Last update: January 18, 2011 02:28:48 PM E-mail Print


Toespraak voor Sakekamer 22 Aug. 2001, Grootfontein Landboukollege.

Dr. P.W. Roux

 

 

Die Britse Militere Kamp te Middelburg, Kaapkolonie, gevestig op Grootfontein na beëindiging van die Anglo-Boere-oorlog in 1903


Die doel met my toespraak is om 'n groter bewustheid te skep oor die enigsins uitsonderlike gebeure wat hier op ons Middelburgse voorstoep afgespeel het na die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog op 31 Mei, 1902. Die vestiging van 'n tydelike ontrekkingskamp vir Britse soldate, veral vir soldate van die 3rd Battalion, Manchester Regiment, voordat hulle weer na hul verskeie vaderlande (Engeland, Skotland, Wallis, Ierland, Indië) terugverskeep kon word, het op die huidige terrein van die Grootfontein Landboukollege plaasgevind. Die kampgronde is gekonsolideer uit verskillende plase en gedeeltes van plase, waarvan Grote Fontein , de Koppen, Kuyl en 't Rif die belangrikste was. Die gesamentlike grootte was oor die 12 000morg. Die gronde is deur die British War Department aangekoop.


Gedrende die oorlog was daar geen troepe op die huidige gronde gevestig nie, hoewel daar groot getalle soldate in die omgewing teenwoordig was. Die manskappe van die 3rd Manchester Regiment was hoofsaaklik op die gronde gehuisvas, maar was nie op volle sterkte nie en dus aangevul deur Kaapse Kolonialers.

Getal Kampinwoners:

Die uitsonderlikheid van hierdie gebeure is dat so 'n reuse kampterrein -gelykstaande aan 'n groterige Karoo dorp- binne die bestek van etlike maande gevestig geraak het. Hierdie kamp moes voorsiening maak vir ongeveer 7500 soldate en 3500 vrouens en kinders; dit gee 'n totaal van 11 000 siele. Dat hierdie getal redelik akkuraat is, kan ook afgelei word van die rang van die kamphoof, Majoor Maurice. Indien die getalle ho'r was dan sou die rang van die kamphoof ten minste di' van 'n Brigadier Generaal gewees het. Dit is uiters moeilik om name van offisiere en ander milit're personeel en inwoners te bekom tensy argiefstukke nagegaan word, soos o.a. die Staatsargiewe te Kaapstad, die Britse War Office in Londen, asook die naslaan van berigte in verskeie koerante van daardie tyd.


'n Verdere baie groot item was voer en stalling vir die groot getal ryperde, trekperde en muile. Na raming was daar ongeveer 2000 perde en muile. Hierdie diere sou aanvanklik op die veld gewei het en in kampies gevoer gewees het. Daar word juis 'n groot skuur vir voervoorrade op die kaart aangetoon op die terrein van die spoorwegsylyn wat ook gebou moes word.

Logistieke Probleme:

Die logistieke probleme wat gepaard gegaan het met die uitleg en konstruksie van die kamp moes enorm gewees het veral as in aanmerking geneem word die betreklike kort tyd wat dit geneem het om huisvesting en basiese fasiliteite en dienste te vestig vir die enorme bevolking op te rig. Dit kan logies aanvaar word dat een van die hoof oorweginge om die kamp hier op te rig direk toe te skryf is aan die betroubare watervoorraad uit die groot fontein en die nabyheid van 'n goed gevestigde dorp. 'n Groot voordeel was dat die kampterrein geheel en al op feitlik gelyke grond opgerig is. Verder, as gevolg van die uitstekende spoorverbindings -veral met 'n spoorwegaansluiting soos Rosmead en Noupoort in die nabyheid- was deurslaggewend.

Royal Engineers beplan die Kamp:

Die Royal Engineers, te oordeel na die kaarte deur die afdeling opgestel, was verantwoordelik vir die opmetings, kampuitleg, paaie en ander konstruksies. Die onmiddellike fisiese behoeftes wat bevredig moes word was ongetwyfeld die voorsien van drinkwater, huisvesting, sanitasie, gesondheid, voedselvoorrade en vervoer. Daar was geen elektrisiteit beskikbaar nie en gevolglik was beligting hoofsaaklik deur kerse, lampe en lanterns. Aanvanklik moes daar 'n baie groot tentedorp bestaan het om die soldate wat die werk verrig het, te huisves. Ek is van mening dat tente allerwee die belangrikste rolin die huisvesting gespeel het aangesien die getalle bungalows wat opgerig is nie voldoende sou gewees het om so 'n groot bevolking te huisves nie. Daar was waarskynlik, sover dit tenthuisvesting betref, 'n voortdurende sirkulasie van troepe vanaf die veld terug na die buiteland. Dit wil voorkom, volgens die uitleg van die kamp in blokke, dat elke seksie verantwoordelik was vir die oprigting van eie fasiliteite volgens die standaard voorskrifte. Volgens hoor-s' was daar groot arbeid-ondersteuning vanuit die plaaslike bevolking. Die voorsien van voedsel aan die menigte was beslis 'n reuse taak. Volgens die houer-reste wat op die ou ashope aangetref word, was bully-beef skynbaar 'n baie belangrike item in die daaglikse di'et. Verder het gekondenseerde melk 'n baie belangrike rol gespeel. Mielie- en koringmeel vir pap en brood moes baie belangrike voedsel items gewees het. Ongetwyfeld het die boere van die omgewing vir verdere voedselvoorade gesorg in die vorm van vleis en groente. By Matjiesfontein, suid van Middelburg, was daar blykbaar 'n groot groentetuin, deur ene Harry Distin, bedryf spesifiek met die doel om groente aan die kamp te verskaf. Hierdie groente is deur 'n geakrediteerde aankoper, ene Belleurs, vir die kamp aangekoop.

Boumateriaal vir Bungalows:

Dit is nie bekend waar die voorafvervaardigde modules waaruit die bungalows aanmekaar gesit is, afkomstig is nie. Daar is verskeie opinies hieroor; dat die modules uit Kanada verskeep is, uit Bermuda en Ceylon of selfs uit Swede. Dit is bekend dat bungalows in Indi' baie algemeen in gebruik was deur die Britse Milit're, dus was die gebruik en vervaardiging van bungalow modules algemeen. Feitlik al die bungalow-tipe huise se konstruksie het bestaan uit 'n sementblad, steenvuurherde en koorstene, en die voorafvervaardigde modules met vensters en deure. Van die Bungalows se vloere het op kort pale gerus wat as fondamente gedien het. Meeste van hierdie bungalows is baie later tot op vloervlak met stene toegebou as gevolg van die koue winters.

Terreinkaart van die Kantonmente-uitleg:

Om 'n betroubare rekonstruksie van die kamp en sy aktiwiteite te maak bestaan genoeg inligting. Die uitstekende terreinkaart van die kampuitleg, soos deur die Royal Engineers in 1905 opgemeet, kan die basis vorm. Die kaart toon die grotere basiese uitleg aan soos dit in 1905 was. Daarna is bleikbaar nog heelwat geboue en fasiliteite opgerig wat op foto's verskyn maar nie op die kaart ingetrek is nie.d nie. Op die kaart word die standplase en uitlegte van die verskillende bataljonne en seksies aangetoon, asook die posisies van geboue, fasiliteite, paradegronde ensomeer. Verder ook die uitstekende panoramiese foto's (halfplaat sepia kontakafdrukke) van die kampuitlegte wat uit verskillende rigtings vanaf die omliggende koppies geneem is. Daar bestaan ook enkele milit're foto's van geboue en offisiere, poskaarte van die omgewing, asook etlike museum- items wat ondersteunend kan wees. Die talle reste van fondamente van geboue, steenvuurherde, die ou tronkie, vervalle krale, klipskanse, en ander relikte verskaf verdere materiaal vir 'n feitlik totale rekonstruksie van hierdie enigsins onbekende, maar baie belangrike na-oorlogse episode wat ook ingrypend op die ontwikkelling van Middelburg impakteer het. Maar dit was veral deurslaggewend vir die stigting van die Grootfontein School of Agriculture en die latere Grootfontein Lanboukollege wat kardinaal was vir die ekonomie van Middelburg.

Mineral water factory

Op die kampkaart en foto's word daar 'n "mineral water factory" aangetoon. Dit was gelee nie ver van die drif af op die hoofingang na die Kollege nie. Hierdie fabriek het gesorg vir sodawater (offisiers whiskey ??) asook vir lemonade en gemmerbier. Die groot getal albasterbottels wat op die ashope uitgegrawe is getuig van 'n florerende produksie. So ook stortingsterreine waar daar nog sowat 50 jaar gelede honderde gemmer-erdeflessies, meestal gebreek, rongestrooi gel' het. Op die kaart is daar ook 'n tuin aangedui.

Ontspanning:

'n Probleem met so 'n groot bevolking soldate, is om ledigheid te beveg en ontspannings en sportgeriewe te vestig. Ten opsigte van ontspanning was daar 'n Direkteur vir Ontspanning, naamlik Gilbert Worsely (Dir. Rec) wat sy naam in 1904 bo-op Lancer's Kopje op 'n plat klip, naby die fort se ruine, uitgebeitel het. Daar was oo gimnasiums, biljartkamers, oefenterreine, paradegronde en 'n poloveld. Dit is aan my vertel dat daarook 'n "steeplechase" baan bestaan het wat langsdie Noupoortpad geloop het en dan in die rigting van Jones Poort gedraai het.

Geboue wat opgerig is:

Geboue en fasiliteite wat bestaan het ten tyde van die opmetings vir die kaart, was ongeveer 180 bungalows, van baie groot tot klein, 37 perdestalle, 6 menasies, 4 klubgeboue, 3 kantiene, 3 skoolgeboue, 5 groot store, 5 smederye en werkwinkels, 1 saagmeule, 3 gimnasiums, 2 polisiekantore, een telegraafsentrale, 3 hospitale, 1 winkel, 1 poskantoor, 1 teater, 1 kerk, een mineraalwaterfabriek, voldoende ablusieblokke en latrines, wasserye, ontspanningsterreine met paviljoene, 1 tronkgeboutjie, poloveld en 'n aantal krale en kampongs en nog heelwat ander diverse en funksionele geboutjies. Verder was daar drie stortingsterreine, maar wat nie op die kaart aangetoon word nie. Ongelukkig is die groot tydelike tentdorpe (beide groot- en kloktente) nie op die kaart aaangebring nie. So byvoorbeeld is daar op een foto uit daardie tyd 'n blok van 100 tente het, en 'n ander terrein wat slegs aangedui word as 'n standplaas van tydelike artilleriehutte. Dit kan dus afgelei word dat slegs die permanete strukture op kaart gestel is. Na 1905 moes daar nog heelwat geboue, tydelik en van die bungalow-tipe opgerig gewees het. So is daar die kantore van die Grootfontein Landboukollege wat as administratiewe gebou gebruik is tot met die sloping in 1980. Hierdie gebou was van steen en bedoel as soldaatbarakke. Die etlike bestaande en bewoonde geboue, nou bykans 100 jaar oud, sal verdere inligting verskaf oor die argtektuur van die geboue, konstruksiemetodes, materiale ens.

Topokadastrale Kaart

Een van die heel belangrikste nalatenskappe uit hierdie tydperk is die topokadastrale kaart (met Skaal 1/15 000) wat in 1906 deur die Royal Engineers se landmeters voltooi is. Hierdie kaart voldoen aan al die moderne vereistes vir 'n kaart van hierdie soort. Die kaart dek 'n gebied met 'n straal van 32km, met sentrale punt Grootfontein. Al die belangrikste topografiese en fisiese kenmerke is op die kaart aangeteken. So byvoorbeeld die benaming van rante en koppe. Die spitkop aan die weste van Grootfontein word aangegee as Folmincks Hill. Die rante agter die Kollegegeboue staan bekend as Windy Gap Ridge. Dit is 'n goeie benaming aangesien Lancerskop en die rantrug deur 'n poort na die noorde geskei word. Ander belangrike geografiese kenmerke word aangedui as "good grazing", "swampy", "good veld", "strong spring", ens. Deur 'n studie van hierdie kaart te maak kom mens bepaal tot watter mate veldkenmerke en waters verander het. Met die opstel van die kaart is gebruik gemaak van vaste bakens en driehoeksmeting. Op die kaart word basispunte aangedui as BH vir Bench Heights. Verder bestaan daar nog een driepootbaken van pyp op 'n koppe aan die noordelike grans van die Kollegegronde.

Bestaande geboue ens. in 2001:

Kamphoof se woning:

Hierdie woning is gelee aan die voet van Windy Gap Ridge en ongeveer 150m ten ooste van die Dro' Rivier. Hierdie is waarskynlik die oudste van die steeds bestaande geboue uit die kampdae. Hierdie bungalowtipe gebou, met heelwat buitegeboue, is werklik indrukwekkend en is nog in 'n puik toestand; dit word tand nog bewoon. Hierdie huis, met sy menige groot vertrekke, was die hoofkwartier en woning van Majoor Maurice. Elke vertrek in die huis was van diensklokkies voorsien wat in die kombuis geregistreer is. Die skakelbordjie van hierdie stelsel is nog in goeie toestand.

Offisiers Menasie (Huis Karoo):

Die primere hoofkwartier het gesentreer om die offisiers menasie met sy omringende geboue. Hiervan was die 10 groot bungalows die vernaamste. Hiervan bestaan nog 5 met sekere aanpassings en aanbouiings. Ook vier groot perdestalle, elk met na skatting vir 40 perde. Om hierdie diere te versorg was daar 4 groot bungalows vir "grooms". Twee kleiner losstaande geboue het die uitleg voltooi. Dit is baie duidelik dat aan relatiewe luuksheid daar niks tekort geskiet het nie.


Die "Officers Mess", 'n tipiese luukse Victoriaanse militêre opslaangebou, is met veranda, stoep en kruistralies, in 1903 gebou, word bestempel as die tweede oudste bestaande gebou en is voorwaar 'n unieke struktuur. Dit is basies verteenwoordigend van die tipe struktuur en konstruksie van die menige byngaloes wat opgerig is. 'n Bestaande foto toon 'n swierige offisiers onthaal in die hoofsaal asook die twee pragtige kristalkandelare wat aan die plafon gehang het. 'n Soortgelyke uitleg soos hierdie menasie kompleks, met sy 10 woonkwatiere is ook opgerig verder wes in die kamp.

Huis Karoo is ten volle gerestoureer -met enkele wysigings- en is ook amptelik gedokumenteer as 'n Nasionale Gedenkwaardigheid.


Ou Hospitaal:

Ongeveer 500m ten weste van die Offiersmenasie was die sogenaamde Ou Hospitaal gelee. Die basiese konstruksie was soortgelyk aan die van die Offisiers Menasie. Hierdie gebou was nog ten volle funksioneel tot om en by 1975. Dit het tot daardie tyd gedien as mans personeel enkelstafkwartiere waar ek ook gedurende die periode Mei,1949, tot Junie,1956, gebly het. Die gebou het nege slaapvertrekke gehad waarvan twee groot vertrekke was. Daar was 'n uitstekende biljartkamer met 'n swaar 8-poot Thurston-tafel, telbord en toeskouers platvorm. Hierdie biljarttafel is steeds in gebruik in die studente ontspanningskompleks. Alle slaapvertrekke was van kaggels voorsien, soos dit met alle bungalows die geval was. Die rooi erdepotte, wat die koorstene afgerond het die gebou baie statig laat vertoon. Ongelukkig moes ek in 1980 die Bouseksie van die Kollege opdrag gee om die gebou te sloop aangesien dit erg verwaarloos was en onder plundery deurgeloop het.


Pomphuis en water tenks

Watervoorsiening: Dit is vanselfsprekend dat watervoorsiening 'n ho' prioriteit gehad het veral omdat soveel mense daagliks water benodig het tesame met die groot getalperde , ander trekdiere en boomaanplantings. Die sierlike pomphuis en wat steeds in redelik goeie toestand bestaan, is in 1904 gebou en was die spil van watervoorsiening. Hierdie uitstekende struktuur, van harde rooi stene wat perfek ingebou is, is in die Victoriaanse bousten met tipiese Romeinse bo' (redelike replikas van hierdie struktuur staan in Kimberley en Simonstad). 'n Uitstekende waterverfskildery van die pomphuis bestaan nog. Die hoofitem in die gebou was 'n reuse olie-aangedrewe suierpomp -heel waarskynlik 'n Blackstone. Hierdie pomp is waarskynlik deur ondergskikte olie-enjins ondersteun (daar kon selfs 'n tweede primere pomp gewees he. Die hoofsaal van die is 20 x 11m. in oppervlakte. Die ho' dak is van geriffelde sink en word deur staalbalke gestut. Die pomphuis het twee stoorkamers en 'n galery waar dit wil voorkom of die brandstoftenks daarop gemonteer was. 'n Interessante eienskap binne die gebou is die bree lys wat ongeveer 5m hoog voorkom waarop hyskraanwiele op gerol het. Hierdie het gedien om die swaar pompe te verskuif binne in die gebou. Die water is of uit die droe rivier (Grote Fontein) getrek of uit boorgate. Meer waarskynlik uit die rivier aangesien daar 10 sedimentasie staaldamme op die terrein was.


Die water is ongeveer 1.7km ver en 65m hoog opgepomp deur 'n 60mm (??) pyplyn van gegote yster, na twee staaldamme en ses staaltenks. Die roete van die pyplyn kan nog duidelik gesien word direk bokant die groot wit letters wat die naam van die Kollege uitspel. Die inhoud van die twee grootste damme, met 'n deursnee van 17.2 m, het elk 557 kubieke meter elk behouer. Die damme, tans nog steeds in baie goeie toestand, is elk geheel en al gebou van 36 vooraf-gebuigde staalplate van 12mm dik en 2.4m hoog. Daar is na goeie beraming ongeveer 12 000, 25mm dik, perfek gevormde metaal klinknaels, per dam gebruik. Die damme het elk 'n sinkdak, gestut deur gebo' staalbalke, oor gehad wat nog in die geval van eeen dam nog bestaan. Die damme staan op 'n betonvloer.


Addisioneel was daar 6 kleinere damme van ongeveer 4m in deursnee, van waarskynlik dieselfde plaat. Hierdie kleiner damme was waarskynlik ook sedimentdamme of het gedien of was deel van die algemene retikulasdiestelsel is reeds jare gelede verwyder. Die hoof afvoerpyp is 60mm in deursnee. Die pypseksies, elk ongeveer 2m lank, is met tipiese skuiflaste gelas wat met sagte ingestampte lood verseel. Watter tipe pyp vir die res van die kamp gebruik is nie bekend nie, maar dit is seker dat die hoofpypleidings van gegote yster was. Daar is duidelike tekens by party van die bungaloe-ruines, dat sement water tenks teenwoordig was. Dit kan egter met redelike sekerheid aanvaar word dat meeste van die water in tipiese sinktenks gestoor is. Hierdie aanname is gebaseer op die feit dat sinkplate baie algemeen gebruik was.


Ou tronkie en oefenkraal

In die sogenaamde "infantry lines" wes van die Gryskoppad, bestaan die ou tronkie en oefen kampong, soortgelyk aan 'n klipkraal, met gedugte rolle doringdraad bo-op. Die tronkdeur was van staal, maar het in die tussentyd (sedert 1950) verdwyn. Binne in die kampong was ook geboue gewees.


Ashope en sanitasie

Sanitasie en ashope. Op die kaart kan gesien word waar die latrines was. Daar is egter geen aanduiding van ashope nie. Van belangrikste ashope wat ontwikkel het is die baie groot ashoop aan die Rosmeafkant van die Rosmed rantrif en waar die Red hll voorkom. Hierdie ashoop word voortdurend geplunder vir artifakte, maar veral vir ou bottels en erdekannetjies. Alle gemors is skynbaar hier gedump. So is daar groot verroeste klonte hoefysters, kanne, bordskerwe, kondensmelkblikkies, brasso blikkies, ensomeeer. Benewens hierdie ashoop was daar die een aan die westekant van die Kingsway brug en die mediese ashoop aan die noordekant van die militere hospitaal aan die westekant van die terrein en naby die voe van Folmincks hill. Wat sanitasie betref was daar vele ablusieblokke, en latrines wat gediens is volgens die emmerstelsel. 'n Groot "sanitary enclosure" word suid van die spoorwegsylyn aangetoon met insluiting van drie geboue.


Fortiefikasies, klipskanse, sinkplaatsilhoette en skietbane.

Op die kruin van Lancerskop en Windy Gap ridge, kan die oorblyfsels van fortskanse gesien word. Daar is nog drie van hierdie skanse wat herstelbaar is. Elk bestaan uit twee konsentries "damme" van gegalvaniseerde geriffelde plaat van swaar formaat. Die gaping tussen die twee ring is met rotse en grond gevul. Verder is daar heelwat klipskanse in die vorm van halfmane wat oral nog sigbaar is. Hulle is geskik vir 'n soldaat wat of plat l' of op sy hurke sit. Oral op die koppe is daar paadjies wat na die skanse toe lei. Die verste klipskansie kom naby die grens van die plaas Zuidenhof voor. Die grootste van hierdie fortifikasies is die een bo-op Lancer's kop. Die fondamente is nog duidelik en is van plat skalieklip gebou. Die fort was 5m x 4m en is so geplaas dat dit die noordelike sowel as suidelike vlaktes kan bespied. Die swaar 12mm dik ysterdeur, met twee skietgate, van die fortjie l' nog naby die fort.


Skietbane

Verdere interessante aspekte is die twee goeduitgelegde skietbane, A en B, waarvan een nog in die vroe' vyftigerjare nog as lokale skietbaan gebruik is. Dit is duidelik dat skietoefeninge deur die milit're as 'n baie belangrike aktiwiteit aangeslaan is.


Paaie en boomaanplantings. (Waterkarre)

Dit wil voorkom of een van hierdie projekte die aanplant van ongeveer 2000 bloekombome ingesluit het waarvan die gewone bloekomboom die volopste is. Daar is 4 spesies Eucalyptus aangeplant. Van die ou foto's toon rye vars gate om bome te ontvang. Van hierdie bome het seker ongeveer die helfte doodgegaan. Die bome is per waterkar natgemaak word. Die reuse sukses van hierdie aanplantings is een van die groot sierade van die huidige kollege. Om alles te laat vlot is daar etlike hoofpaaie en ondergeskikte paaie aangel'. Van die hoofpaaie het name gehad waarvan Main Avenue die balangrikste was. Ander paaie was Kingsway, Alma Road, Balaclawa Road, Club Road, en Rosmead Road.


Kingsway Brug.

Nog 'n noemenswaardige struktuur was die houtbrug in Kingsway. Dit was 'n groot en lang brug wat die swaarste trokke selfs in onlangse tye nog gedra het. Hierdie brug is met die 1974 vlioed beskadig en moes gesloop word. Tans is daar 'n sementdrif. Die brug se hoofstutte het bestaan uit 18 duim balke van jarrahout wat in konkreet geset was. Die blad van die brug was van dik geelhout wat met teer geimpregneer is, wat dit nutteloos gemaak het vir verdere houtwerk na sloping. Die blad van die brug is aan die stutte gebind deur middel van metaalstroke, metaalboute, kramme en moere. Die houttralies voor die P.W.Vorster-museum is afkomstig van die jarrahout uit die brug. Die tralies is op dieselfde patroon geskoei as houttralies wat om 'n huistuin in die Cradock distrik voorgekom het. Hierdie huis het gedateer uit 1840 en derhalwe kan aanvaar word dat die tralies tipies is van daardie tydperk.


Foto's van die kamp.

Van die heel belangrikste nalatenskappe van die kamp is die bestaande foto's oor die kamp. Daar is drie panoramiese foto's wat met 'n 'half plate' kamera geneem is. Die kamera kon selfs uitgerek word om telefoto's te neem. Die feit dat die 'collodian' film op glas, gebruik is, en dat kontakafdrukke gemaak is, is grotendeels verantwoordelik vir die uitsonderlike gehalte van die afdrukke. Die detail op die foto,s is van so uitsonderlike dat self feitlik onsigbare kenmerke met 'n vergrootglas geidentifiseer kan word. So is daar die muilwa wat deur die drif naby die huidige akkerboupersele deurgaan. Die totale wa met muile is nie langer as ongeveer 9mm nie. Met 'n vergrootglas kan die tuie van die muile gesien word en die persoon op die wa sit byna geidentifiseer kan word. So ook, waar die Seligman Dam tans is, is daar 'n kring van perde omtrent net sigbaar; met vergroting kan duidelik gesien word dat dit lansers (moontlik die Dragoon Guards) met lanse is wat besig is met 'n parade oefening. Die foto's van die algemene kampuitlegte openbaar soms eienaardige detail. So is daar op een foto eienaardige sirkelvormige terrein; heelwaarskynlik ook vir oefeninge met perde. Deur die foto's fotogrammetries te bestudeer en te versyfer kan 'n weelde van inligting gegenereer word.


Gruisgroewe (3 groewe)

Op die kampkaart word drie gruisgroewe (quarries) met klipbrekers aangedui. Die grootste van die groewe kom direk agter die huidige hoofgebou op Grootfontein voor. Die klipbreker staan nog gemonteer op ''n konkreet basis, maar dit is nie die oorspronklike basis nie.

Begraafplase

Die eerste militere kerkhof was aan die oostekant van die Dro' Rivier en is in Oktober 1905 gesluit vanwee die gevaar van die verspreiding van aansteeklike siektes. 'n Nuwe begraafplaas is aangele op die Rooskloofpad. Nadat maagkoors in 1905 uitgebreek het is alle sanitere geriewe opgeknap en die ashoop verskuif na anderkant die Red hill rif. Dit is aan my gese dat die troepe nie aan maagkoors gesterf het nie, maar hoofsaaklik aan voedselvergiftiging.


Die Ou Begraafplaas:

Daar is 42 grafte in die ou begraafplaas waarvan die helfte ongemerk is. Die interessanste graf is die van Gunner William Storey, wat deur weerlig gedood is op die 20ste Januarie, 1905. Volgens persoonlike mededeling aan my deur Charlie Santy, wat op daardie datum ongeveer 12 jaar oud was en sy pa gehelp het by die Ou Hospitaal, en steeds daar gewerk het ten tyde van my verblyf in hierdie enkelstafkwartiere, het vertel dat kavalleris Storey deur die weerlig getref is terwyl hy en ander kavalleriste naby die huidige P.W.Vorster museum deur die hek gery het.. Kort nadat die soldaat gedood is het die boodskap deurgekom na Ou Hospitaal dat die lyk gehaal moes word. Charlie Santy het sy pa met hierdie taak gehelp en is die lyk met 'n muilwaentjie na die lykshuis geneem.


Ook was daar Manskap W.C.B. Rank RAMC, wat in 1904 aan maagkoors gesterf het terwyl hy aan diens was. Die grootste grafsteen is die van Henry James Peard. Lt. Colonel RAMC. (Royal Artillary Medical Core) wat in 1903op 45-jarige leeftyd gesterf het.


In die Rooskloof begraafplaas, met ongeveer 60 grafte, is die grootste grafsteen opgerig vir Sister Lucie Todd, matrone van die milit're hospitaal, wat op 29 April 1906 gesterf het. Dan is daar die van Korporal W. Tonge wat in 1906 per ongeluk verdrink het. Die swemplek vir offisiere was direk onder die huidige inloop van die Myldam in die Dro'rivier en die vir die ander soldate 'n klein entjie laer af soos ook op die kampkaart aangedui. Dit is moontlik hier waar die tragedie hom afgespeel het.


Kaptein Alfred Franks, wat in 1908 gesterf het, het die hoogste rang van die gestorwenes gehad. Dan, tragies genoeg, is daar 12 kindergrafte. Van die gemerkte grafte is daar die enigste kind van Sersant en Alice Hoare van die 4th Dragoon Guards. Skynbaar is die kind dood met geboorte.


Die meeste van die gestorwenes het aan die 3rd Battalion Manchester Regiment behoort. Ander was van 3rd Battalion Royal Fusiliers, 2nd Battalion Rect., Royal Engineers, 2nd Yorkshire Regiment, 8th Battery Royal Field Artillery en 4th Regiment Dragoon Guards.


Uit die sterfdatums en ouderdom van die gestorwenes is dit duidelik dat die oorgrote meerderheid van sterftes tussen die ouderdomme 21 tot 27 plaasgevind het. Die jongste soldaat wat oorlede is, was Lance Corporal R.D. Ward van die 4th Dragoon Guards wat op 21 jaar in 1905 dood is.. Dit beteken dat hy moontlik in 1899 slegs ongeveer 15 jaar oud was toe die oorlog uitgebreek het en nog moontlik ook in die oorlog geveg het.


Daar is nog ongeveer 20 grafte in die ou begraafplaas te Middelburg waarvan die meeste van 3rd. Batallion Manchester Regiment was. Dit is nie duidelik of hulle kampinwoners was nie hoewel die sterfdatums daarop dui.

Begrafnisstoet met kavalleriste:

Een van die mees insiggewende foto's is die van 'n milt're begrafnis van Sersant E.B. Deane, 42 jaar, van die 4th Dragoon Guards, op 23 Augustus 1906. Die roete wat die perdestoet volg is by die Noupoortingang na Grootfontein in. Vandaar moes die perdestoet die afstand ry na die Rooskloof begraafplaas. Op die foto word 'n kanonwa, met die kis daarop, deur 6 perde getrek waarvan elke linkerkantse perd deur 'n ruiter gery word. Op die wa self is twee soldate en direk om die lykstoet is 8 ruiters. Die stoet word direk gevolg deur, twee in gelid, van 28 ruiters, en dan gevolg deur twee ruiters met 'n verdere kolonne van 50 ruiters. Alle ruiters is in volle uniform en met wit helms op.


Daar is geen nuwe grafte in die Rooskloof begraafplaas na 1909 nie. Dus wil dit voorkom of die kamp alreeds op daaardie datum aan die ontruim was en daar min mense in die kamp oor was. Dit sal veral insiggewend wees om die ou registers van die Engelse kerke in Middelburg na te gaan oor wie uit die kerke begrawe was en of daar dalk van die lyke na die Britse Koninkryk verskeep is.

Aftakeling van die Kamp:

Wanneer die groot verkope van geboue en materiale plaasgevind het is nie aan my bekend nie. Dit sal egter geredelik in ou koerante bevestig kan word. Vermoedelik was dit in 1910. Baie van die gekoopte geboue bestaan nog in die Middelburgdistrik. Die Skougenootskap se administratiewe kantoor is van hierdie geboue. Die skougronde was geheel en al omring met sinkplate op hierdie vendusie aangekoop.


Bungalows-huise wat tans bewoon word (Married quarters).

Die kwartiere van die getroude kavalleriste is opgerig langs die hoofpad bekend as Hickmans Avenue. Hierdie geboue kompleks bestaan vandag nog langs die hoof teerpad vanaf die Rosmead ingang en word deur plaaswerkers bewoon. Daar was altesaam 16 steenhuise beplan. Volgens alle aanduidings is 6 groterige steenhuise en 10 kleinere huise gebou. Met wysigings an aanbouiings is hierdie huise nog in uitstekende toestand. Etlike van die oorspronklike groot bungalows word tans deur personeel bewoon.

Konklusie:Opskryf van die Geskiedenis:

Ek moet hier daarop wys dat, dat wat hierdie geskiedenis betref, niks as feit aanvaar moet word nie tensy dit met die oorspronklikargiefstukke gekontroleer is nie. Dit word ook al moeiliker om oorspronklike en outentieke verhale van die kamp in die hande te kry. Daar is nog inwoners van Middelburg wat goeie tweedehandse inligting en staaltjies oor die kamp kan vertel en ou foto's en poskaarte beskikbaar kan stel. Ek het 'n mnr. Green, wat 'n Tommie in die kamp was, en in 1949 'n opsigter was vir prisoniers wat op Grootfontein gewerk het, geken. Ongelukkig het ek hom nooit uitgevra oor die kamplewe nie. Dalk is daar van sy nageslag wat wel goeie kennis dra van die kamplewe.


Na aanleiding van voorafgaande is dit baie duidelik dat hier 'n geskiedkundige skat bestaan wat geboekstaaf behoort te word. Verder sal die terrein waarop die kamp opgerig was as 'n geskiedkundige attraksie ontwikkel kan word. Die dringendste vereiste is dat alle geskiedkundige materiaal saamgebring moet word en dat alle foto's en ander argiefstukke in privaatbesit opgespoor word. Die aangewese weg om te volg is om 'n nagraadse student in geskiedenis geinteresseer te kry om die geskiedenis vir 'n verhandeling te boekstaaf.


Die Bandmaster van die 3rd Manchester Regiment was Kaptein A.E. Barret wat van 1901 tot 1907 te Middelburg geatasioneer was.


Royal Field Artillery: Die uitleg van hierdie kompanjie was die verste wes en gelee noord van die Rosmead pad ongeveer 2km van Grootfontein se hoofhek af. Die kompleks het bestan uit 7 bungalows , 1 eetsaal, 1 offisiers sta en een ander stall, en ander nodige fasiliteite en een voertuigstoor. Aanliggend was 'n baie groot ontspanningsterrein, waarskynlik vir die oefen van perde.


Die kavallrie (berede soldaat eenheid) het die grootste uitleg verteenwoordig. Die uitleg vir hierdie eenheid was direk suid gelee van die Officers Mess (tans Huis Karoo) . Die hoof kompleks het bestaan uit 9 groot bungalows en 25 perdestalle en 'n aantal buitegeboue. ''n Belangrike fasiliteit was die smedery waar ystersmeewerk en die beslaan van perde plaasgevind het. Die kompleks het ook vier kwartiermeesters geboue ingesluit. Verder 'n gimnasiumen een hoofkwartier. Die woonkwartiere het ook ingesluit 11 kleiner bungalows vir kavalleriste, 4 groot woonhuise, 1 Orderly kamer, 2 geboue vir sersante en 8 kleiner bungalows. Die oppervlakte vir hierdie uitleg was om en by 40 hektaar.


SKOOLKOMPLEKS: Oos van die Offisiers Menasie, ongeveer 400m ver, was ook 4 offisiers Bungalows met stalle. Hierdie het aangeskakel by die skoolmeesters en onderwyseresse se woonkwartiere. Daar was ook drie wonings vir getroude persone. Verder oos was die 'n woonkompleks van 9 dubbelhuise vir die getroude soldate van die Royal Field Artillery.


DIENSGEBOUE: Langs die spoorlyn was die spoorwegsylyn waar alle voorrade vir die reuse kamp met sy inwoners afgelaai is. Hierdie sylyn is gelee op die roete deur Graaff-Reinet na die suide en Mosselbaai. Die hoofroete was egter vanaf Rosmead wat ''n uiters belangrike spoorweg aansluiting was vir Oos-Londen, Port Elizabeth, Bloemfontein, en via Noupoort na Kaapstad.


Aan die anderkant van die spoorbaan was ''n hele aantal geboue soos die Ordonans Depot ('n baie groot gebou), 3 groot store, en etlike offisiers en ander woonkwartiere. Aan die noordekant van die sylyn was Forage Yard (Voer store) en aanliggend was die Voorraad Barakke met 11 geboue. Losstaande was nog een groot en 5 kleiner geboue. Dit moet begryp word dat hierdie dienskompleks meer as 11000 siele moes bedien.


ADMINISTRASIE KOMPLEKS: Direk aan die oorkant van die dienskompleks na die Noorde, was 'n kompleks wat waarskynlik ''n tipe van administrasie funksie vervul het. Daar was drie geboue, een ordonans gebou en barakke, betaalmeesters kantoor, poskantoor , 4 groterige bungalows vir die ordonans en voorrade personeel, 'n werkswinkel aanliggend tot die Royal Engineers Timberyard en saagmeule. Addisioneel was daar ablusieblokke. In dieselfde omgewing was daar wat bekend gestaan het as 'n Riding School.


Van die bekendste paaie is Kingsway wat vandag nog so bekend staan.


Suid van die sogenamde prinsipaal se Dam , dit is min of meer waar die siersteenhuis vandag staan, was twee groot woonkwartiere vir offisiere en 'n kombuisgebou. Verder, losstaande 4 stalle, een groot woonkwartier, store en 'n offisiersklub.


'n Interessante aspek is dat die kamerskekelbord, met indikator skyfies, nog in die kombuis te sien is. Hierdie skakelbord is geaktiveer deur die klokkiestelsel wat uit die kamers geaktiveer is en het met dun draadjies gewerk.


Die Army Service Corps was gelee in die driehoek wat tans gevorm word deur die ou Afdelingsraad Kamp. By die uitgang van Meintjies straat na die Kqmp was die Militere polisie se 3 barakke en perdestalle. Verder aan was die Army Service Corps se sersante se Menasie en woonkwartiere bestaande uit drie bungalows. "N Entjie verder was 2 kleinere offisiers geboue, ''n tronkie en, 2 bediende kwartiere, een kwartiermeesters stor, een Warrant Officers gebou, ''n kantien, 2 barakke, en een kookhuis. Ook 2 werswinkels en een tuie kamer.Aan die anderkant van die pad na die ooste, en onderkant die Kingsway pad, was '' kampong, 2 muilkrale, en ''n smedery. ''n Ontspanningsterrein en 1 "conductors" quarters het hierdie uitleg voltooi.


Waar die Kingsway die grootpad kruis na die weste was ''n groterige uitleg bestaande uit 6 huise, Naby, ''n bietjie verder noord, was 5 groot woonkwartiere vir Bestuurders en een groot wassery. Noord, aanliggend tot hierdie uitleg was groot bloekomboomplantasies, ''n ongebruikte behraafplaas, ontspanningsterrein en 2 paviljoene. Vlak by die huidige hoofingang op die Noupoortpad was daar die spysenierskwartiere, gimnasium, sersante en manskappe klubs se 4 geboue., plus ''n losstaandebiljartkamer.


Oos van die huidige Gryskoppad voor die rant bereik word, was ''n baie groot uitleg van 33 bungalows, een regimentkantoor, een sersante menasie, 4 ablusieblokke, 4 latrines, 1 wagkamer, en nog ''n paar mindere geboue. Na die ooste was ''n paradegrond met paviljoen, 8 groot bungalows, een kraal en een groot voertuig stoor. ''n Gimnasium, winkel ''n groot teatergebou en 'n tuin. Digby was die groot stoor van die kwartiermeester, polisiegebou en telefoonsentrale.


Vermoedelik het hierdie uitleg die grotere 3rd Manchester Regiment gehuisves.


Benewens hierdie ekstensiewe uitleg, en direk suid van die detensiebarakke, dit is waar die ou kliptronkie voorkom, ''n identiese uitleg soos vir die Offisiersmenasie of te wel Huis Karoo.Dit het bestaan uit ''n groot offisiers kwartiere en 10 groot bungalows. Suid hiervan was die twe skietbane, A en B, waarop afstande van 200 tot 800 jaarts geskiet is. Die A-baan het later gedien as dorpsskietbaan. Groot bloekomboomaanplantings kom tussen die skietbaan en die menasieuitleg voor. Die detensiebarakke, waarvan die kliptronkie nog in vervalle toestand bestaan. Daar was ''n klein stoepie en wagkamer. Die detensiekamp het bestaan uit ''n lae klipmuur met doringdraad bo-op. Binne die kamp was was twee groterige geboue wat oortreders gehuisves het asook 4 kleiner hutte wagkamer. Die kamp het ee morg beslaan. Buite was 2 hutte, voertiugstoor en een woonkwartier.


Waar Kingsway die teerpad kruis en al langs die noordekant van die pad in die rigting van Lancer's Kopje was die Royal Engineers se afgekampte terrein met 7 geboue en een groot stoor. Langsaan was 17 kleinere geboue en offisierskwartiere. Verder langs die pad was 2 byngalows vir onderwysers, 'n skoolgebou en 'n kerk met waarskynlik die reverend se huis langsaan.. Dit kan afgelei word dat hierdie uitleg vir getroude lede van die Royal Enginers was.


''n Klein entjie verder, net voor die westelike voet van Lanver's Kopje was die Offisier in Bevel van die Infanterie se 4 groterige bungalows. Direk daarnaas, na die weste, was 20 huse vir getroudes van die Infanterie.


'n Bie belangrike uitleg waarvan die terrein nog deur bloekomboomaanplantings aangedui word, was die van die Mediese Korps. Hieride uitleg was dan ook die verste wes van al die geboue en aktiwiteite. Daar was ''n hospitaal, ' n hospitaal vir kinders , 3 hospitaalgeboue vir werkers, kwartiere vir die hospitaalpersoneel, sersante se woonkwartiere en menasie, ''n kantien en ''n kraal. Na die noordooste was''n salueerpunt en algemene paradeterrein. Noord-oos hiervan was ''n uitleg van tydelike hutte vir die artillerie.


'n Belangrike gebou was die 'mineral water factory, wat betaam n het uit ''n groterige bungalow tipe gebou en een stalgebou. Hierdie gebou was gelee nie ver van die pomphuis af nie. Warskynlik was sodawater vir die offisiere se whisky en lemonade vir die soldate en bewoners van die kamp hier vervaardig. Die albasterbottels is heel waarskynlik gebruik aangesien daar baie van hierdie bottels uit die ashope gegrawe is. Ook waarskynlik is gemmerbier hier vervaardig en in die bekende outydse erdekannetjies gebootel. Reste van hierdie kannetjies kom naby die groot ashoop aan die oostekant van Midros voor.


Staaltjies: Dit is seker dat daar heelwat staaltjies te vertel is uit die verlede van die kamp. Die een wat die meeste na vore tree is die van die spook van die ten volle in uniform soldaat wat per tye op die stoep en gang van een van die bungalows, nie ver hiervanaf, op maanligaande gesien word. Dit word gese dat dit gewoonlik in Septembermaand plaasvind. Verskeie inwoners va ndie spesifieke bungalow het getuig dat hul wel die soldaat gesien het.


Nou wat hou die toekoms in met betrekking tot die geskiedenis van die milit're kamp?. Daar is net een weg om te volg en dit is om 'n nagraadse student van 'n geskiedenisfakulteit te kry om die geskiedenis van die kamp na te vors vir 'n meesters- of Ph.D-graad. Alle beskikbare inligting sal nagegaan en gekontroleer moet word. Dit sal veral belangrik wees om berigte oor die kamp en sy mense in die nuusblaaie van daardie tyd na te gaan. Verder ook om vas te stel wie in die kampe gebly het. Die Britse War Office-argiewe in Engeland sal bes moontlik ook eerstehands nagegaan moet word. 'n Uiters belangrike aspek sal wees om ou foto's van die kamp en sy mense bymekaar te kry. Selfs hier in Middelburg behoort daar nog heelwat foto's vergete in laaie ens. te l'. Ek het van die poskaarte wat die Tommies gebruik het om huistoe te skryf gesien. So was daar byvoorbeeld een van 'n bungalow op die vlakte waar 'n dwarrelwind afgeneem is. Die onderskrif van die foto was "dust devil" Middelburg CC. Daar was ook''n foto van die woonbuurt van die families se kwartiere op die Gryskoppad. 'n Rekonstruksie van die kampuitleg op klein skaal sal ook 'n groot uitdaging wees vir 'n argitekstudent. Dit tyd is haas aan die uitloop om nog redelike eerstehandse kennis van die kamp te bekom.


Daar bestaan heelwat fotografiese afdrukke van die geboue, tente en hutte wat in die kamp opgerig is. Op die foto's is 'n magdom van inligting oor die omvang van die geboue, tente, hutte en aktiwiteite in die kampuitleg. Dit is moeilik om die uitlegte van die bungalows, hutte, tente ens. Te vereenselwig met die gekarteerde uitleg. Dit sal nogal taamlik speurwerk kos om al die besonderhede op die kaart te vind. Ek is van mening dat daar na die kaart opgestel is nog heelwat geboue en ander fasiliteite opgerig is. Die bestaande kaart van die Cantonments kan derhalwe nie beskou word as verteenwoordigend van die finale uitleg nie. So byvoorbeeld aan die voet van Lancer's Kopje na die suid-weste is daar ''n blokuitleg van 100 hutte wat nie op die Cantonment kaart verskyn nie. So hierdie groot uitleg is na 1905 opgerig. Op ''n ander foto verskyn ''n geboue uitleg wat moontlik perdestalle kon wees of selfs woonkwartiere. O mhier die korrekte interpretasie te maak sal veries dat kennis gedra word van watter verskillende tipes militere geboue opgerig ie en die soort funksies wat dit vervul.


'n Baie interessante foto is die van die sink fort wat, volgens my interpretasie by die ingang van die kamp aan die bopunt van Meintjiresstraat waar dit die kamp binnegaan. Die fort staan hoog uit, het blykbaaar 12 skietgate, maar die sinkmure word beskerm deur ''n sesvoet hoe klipmuur. Om die voet van die fort is ''n voorskoot van sement waarop die embleem van die Coldstream Guards pragtig uitgele is met klein ronde klippies. Die datum is 1901. Die sinkgedeelte van die fort is saa mmet die militere geboue in 1910 (?) Verkoop en is opgerig op die plaas van wyle Mnr. Bob Southey en word as ''n wildkamer gebruik. Hierdie fort word beman deur 9 lede van die Townguard.


Aankoop van die kampgronde.


Beplanning van die uitleg: Huise (Gruisgroewe en stene)

Watervoorsiening (Pomphuis, pype en staaldamme)

Ontspanning en ontspanningsgeriewe (Perdesport, polo, biljart, ens.)

Omheining (24 drade -soms 48 drade, hoekpale ens.)

Statistieke van geboue ens.

Belangrikste Regimente ens.


Belangrike items:


Van die gemerkte grafte is die gestorwenes:

1. Private C.Fowell

2.Private W.Steers, 22, 9 Sept. 1903.

3. Corporal J.Clegg, 3rd. Battalion Manchester Regiment

4.

5.

6.Private William Reader. 3rd. Battalion Manchester Regiment

7.G.H.Umfreville, 1904.

8. Pvte. Charles Turner, 3rd. Battalion Manchester Regiment

9. Gunner William Storey, killed by lightning, 20th January 1905.

10. Private B.S. Stevenson, 1904. C.Squadron.

11. ????: Masselburgh, Scotland. 1881 - 1904

12.Sapper Maguire, 1903. 37th C.Y.R.E.

13. To the memory of their servant. Edward Dupre (?) ,1903.

14. Private Michael Cumming, 3rd. Battalion Manchester Regiment

16. Pvte. W.C.B.Rank RAMC, 1904: Died of enteric fever contracted on duty.

15. Pvte. Mark Leonard, 3rd. Battalion Manchester Regiment


17 .Captain Robert Grenge F.Coy, 1903. First DCLI

18. Private F. Geary, 1903. 3rd. Battalion Manchester Regiment

19.Prvte. John William Roberts. 3rd. Battalion Manchester Regiment

20. Henry James Peard. Lt. Colonel RAMC. (Royal Artillary Medical Core) 1903. 45 years. Large gravestone erected.



22. 12 graves of apparently deceased children.

Mildred, only child of Sargeant and Alice Hoare. 4th. Dragoon guards. Born April 11th. 1907.


Die Rooskloof Begraafplaas: Ongeveer 60 grafte. Van die grafte wat grafstene op het is die volgende:


1. Sister Lucie M. Todd. QAIMNS. Matron Military Hospital. Died 29 April 1906.

Queens Association of the International Medical Nurses Society

2. Private Harry Lee, 23 yrs. 2nd Battalion Rect.

3. Sgt. George Leeden, 1908.

4. Cpt. Alfred Franks, 1908.

5. Private Braithwaite, 1908.

6. Pvt. George Eastabrook, 3rd Battalion Royal Fusiliers, 22 years.

7. Private Canning, 1906.

8. Driver Edward Westwood, 24, 1905.

9. Wiliam James Lewis, 24yrs. 1909. 47th Cov. Royal Enginers. Erected by the Supernumery staff RE.

10. Sergeant Farrier Cassidy, 1908. 4th Royal Ipswich Dragoon Guards.

11. Sapper Roger Temple, 4th. Field Company, Royal Engineers.

12.Thomas Robb, Jnr. 28. Glasgow, Scotland.

13. Corporal W. Tonge, 1906. 3rd. Battalion, Manchester Regiment. Who was accidently drowned.

14. Private James Mc Lay, 23, 1908. 2nd. Yorkshire Regiment.

15. Gunner R. White. 27, 1905. 8th. Battery Royal Field Artillary.

16. Sargeant E.B. Deane, 42, 1906. 4th Dragoon Guards.

17. Bandman William Glasspool, 25. 4th. Dragoon Guards.

18.Private Matthew Greenwood, 26. 1906.

19.Private E. Myatt, 27. 1906. 4th. R.I. Dragoon Guards. Erected by C-Squadron.

20. Lance Corporal R.D. Ward, 21, 1905. A squadron 4th Dragoon Guards.

21. Private Arthur Wilson, 3rd. Battalion Manchester Regiment.