Grootfontein vs Cradock Rugby Klub

Op Saterdag 10 Maart 2018 het Cradock Rugby Klub en Grootfontein Landbou Kollege met 2 spanne elk kragte gemeet op Grootfontein se rugby veld.

Altwee spanne het uitstekende rugby gespeel met die 1ste Reserve span van Cradock wat eerste aan die beurt was.

Japie Marais en Cois Marais het albei oor die doellyn gegaan vir Cradock Rugby Klub.  Grootfontein se Cobus Breytenbach (Fielies) het 1 drie en Henco Nel (Tiny) 2 drieë gedruk, terwyl Sandile Ngwane (Oros) al 3 skoppe perfek oorgeskop het. Aan die einde van die wedstryd moes Cradock die knie buig teen Grootfontein met 21-10.

Cradock Rugby Klub se 1ste span het beter gevaar in hulle wedstryd met Vossie van Straaten wat 3 uitstekende drieë gedruk het vir Cradock. Jan du Toit op Losskakel kon 2 van sy 3 doelskoppe oorsit vir Cradock, terwyl Eroni Fillis vir Grootfontein een oorgeskop het. Die Landboukollege se Ruan Lamprecht (Tinkie) het 2 drieë vir Grootfontein gedruk. Cradock 1ste span wen egter met 19-12.