Angora navorsing met gevriesde saad...

Dr Frans Jooste van Geneco, Phillipstown, insemineer hier Grootfontein Studente Angorastoet se ooie wat deel uitmaak van die navorsing wat tans gedoen word...

Navorsing word tans op Grootfontein op die gebied van angorabokke  gedoen waar die bokke laparoskopies geïnsemineer word met gevriesde saad. Verskeie aspekte rondom die inseminasie is reeds nagevors bv. die tyd wat ooie se estrussiklus gesinkroniseer word. In 2016 is gevind dat 9-dae sinkronisasie beter resultate lewer as die tradisionele 17-dae. In 2017 word navorsing nou gedoen om vas te stel of beter resultate behaal word wanneer ooie een keer of twee keer laparoskopies geïnsemineer word. Die navorsing is ook uitgebrei na 5 Angorabokboere in Colesberg, Aberdeen en Willowmore distrikte om te sien hoe effektief laparoskopie met gevriesde semen in die praktyk in verskillende omgewings gedoen kan word. Hierdie navorsing word in samewerking met Dr Frans Jooste van Geneco, Phillipstown, gedoen.