TIEN Grootfonteiners in SA Landboukollegespan!!

Grootfontein studente het die eerste week van die vakansie aan die Suid-Afrikaanse Landboukolleges se Nasionale Rugbyweek deelgeneem. Dit was die 31ste keer dat hierdie Pannar Rugbytoernooi waarin 8 kolleges om die IPJ du Plessis trofee meeding, plaasvind. Elke jaar vind die toernooi by ‘n ander Landboukollege plaas. Hierdie jaar (2017) was dit Fort Cox, naby King Williamstown, se beurt.

Grootfontein se oorwinning teen Potchefstroom se Pampoenboere was volgens Peet van der Walt van Pannar, die hoogtepunt en opwindendste deel van die eerste dag. Die Grootfonteiners het oor die algemeen uitstekende uitslae behaal toe hulle hul eerste 3 wedstryde gewen het: Groties wen Cedara (KwaZulu-Natal) 53 - 0, wen Potchefstroom 22 – 10 asook vir Glen (Bloemfontein) 39 – 15. Ongelukkig het hulle hul laaste wedstryd Vrydag in die eindstryd naelskraap met 20 - 26 teen Elsenburg (Stellenbosch) verloor. Grootfontein het reeds binne die eerste paar minute ‘n drie gedruk en was rustyd 13 – 12 voor.

Aan die einde van die Pannar Rugbyweek, is ‘n SA Landboukollegespan gekies. TIEN Grootfonteiners het die SALK-span gehaal teenoor slegs 7 van Elsenburg en 5 van Potch!! 6 van Grootfontein se spelers is in die opdrafspan teenoor 5 van Elsenburg en 4 van Potchefstroom.

 

Grooftontein se SALK (SA Landboukollegespan)-spelers is:

Agter vlnr:  Joppie du Pisani (Lood), Henco Nel(Tiny), Alfred Tumana(Grootfontein Coach), Eroni Fillis(Ernstig), Adriaan Stander(Bakkies),  Adrian Greig(Wagter),  Alex Greig(Dozer).

Voor: Noah Mountford(Lama), Daniël Rademan(Wolf), Marius Paulsen(Sterrewag), Gert Rupping(Vlaktes).