1966 GROOTFONTEIN STUDENTE vier hul Vyftigste Reünie:

Bo: 2016 Boomplant seremonie deur die 1966 studente tydens hul Vyftigste Reunie @ GADI

Ongeveer 28 van die Oud-Grootfontein studente wat die heel eerste 1-jaar Diplomakursus in 1966 deurloop het, het 14 & 15 Oktober 2016 hulle 4de suksesvolle reünie bygewoon. Hul eerste reünie is in 1986 waargeneem en sedertdien is dit elke tien jaar agtereenvolgens aangebied.

Hoekom 'n reünie en hoekom spandeer sommige van ons oud student so baie energie en kostes om dit te reël en aan te bied? Elke reünie herinner 'n oud-student aan 'n tyd in sy lewe toe 'n wêreld van moontlikhede voor hom oopgelê het. Tog was daar ook baie wat nie geweet het wat hulle wou doen nadat hulle hul studies voltooi het nie!!

Ons as oud Grootfonteiners is vandag terdeë bewus dat opleiding nie net deure vir ons oopgemaak het nie, maar dit is ook die baie ander dinge wat jy as student langs die pad geleer het wat jou karakter gevorm het, jou gemaak het wat jy vandag is en jou 'n voordeel bo die volgende persoon gegee het.

Tydens elke reünie het word ‘n boom geplant. Ons glo onwrikbaar dat die boom soos 'n premie is wat eendag aan ons uitbetaal sal word wanneer sommige van ons (as ons baie sterk is) en ons kinders en kleinkinders in sy skaduwee sal vertoef en terugdink aan hulle wat die boom geplant het.

Die boom is ook met 'n groot dankbaarheld teenoor ons Hemelse Vader geplant vir die krag en genade wat Hy ons gegee het - en steeds gee - om die lewe sinvol en mooi te maak. Daarom kan ons as oud-studente ook onder die bome wat ons geplant het, se skaduwee vertoef om ons lewe steeds te geniet en dankbaar te wees dat ons nog 'n reünie kon bygewoon het!

"Seize every opportunity to meet up with old class mates - such opportunities will become rare as times go by - and remember friendship ends when you stop sharing" (skrywer onbekend)

BO: Inwoners van Huis Karoo in 1966 (Eerste eenjaar kursus)

Voor: Matium Hoffman, Jan Cilliers, Abrie Aucamp, Hendrik van Zyl, Gideon de Klerk

Agter: André de Beer, Kobus du Toit, Paul Pienaar, Gert Bosch, Jan Blom, Dolf Botha, Piet Viviers

 

Bo: Mnre Abri Aucamp (voorheen van BKB), Dolf Botha (voorheen van BKB) en wyle Henry Londt (Gewese Bestuurder van Dohne Telersvereniging) by hul eerste boom wat hulle in 1986 by Grootfontein Landboukollege geplant het.