LANDBOUKOLLEGE GROOTFONTEIN STUDENTE MAAK SKOONSKIP

 

Studente van die Landboukollege Grootfontein het tydens die SA Nasionale Skaapskeer- en Wolhanteringskampioenskappe tydens die Bloemfontein Skou skoonskip gemaak.

Elna Kitching  en Luvo Kiyane, twee derdejaarstudente van die Landboukollege Grootfontein naby Middelburg in die Oos-Kaap, het hulle prestasies van 2011 herhaal deurdat Elna met twee goue medaljes as die SA en SA Ope Wolhanteringskampioen en Luvo met ‘n silwer medalje in die SA en bronsmedalje in die  SA Ope gekroon is tydens die 2012 kampioenskap. Die prestasie onderstreep die aanleg van die studente en die kwaliteit praktiese opleiding van die Kollege.

Tydens dieselfde kampioenskap het Johan le Roux, tweedejaarstudent, die goue medalje as die beste masjienskeer-student en Charl Rogers, eerstejaarstudent, die silwer medalje gewen.  Rogers is ook aangewys as die Beste Kwaliteit-skeerder.  In die Junior afdeling vir masjienskeerders is Charl Rogers aangewys as die wenner met Johan le Roux in die derdeplek.  Rogers is ook in die afdeling aangewys as die Beste Kwaliteit-skeerder. Grootfontein kan met reg trots wees op die prestasies.

 

Agter vlnr :  Charl Rogers en Johan le Roux

Voor vlnr :  Elna Kitching, Karen Lee (dosent) en Luvo Kiyane

 

Vlnr  :  Charl Rogers, Elna Kitching, Johan le Roux en Luvo Kiyane