Grootfontein studente het op 25 Februarie 2017 aan die Oos-Kaap Wolhantering Kampioenskappe te Tarkastad deelgeneem.

Tydens die kampioenskappe het die studente skoonskip gemaak en die eerste 6 posisies (behalwe tweede) behaal. 4 studente het gekwalifiseer om aan die beginner klas deel te neem by die Nasionale Kompetisie tydens die Bloemfontein skou komende April. Die studente is Jan-Hendrik Goosen, Marius Paulsen, Rabe Pienaar en Nienke Scholtz. Die foto is tydens die prysuitdeling geneem waar Jan-Hendrik Goosen 1ste plek, Marius Paulsen 3de en Rabe Pienaar 4de plek behaal het.