Esna le Roux & Albert Senekal are the Best Angora Stockmen for 2016 at the Official Somerset East Angora Ram Auction!

Bo: Esna le Roux ontvang haar sertifikaat van Mnr Mark Shires, President van Angora Ramtelers, vir haar benoeming as “Best Stockmen".

Bo: Albert Senekal (naaswenner) by Petrie Maré (links) namens SASKV en Mnr Mark Shires (regs) President van Angora Ramtelers.

Twee van Grootfontein se studente wat deel is van die Grootfontein Studente Angora Stoet is tydens die Amptelike Somerset-Oos Angora Ramveiling aangewys as die beste twee "stockmen" van die Angora miniplaas vir 2016. Esna le Roux (1ste plek) en Albert Senekal (2de plek) wen elkeen 'n Angoraram en 10 ooitjies!! Die ramme is geborg deur die Angora Ramtelers en die ooie is geborg deur die SA Sybokhaarkwekers Vereniging (SASKV). Dit is deur oorhandig deur Mnre Mark Shire, President van Angora Ramtelers en Petrie Maré van SASKV wat ook 'n oud-student van Grootfontein Landboukollege is.

Geluk ook aan die ander finaliste Nillouw Zandberg, Juan Kitching & Steven Niemand. Baie dankie vir elkeen van julle se harde werk om van 2016 'n groot sukses te maak. Voorwaar nog 'n puik prestasie van Grootfontein Landboukollege en die Grootfontein Studente Angora Stoet.