Frikkie Aucamp is Suid-Afrika se Skaap- en Woldeskundige van die Jaar!

Vlnr: John Mellville, Frikkie Aucamp, Giepie Calldo

Oud-Grootfontein student, Frikkie Aucamp (Akker) van CMW/OVk is tydens die onlangse Merino SA Classic by Bloem Skou aangewys as “Merino SA se Vrystaat Man van die Jaar”. Verder is hy ook aangewys as “Suid-Afrika se Skaap- en Woldeskundige van die Jaar”!! Verskeie lede in die wolbedryf word in aanmerking geneem vir laasgenoemde toekenning. Albei toekennings is voorwaar uitmuntende prestasies! Frikkie het sy studies in 2004 aan Grootfontein Landboukollege voltooi. Hy is tans CMW/OVK se Tegniese veldbeamte skaap & wol in Trompsburg area en bedien 15 dorpe. Van die dorpe in sy streek is onder meer Noupoort, Petrusburg, Phillipolus, Jagersfontein, Colesberg, Gariepdam en Orania. Grootfontein Landboukollege is saam met sy ouers, Danie en Hannelie Aucamp, baie trots op hom!