Landbou Boshou en Visserye nie.
5.9.5 Studente Vereniging Fooie
Voordat ‘n student aan enige sport kan deelneem of op enige toer mag gaan moet daar ‘n fooi aan die Studente Vereniging betaal word. Hierdie fooi word alleenlik vir die Huiskas, das, veiligheidsskoene en sweetpak, breekskade, reis en verblyf en sport gebruik. Hierdie fooi is aan die Departement Landbou Bosbou en Visserye betaalbaar en nadat hierdie fooi betaal is word dit oorbetaal aan die Studente Vereniging. Die Studente Vereniging is ‘n nie-winsgewende organisasie en die finansiële state word op ‘n jaarlikse basis deur ‘n ouditeur nagegaan.
Met alle transaksies word daar fakture uitgereik. Maandstate van die Studente Vereniging word aan die Staatsrekenmeester verskaf vir kontrole doeleindes.
5.9.6 Metode van betaling
Fooie kan in kontant by die Finansiële afdeling betaal word. Tjeks of posorders kan aan die Direkteur: Grootfontein uitgemaak word. Persone wat verkies om elektroniese oorbetalings te doen kan dit in die Departement Landbou Bosbou en Visserye (Standard Bank) se rekening betaal.
5.9.7 Nie-betaling van fooie
Indien die Kollegefooie nie op die voorgeskrewe tye betaal is nie, sal ‘n student se registrasie nie goedgekeur word nie en is die student aan een of meer van die volgende maatreëls onderhewig:
(a) Uitsluiting van die Kollege of Koshuis.
(b) Toelating tot toetse of eksamen kan geweier word.
(c) Eksamenuitslae en/of sertifikate sal nie uitgereik word nie alvorens uitstaande fooie ten volle betaal is.
5.9.8 Aanspreeklikheid van die student
‘n Student wat toelating tot die Kollege verkry het, en die registrasievorm as student onderteken het, sal ten volle aanspreeklik wees vir die betaling van die voorgeskrewe fooie in ooreenstemming met die voorgeskrewe voorwaardes en regulasies van Hoofstuk 25 van DFI.
Fooie en voorwaardes vir die betaling daarvan en ander toepaslike reëls en regulasies word deur die
Departement van Landbou Bosbou en Visserye neergelê en is onderhewig aan wysiging sonder vooraf
kennisgewing.
5.9.9 Terugbetaling van fooie na staking van studies
5.9.9.1 Kennis van onttrekking van die Kollege moet skriftelik aan die Kollegehoof gerig word.
5.9.9.2 Die terugbetaling van fooie, indien enige, sal bereken word met betrekking tot die datum van ontvangs van sodanige kennis. Indien sodanige kennis nie gegee word nie sal die student vir die betaling van die volle fooie vir ‘n bepaalde semester aanspreeklik wees.
5.9.9.3 ‘n Pro rata terugbetaling kan gemaak word indien ‘n student die Kollege binne drie weke (21 dae) na die aanvang van ‘n semester verlaat.
5.9.9.4 Fooie sal nie terugbetaalbaar wees na verloop van drie weke (21 dae) na aanvang van ‘n semester, behalwe:
(a) Wanneer ‘n student moet onttrek as gevolg van siekte, soos deur ‘n mediese sertifikaat bevestig of
(b) Wanneer ‘n student sterf, kan ‘n pro rata terugbetaling van klas- en losiesfooie gemaak word.
6. KONSULTASIE
6.1 Kollegehoof: 15:00 – 16:00 (afspraak moet by die Eksamenbeampte gemaak word).
6.2 Eksamenbeampte: 07:30 – 08:10
12:00 – 12:45
15:30 – 16:00
7. STUDENTE VERVOER
7.1 Net studente wat by hierdie Kollege geregistreer is mag van die Kollege se vervoer gebruik maak.
7.2 Studente moet hulle behoorlik gedra en mede passasiers se regte respekteer.
7.3 Vertrek tye moet stiptelik nagekom word.
7.4 Die gebruik van drank of rook in Kollege voertuie word nie toegelaat nie.
7.5 Na voltooiing van ’n rit moet alle rommel uit die voertuig verwyder word.
7.6 Enige student wat skuldig bevind word aan bogenoemde oortredings stel hom-/haarself bloot aan skorsing van die Kollege se vervoer.
7.7 Vervoer is alleen beskikbaar vir Kollege aangeleenthede.
8. WYSIGING VAN REËLS
8.1 Indien die reëls vir die onderrigprogram gewysig word, sal ‘n student wat onder die vorige reëls ingeskryf
het, krediete behou vir alle modules wat voor die wysiging van die reëls geslaag is, mits so ‘n student die onderrigprogram sonder onderbreking voortsit.
8.2 Sodanige student sal egter verplig wees om met die onderrigprogram onder die gewysigde reëls voort te
gaan.
8.3 Wanneer ‘n onderrigprogram hersien word of gewysig word, sal sodanige verandering in werking tree
vanaf ‘n datum soos deur die Kollege bepaal word.
Sien aanhangsel A: Kollegefooie 2012
Goedgekeur deur die Kollege Akademiese Komitee op Januarie 2012
AANHANGSEL: A
|
GROOTFONTEIN LANDBOUKOLLEGE KOLLEGEFOOIE 2012 |
|
BESKRYWING |
JAAR I R200 per onderrigaanbieding |
JAAR II R200 per onderrigaanbieding |
JAAR III R200 per onderrigaanbieding |
|||
|
Semester |
Semester |
Semester |
||||
|
1 |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
|
|
10 |
10 |
13 |
11 |
11 |
4 |
|
|
Inwoning |
7 497 |
7 497 |
7 497 |
7 497 |
7 497 |
7 497 |
|
Klasgelde |
2 000 |
2 000 |
2 400 |
2 200 |
2 200 |
800 |
|
Administrasie Fooi – Deposito |
210 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
|
Vervoer |
254 |
255 |
254 |
255 |
254 |
255 |
|
Studentevereniging |
1 600 |
1 600 |
1 600 |
1 600 |
1 600 |
1 600 |
|
Huiskasfooi |
250 |
250 |
250 |
250 |
250 |
250 |
|
Das, sweetpak en veiligheid-skoene |
1 500 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
|
Breekskadefooi |
150 |
150 |
150 |
150 |
150 |
150 |
|
Kort Kursusse, Reis en Verblyf |
1 578 |
1 578 |
2 368 |
2 368 |
3 946 |
3 946 |
TOTAAL PER SEMESTER |
15 039 |
13 330 |
14 519 |
14 320 |
15 897 |
14 498 |
|
TOTAAL: |
R 28 369 |
R 28 839 |
R 30 395 |
|||
SONDER AKKOMMODASIE |
7 542 |
5 833 |
7 022 |
6 823 |
8 400 |
7 001 |
|
TOTAAL: |
R 13 375 |
R 13 845 |
R 15 401 |
|||
Buitengewone eksamens:
Spesiale Eksamenfooie R100 per onderrigaanbieding
Herhaal onderigaanbieding R299 per onderrigaanbieding
Herregistrasie van ‘n onderrigaanbieding R299 per onderrigaanbieding
Hernasien van ‘n vraestel R131 per onderrigaanbieding
Vervanging van studentekaart R60
Vervanging van studente lesingmateriaal R100 per onderrigaanbieding
Herdruk puntestaat uitslae R60
Neem asseblief kennis:
1. Klasgelde is gebaseer op huidige voorgeskrewe onderrigaanbieding per semester .
2. Die voorgeskrewe semesterfooie is binne drie weke aan die begin van elke semester betaalbaar.
3. Rente word gehef per jaar op gelde wat na die voorgeskrewe datum betaal word. Rente is gekoppel
aan markverwante skommelings soos deur die Mininster van Finansies bepaal word.
AANHANGSEL: B
Landboukollege Grootfontein
Reëls vir studentetoere
Hierdie reëls streef daarna om te verseker dat die studente goeie ambassadeurs van die Landboukollege Grootfontein sal wees deur uitstekende studente dissipline tydens toere te verseker. Hierdie reëls geld in kombinasie met die normale reëls vir studente dissipline.
Hierdie reëls geld vir alle studentetoere insluitend, maar nie beperk tot:
· Akademiese toere
· Akademiese ekskursies
· Praktiese ekskursies
· Boeredae
· Skoue/ekspo’s
· Veilings
· Sport toernooie
· En enige ander amptelike Kollege aktiwiteite weg van die kampus
Dit moet onthou word dat baie van hierdie toere ‘n geleentheid en ‘n voorreg is vir die meeste studente wat hulle nie andersins sou gehad het nie. Studente moet dus die toere gebruik om hulle verwysingsraamwerk te verbreed, ervaring en kennis op te doen, nie slegs in die betrokke vakgebied nie, maar ook in die groter landboubedryf en praktyke. Behoorlike dissipline sal verseker dat alle studente die beste geleentheid kry om die maksimum voordele van die toer te kan ervaar.
Studente moet te alle tye gepas geklee wees vir die geleentheid.
· Praktiese toere
Byvoorbeeld Grootvee KI – die normale voorgeskrewe klere moet gedra word, soos ‘n oorpak en veiligheidskoene/stewels.
· Begeleide besoeke
Byvoorbeeld besoeke aan ‘n wildspark – netjies en smaakvolle klere geskik vir die besoek
· Boeredae, skoue, veilings en ekspo’s
Verkieslik klere met Grootfontein identifikasie daarop, byvoorbeeld die drag van ‘n spesifieke prodduksie-eenheid.
· Sport toernooie
Amptelike, volledige en skoon Kollegedrag soos sweetpakke, T-hemde en wedstrydklere
· Amptelike vergaderings
Kollegebaadjie, kraaghemp, das en kakiebroek vir mans en ‘n baadjie, Kollege bloes en kakieromp/broek vir dames
· Aftye op toere
Informeel maar smaakvol
Beamptes in beheer van toere moet, voordat die toer begin, die studente inlig oor die toepaslike kleredrag vir daardie spesifieke toer.
Studente moet die meubels, toerusting en bates van die verblyf wat voorsien word met sorg hanteer. Geen vandalisme, misbruik of enige vorm van skade aan die fisiese verblyf (deure, vensters, ens.) en bates (glase, borde, ens.) sal toegelaat word nie. Enige opsetlike of nalatige skade aan eiendom of toerusting moet onmiddelik aan die toerleier rapporteer word.
Die akkomodasie moet te alle tye netjies en skoon gehou word. Rommel moet in asblikke weggegooi word, klere moet netjies weggepak word, beddens moet opgemaak word en badkamers en kombuise moet skoon en higiënies gehou word.
Elektroniese apparaat soos TV’s en musiekspelers moet met die nodge sorg gebruik word om nie die aanvaarbare vlakke van geraas te oorskry nie. In die geval van ‘n braai of sosiale kuier by die verblyf moet die geraas op lae vlakke gehou word. Die regte van ander inwoners moet te alle tye gerespekteer word.
Sou drankgebruik toegelaat word, moet dit op die aangewese plekke gebruik word en binne redelike perke.
Toerleiers moet die studente inlig oor die verblyf wat bespreek is en die reëls wat geld by daardie verblyfplek sowel as die afsnytyd vir musiek en braai.
Waar van amptelike Kollegevervoer gebruik gemaak word moet die volgende in gedagte gehou word:
· Geen rokery word toegelaat in die voertuie nie
· Geen drankgebruik word toegelaat in die voertuie nie
· Die beampte in beheer van ‘n toer sal die reg hê om te weier dat ‘n student in die voertuig klim indien daar vermoed word dat die student onder die invloed van drank is
· Die bestuurder mag nie geïntimideer word of sy/haar aandag mag nie afgetrek word nie aangesien dit mag lei tot ‘n ongeluk
· Geraas in die voertuig moet tot redelike vlakke beperk word
· Geen student mag ‘n Kollegevoertuig bestuur nie
· Die binnekant van voertuie moet skoon gehou word en bottels, blikkies, papiere, plastiese items en alle ander afvalprodukte moet na afloop van elke rit verwyder word en in ‘n vullisblik weggegooi word
· Geen voorwerpe mag uit voertuie gegooi word nie
· Studente mag nie met privaatvervoer op toere gaan nie. Slegs in uitsonderlike gevalle en met vooraf goedkeuring van die toerleier, mag ‘n student met eie vervoer na die basiskamp van die toer ry. Die voertuig moet dan daar parker word en die sleutels aan die teorleier oorhandig word. Die sleutels sal slegs aan die einde van die toer teruggegee word vir die terugrit Kollege of huis toe.
Voor die aanvang van elke toer moet die toerleier die studente inlig oor die vervoerreëlings en reëls.
Studente moet te alle tye hulle oordentlik gedra en aandag gee wanneer gassprekers praat tydens lesings, begeleide toere en praatjies. Studente moet respek bewys aan gashere en aanbieders deur hulle ‘n behoorlike geleentheid te gee om hulle boodskap oor te dra. Die lyftaal van die studente moet ook positief wees. Geen pratery, grappies of die luister na musiek of die stuur van teksboodskappe op selfone sal toegelaat word nie. Vrae moet duidelik en beskaafd gevra word en geen onbehoorlike oprmerkings mag gemaak word nie. Studente moet nugter wees tydens alle amptelike aktiwiteite van die toer.
Toerleiers moet die studente voortdurend inlig oor behoorlike gedrag.
Enige aksie, nalatigheid, woorde of gedrag wat teenstrydig is met die riglyne wat in die reëls uitgestippel word sal beskou word as wangedrag en studente sal onderhewig wees aan onmiddelike dissiplinêre aksies tydens die toer of na aankoms op die kampus.
Die toerleier in beheer van die spesifieke toer sal die reg hê om die volgende maatreëls in te stel na deeglike ondersoek, konsultasie en oorweging van al die omstandighede en bewyse. Slegs as bo redelike twyfel seker is oor die meriete van ‘n maatreël mag dit ingestel word. Hierdie reëls moet eerder as ‘n voorkomende maatreël as ‘n strafmaatreël beskou word.
a. Aanmeld vir die toer onder die invloed van drank
Verbeur die toer – word agtergelaat. Die kursus waarvan die toer ‘n deel uitmaak sal as onvoltooid beskou word en moet die volgende jaar herhaal word.
b. Onder die invloed van drank tydens amptelike aktiwiteite van die toer
Uitgelsuit van die res van die toer en afgelaai by die naaste polisiestasie. Die kursus waarvan die toer ‘n deel uitmaak sal as onvoltooid beskou word en moet die volgende jaar herhaal word.
c. Disrespekvol teenoor aanbieders, gidse, organiseerders en gashere
Uitgelsuit van die res van die toer en afgelaai by die naaste polisiestasie. Die kursus waarvan die toer ‘n deel uitmaak sal as onvoltooid beskou word en moet die volgende jaar herhaal word.
d. Minagting van die kleredrag voorskrifte
Nie toegelaat vir daardie deel van die toer/gebeurtenis
e. Beskadiging aan verblyf
Uitgelsuit van die res van die toer en afgelaai by die naaste polisiestasie. Die kursus waarvan die toer ‘n deel uitmaak sal as onvoltooid beskou word en moet die volgende jaar herhaal word. Herstel/vervangingskoste is die verantwoordleikheid van die student
f. Disrespek van enige persoon se regte tydens die toer
Uitgelsuit van die res van die toer en afgelaai by die naaste polisiestasie. Die kursus waarvan die toer ‘n deel uitmaak sal as onvoltooid beskou word en moet die volgende jaar herhaal word.
g. Rook en/of drink in amptelike vervoer
Uitgelsuit van die res van die toer en afgelaai by die naaste polisiestasie. Die kursus waarvan die toer ‘n deel uitmaak sal as onvoltooid beskou word en moet die volgende jaar herhaal word.
h. Slordige voertuie, kamers, ens.
Gemeenskapsdiens om alle voertuie, skottelgoed en ander take te verrig vir die res van die toer
Sou die oortreding van hierdie reëls van ‘n ernstige aard wees, mag ‘n student van alle verdere toere, besoeke, skoue en ekspos uitgesluit word. In meer ernstige gevalle mag ‘n student uit die Kollege geskors word.
· Dit is die verantwoordelikheid van die toerleier om die studente in te lig oor die reëls vir studentetoere
· Die toerleier moet ‘n program vir die toer voorsien
· Die toerleier moet die studente inlig oor die relevantheid van die toer
· Wanneer studente optree buite die raamwerk van die toer en nadat hulle ingelig is oor die reëls, kan die toerleier nie aanspreeklik gehou word vir enige besering aan, aksies teen of ongeluk van die student nie
· Die toerleier moet van akkommodasie op dieselfde eindom gebruik maak tydens die toer om discipline te handhaaf en om beskikbaar te wees in noodgevalle.