20 Julie 2019 het die Grootfontein studente Boogskietspan van Middelburg aan die ABI-Shoot liga byeenkoms te Zingela Club, Jeffreysbaai gaan deelneem. Afgesien van die ongure weer, het die reën en erge wind nie die skuts weerhou van deelname aan die kompetisie nie. Tydens hierdie byeenkoms het Austin Adams(Gibbie) gekwalifiseer om sy WP kleure vir boogskiet te ontvang.

Die studentespan bestaan uit 12 lede waarvan meeste van hulle min of geen kennis van boogskiet het en word hulle touwys gemaak deur hul dosent, Rolf Herrmann asook ander studente wat al meer ervare in boogskiet is.

Die studente oefen smiddae op 3D teikens. 2 Studente skiet met tradisionele lang boë terwyl die ander 10 studente met kombinasie boë skiet.

 

Foto: (voorsien)
Uitslae tydens die liga byeenkoms behaal is as:
Agter vlnr: Matthew Clark-Taljaard(Fanbelt):Goud, Charné Schwirzer(Bambie):Silwer, WihanTeessen(Filter): Goud, Herman Hennig(Muis):Silwer, Mnr Rolfe Herrmann(Afrigter), Brendon Kruger(Slang) en Einar Nilsen(Toppie):Brons

Voor is Jeanet Herrmann(Pou):Silwer, Carli Kotzé(Pink):Goud, Carla du Plessis(Muggie):Goud en Austin Adams(Gibbie) wat vir sy WP klere gekwalifiseer het.