Grootfontein Short Course - July 2001



Die kortkursus in Gas- en Boogsweis het lesings, sowel as praktiese lesse bevat. Van die onderwerpe wat behandel is, is veiligheidsmaatreëls, die oefening van elektriese boogsweis en gassweis, trek en behou van die boog, sweislasse, opvulling van sweislasse, vertikale en bohandse sweising. Van die belangstellendes wat die kursus bygewoon het, is van links mnre Willem Brats (Middelburg), Frans Boorman (Steynsburg), Pieter Roux, Alfred Williams (Albei van Middelburg en Rolf Herrmann (aanbieder).

 

 

 

 

 

 

Die Wolkursus, wat persone wat die kursus slaag die geleentheid bied om aanbeveel te word vir registrasie as wolklasseerders, het lesings en praktiese klasse ingesluit. Van links is Jaco Bekker (Zastron), Danie Grobbelaar (Aanbieder), Maizie Vermaak (Humansdorp), André Snyman (Aanbieder), Louis Vorster (Aanbieder), Jan Opperman (Prieska) en Desiré Labuscagne (Steynsburg). Van die onderwerpe wat behandel is, is skeerhuisfasiliteite, klassering, verpakking, merk van houers, fisiese eienskappe van wol, optel, gooi en afrand van vag, beoordeling, enkeltipering en identifisering, uitskotvagte en groepering.

 

 

 

 

 

Die kortkursus in Kunsmatige Inseminasie het belangstellendes van regoor Suid-Afrika gelok. Die kursusgangers en -aanbieders is agter:Wesley Maribe (Jan Kempdorp), Bennie Steyn (Dewetsdorp), Pieter Labuscagne (Dordrecht), Andries van der Merwe ( Philipstown), Schalk Steyn (Hobhouse), Carin Kroon (Vrede), Leonard Neuman (Vrede) en Kevin Miles (Dordrecht). Die twee aanbieders voor is Andries Pretorius en dr Eddie Snyman.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kortkursus in Weiveldbestuur het ondermeer die volgende onderwerpe behandel: kenmerke van die natuurlike weidingsplante met spesiale verwysing na gras en bossies, veldtoestand en velsbestuur. Van die persone wat die kursus bygewoon het, is hier saam met die kursusaanbieders. Van links is Cedric Minnaar (De Rust), Christo Smith (Springbok), Krauzer Bapela (Calvinia), drs Piérre du Toit en Willem Botha (Kursusaanbieders).

 

 

 

 

 

 

 

 

Die kortkursus in Medisinale plante, kruiemiddels en ander kruie is vanjaar die eerste keer aangebied. Van die persone wat die kursus bygewoon het, is hier saam met Francis Roux (links, aanbieder). Van links is Erica Jacobs (De Aar), Joan Lambrechts (Middelburg), Elise van Straaten (Middelburg), Lelani Maree (Kanoneiland) en Laslie Cook Jnr (Douglas). Die kursus het gehandel oor onderwerpe wat die volgende insluit: die ontstaan van alternatiewe genesingsmetodes, praktiese werk, uitstappies, siektetoestande en medisyne.